Vrou vrees vir lewe, maar polisie sit glo hande gevou

(Foto: SAPD/Facebook)

AfriForum se privaatvervolgingseenheid eis antwoorde van die polisie nadat hulle glo versuim het om ’n slagoffer van geslagsgebaseerde geweld se veiligheid te verseker of die oortreder in hegtenis te neem.

Volgens Barry Bateman, woordvoerder van die privaatvervolgingseenheid, is die eenheid deur ’n voormalige werkgewer van ’n slagoffer van geslagsgebaseerde geweld gekontak. Die slagoffer het glo by haar werksplek bedank en na ’n plek van veiligheid gevlug uit vrees vir haar lewe. Haar identiteit word om hierdie rede nie bekend gemaak nie.

“Die slagoffer is na bewering in Julie verlede jaar uit haar huis ontvoer en na ’n gastehuis geneem waar sy verkrag is. Die persoon was glo aan haar bekend,” sê Bateman.

“Die vermeende ontvoerder en verkragter het glo twee maande nadat die vrou ’n klag by die polisie ingedien het, herhaaldelik op die vrou buite haar huis geskiet.”

Volgens Bateman het die polisie in Cleveland – waar die onderskeie sake aangemeld is – tot op hede nog nie die verdagte in hegtenis geneem nie, hoewel hy deur die slagoffer as die oortreder geïdentifiseer is.

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het ’n skrywe aan lt.genl. Elias Mawela, provinsiale polisiekommissaris in Gauteng, gerig om die eenheid se kommer oor die kwessie uit te spreek.

Nel het die polisie se versuim om die klaer se veiligheid te verseker en die verdagte in hegtenis te neem, betreur. Hy sê dit is nóg ’n voorbeeld van hoe die strafregstelsel slagoffers van geslagsgebaseerde geweld faal.

“Die president se toespraak op Vrouedag beteken hoegenaamd niks nie as lede van die polisie versuim om hul basiese plig na te kom. Ons voer aan dat die polisie ons kliënt onbeskaamd in die steek gelaat het op elkeen van haar fundamentele regte,” sê Nel.

Die privaatvervolgingseenheid verwag dat Mawela ’n sinvolle terugvoer gee oor die ondersoek asook ’n verduideliking oor waarom die verdagte nog nie in hegtenis geneem is nie.

“Ons kliënt se lewe is omvergegooi, nie net deur die gruwels van die misdade wat teen haar gepleeg is nie, maar ook die verdere versuim van die polisie om ’n gewelddadige, gewapende verkragter aan te keer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Hannelie ·

Nou ja wat verwag ons. Polisie is missing soos altyd!!! SWAK!!!

Maritza ·

Hulle is te lui om die papier werk te doen. Die publiek het alle vertroue in die SAPD verloor. Gun wonder die publiek neem soms gereg in eie hande nie

Di ·

Jammer om te se dat hierdie tipe slegtigheid onder die polisielede nie beter gaan raak nie, net ERGER. Meeste van hulle is ONBEVOEG, SLEG en ‘n absolute SKANDE vir die samelewing. Kyk maar net na hulle MINISTER wat die voorbeeld moet stel, permanent AFWESIG en bemoei hom met sake wat nie deel uitmaak van sy pligte nie. Word hy wel aangevat ken hy net een woord SHUTUP. Raak ontslae van die useless Minister en al SY kriminele KADERS wat aangestel is.

Hennie Biebouw ·

Die mees effektiewe manier om die polisie uit hul “hande gevou” staat te beweeg, is om hul by die deur uit tot by die misdaad toneel te lok met ‘n emmer braaihoender…

George ·

Niks van Cyril beteken enige iets nie, as julle maar net geweet het wat hy al alles in onse gemeenskap beloof het.

JohanR ·

Mens weet nie wie is meer nutteloos. 75% van die polisie mag, of hulle baas!

Samuel ·

Die SAPD is uiters swak opgelei en hopeloos. Die polisiebeamptes is treurig soos hulle minister.

Johan ·

Hoop adv. Gerrie het die skrywe ook vir Die Hoed en Ramp-parra gestuur?

Lillian ·

Ons belastinggeld word gemors op sogenaamde oorlog teen vroue en kinders geweld, want ekt nog nêrens gelees dat dié geweld afneem nie.

Hasie ·

Die polisielede is so besig om te wag vir jul aflewering van hul bestelling van KFC ..Kan nie dit mis nie ..en Dan moet hul ,hul slapie ook inkry vir die dag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.