Vrou vra vir water, los baba

Argieffoto

Argieffoto

Die Steenberg-polisie in Kaapstad is op soek na die ma van ʼn 17 maande oue seuntjie wat verlate gevind is.

Konst. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het Dinsdag om 16:00 ʼn oproep ontvang dat ʼn baba by ʼn huis in Steenberg gelos is.

“Volgens die huiseienaar het ’n vrou daar opgedaag en vir ʼn glas water gevra,” het Rwexana gesê. “Die huiseienaar het ʼn glas water gaan haal terwyl die vrou met die baba by die voordeur gewag het. Toe die eienaar terugkeer, was die vrou weg. Sy het die babaseuntjie, wat in ʼn handdoek toegedraai was en ʼn wit hempie aangehad het, op die vloer gelos.”

Die vrou het ʼn melkbottel en die baba se kliniekkaart in ʼn plastieksak langs hom gelos.

Volgens die kliniekkaart is die baba se naam Arodi Kasanji wat in The Beaches woon.

Die baba is na ʼn plek van veiligheid geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Leeutjie ·

Dis so tragies maar dis beter as wat hy op ‘n ashoop land. Ai, my hart gaan uit vir so ‘n ma wat die beste wou doen vir haar kind. Ek hoop die outjie kry ‘n plek waar hy gelukkig kan wees en kry wat sy nie vir hom kon gee nie.

mercia ·

Dis beter so. As wat sy hom op die ashooo los. Dit het haar due werekd gekos om hom te laat gaan. So hartseer. Sterke aan mamma en baba.

Charlene ·

Mercia het jy gelees wat jy geskryf het??? Sterkte aan die ma???!!! Sy het in haar weerlose klein baba net so op die grond gelos! En moenie met die crap kom van iemand ander kan vir hom `n beter lewe gee, as jy nie geld het nie, hou jou bene toe. Sy is `n slegte ding, sy is nie die naam ma of vrou werd nie. Geen ware vrou sal `n baba 9 maande dra en soos `n hond net daar los nie. Gee dan die baba behoorlik op, daar is baie sulke plekke. Maak nie saak wat my omstandighede is nie, my dogtertjie kom 1ste. ALTYD, en as dt so sleg met my gaan dat ek nie kos of wat ook al kan beskostig vir haar nie, dan maak ek plan en verkoop myself as ek moet maar my kind sal altyd, altyd 1ste kom en ek sal enige iets vir haar doen. JY LOS NIE `N BABA NET SO NIE, MAAK NIE SAAK WAT NIE, DIS VERKEERD!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.