Vrou vrygelaat wat baba op video ‘mishandel’

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die aanklagte teen ʼn vrou, wat op ʼn video te siene is waar sy na bewering ʼn baba by ʼn dagsorgsentrum in Diepsloot in die noorde van Johannesburg mishandel, is teruggetrek.

Die video het opslae gemaak nadat dit onlangs wyd op sosiale media versprei is. In die video kan gesien word hoe die vrou oënskynlik haar hand oor ʼn huilende baba se gesig hou. Die baba skop met sy voete soos hy skynbaar probeer om uit die vrou se greep te ontsnap voordat hy naderhand stil word. Wanneer die vrou haar hand verwyder, begin die baba weer huil. In ‘n stadium kan ook gesien word hoe die vrou die baba skud.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het vermoedelik in Desember by die dagsorgsentrum gebeur, maar die video het eers onlangs aan die lig gekom.

Niemand het die vrou by die polisie aangegee nie, maar die polisie het besluit om self ʼn saak te begin nadat die video onder hul aandag gebring is. Die vrou is Maandag in hegtenis geneem en het Woensdag in die hof verskyn.

“Nadat die vrou in die hof verskyn het, het die staatsaanklaer besluit dat die aanklagte voorlopig teen haar teruggetrek moet word totdat die baba se ma opgespoor kan word en die polisie ʼn verklaring by haar kan kry,” het Masondo gesê. “Die polisie probeer ook vasstel wie die video geneem het en wil ook eers by hierdie ooggetuie ʼn verklaring kry.”

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Hy het gesê die aanklagte is dus voorlopig teruggetrek, maar daar is steeds ʼn moontlikheid dat dit weer teen die vrou aanhangig gemaak sal word. Die vrou se naam kan nie bekendgemaak word nie aangesien sy nie in dié stadium meer op enige aanklagte teregstaan nie.

Volgens Masondo dui die polisie se voorlopige ondersoek daarop dat die baba se ma ʼn Zimbabwiër en tans uit die land is.

Intussen berig African News Agency dat Nandi Mayathula-Khoza, die Gautengse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, gesê het dit is nog nie duidelik of die dagsorgsentrum by die departement geregistreer is nie.

Die video van die voorval is intussen deur verskeie gebruikers op YouTube gedeel en kan hier gekyk word. Die video is ontstellend en nie geskik vir sensitiewe kykers nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Piet Pompies ·

Die arme kind lyk ondervoed wat waarskynlik die huilery veroorsaak, babas kan nie praat en huil is hulle medium om aan te dui daar is fout.
Die toesighouer is skynbaar nie opgelei om na die basiese behoeftes van die baba om te sien.
Afgryslik om oor te gaan na mishandeling om die kind te probeer stil maak, ondersoek die kleuterskool en die oortreeder verdien die nodige straf.

Lize ·

n Mens is sowaar magteloos. Ons het n soort geval net erger probleem met ons nanny ge-had wat ons deur n agentskap in diens geneem het.

Na al die trane het die kinder eenheid my gehelp en n saak oopgemaak.
Die dame het alles aan die ondersoek be-ampte ontken. ( dit is die rede waarom hulle haar nie mag in-hegtinis neem nie).

So het ons regs-stelsel ons net so erg verraai en die saak uit die hof gegooi.

Wat doen n mens nou en waarheen gaan jy????

Liefie ·

Dit is skokkend hoe meer en meer sulke gevalle op die lappe kom. Ek moet erken dit is vir my hemels om te dink dat ek verby die kleuterskool stadium is met my kinders. Dit is absolute aaklige tydperk in mens se lewe want daar is net te veel snaakse skole daar buite wat net die werk doen vir die geld en jou arme kind betaal die prys. Ek persoonlik haat kleuterskole en alles wat daarmee gepaard gaan. Ek dink dit word te min beheer en toesig gehou en die proses om een oop te maak is te maklik so elke liewe “toothless tannie” het een in haar back yard.

Ek stem saam ·

Ek stem so saam met jou daar. Daar is nie ‘n organisasie waaraan privaat dagsorgsentrums sowel as privaat kleuterskole aan behoort waar jy kan gaan kla nie. Net die Dept van Gesondheid kan ingryp as jy regtig ernstige sanitasie klagtes het. Verder gaan daar verskriklike dinge aan in dagsorgsentrums en kleuterskole en die onderwysers en oppassers beskerm mekaar, anders gaan die skooltjie toemaak. Klagtes val op dowe ore, en tensy jy ‘n video kamera installeer en kyk wat hulle alles met die kinders aanvang, gaan jy nooit weet nie. Ja daar is wonderlike dagsorgsentrums/kleuterskole, maar daar gebeur ook verskriklike goed by dagsorg waarvan ouers nooit weet tensy ‘n kind noodlottig beseer word nie.

Piet Pompies ·

Kleuterskole word deur die staat gereguleer en inspeksies word by registreede kleuterskole gedoen. Maandelikse verslae word ingedien en daar is uitstekende kleuterskole.
Dit is jammer dat die algemene kommentaar rondom kleuterskole ongegrond is, dit klink vir my eerder na afwesige nie betrokkende klaende ouers.

O nee Piet Pompies ·

Sowat van oningelig, watter kleuterskole word deur die staat gereguleer? STAATSKLEUTERSKOLE!!! Neewat geensins ongegrond nie, jy praat van skole wat geregistreerd is, daar is BAIE wat nie geregistreerd is nie veral nie die privaatkleuterskole nie, en nee ek is nie oningelig nie, ek het my kind by ‘n vreeslike hoog aangeskrewe kleuterskool gehad wat deur sielkundiges besit is en toe ek probleme begin kry kon net die Dept van Gesondheid my help om ‘n inspeksie te doen, verder het niemand enige regte daar nie, het selfs die Dept van Onderwys gekontak. Klagtes is geensins ongegrond nie, EIE ONDERVINDING, lyk eerder asof die Piet Pompiesse nie weet wat in hulle kinders se skole aangaan nie, heeltemal onbewus van sy kind sy lyding.

Johanna ·

WAAR IS DIE OUERS??????????? OF GEE HULLE NIE OM NIE??????????? vrygelaat?? hoe afgryslik onregverdig. Kinders word net nie beskerm nie.!! Skokkend.

Chris ·

Johanna dalk weet die ouers dit nie. Hulle was mos nie daar toe dit gebeur het nie.

Ouer ·

En die video is nie genoegsame getuienis!? Verdomp, sy moet reguit tronk toe. Tekort aan suurstof kan breinskade veroorsaak.

Anoniem ·

Om ‘n baba te skud, kan breinskade veroorsaak. Moet dit NOOIT OOIT doen nie, al is jy hoe moeg en/of gefrustreerd en/of desperaat.

C ·

100% aan polisie! Sy behoort uit haar pos gehaal te word. Daar is baie kindertjies daar. Waar is die ouma of ander familie van die babatjie. Kan hulle nie ‘n saak maak nie?!!!!!

Denise ·

As jy nie geduld het met babas en kleuters nie asseblief kry vir jou n ander werk !!!! Die baba kan nie praat nie al wat hy of sy kan doen is huil en jy as oppasser moet tog weet daar is fout dit is tog net logika????? Skokkend hoe klein babatjies en kleuters mishandel word !!!

chrissel ·

Wate bewys soek hul nog…kan nie beter kry nie…doodstraf dadelik as dit by kinders kom!!

Skokkend ·

Sy sal NIKS oorkom nie! Hulle het al die bewyse maar sy sal onskuldig aan alles bevind word. Die regstelsel in SA faal die kinders ontsettend, wag seker eers totdat ‘n baba vermoor word sodat hulle ‘n saak kan maak. Dan soek hulle ook seker twee getuies, ‘n paar goeie kwaliteit selfoonfotos, en ‘n video van ‘n professionele maatskappy. Dagsorgsentrum geregistreer? Maak julle nou ‘n grap of wat? Julle WEET net so goed soos ek dit is NIE geregistreer nie. MAAK TOE En SLUIT TOE!!

m ·

Wys ma net wat alles by dagsorg aangaan. Moenie te gerus wees nie!!

Veronica ·

Ek wens ek kan hier tik wat ek werklik wil sè en woorde gebruik wat EK wil..maar nouja dan sal daar n saak teen my gemaak word want dit is mos erger as kindermishandeling.

Arizona ·

Die Vader alleen weet as ek regtig kan se wat in my gedagtes aan gaan is my agter ent voor die einde van die dag in die tronk.

Zorro ·

Wat van die ras kaart? Ek behandel my honde kiders beter as sommige mense hulle eie kinders. Ongelukkig moét ouers werk………. maar jou verantwoordelikheid teenoor jou kind kom eerste. Indien die kind nou as ‘n boelie of iets dergliks groot word, wie se skuld is dit dan….nog steeds die ouers

Lelanie ·

Ek weet REGTIG nie wat soek sulke “ou” tannies by kleuterskole nie!!!! Gaan sit op die stoep en geniet jou aftrede asb!!!

dolphin ·

agryslik hoekom wil sy die dagsorgsentrum met die kinderjies gehad het?leer om geduld as baba huil of iets .sy moet reguit tronk toe.

ek ·

Gaan nie oor die kinders nie… Gaan net oor die inkomste wat die dagsorg vir haar bring….

Ivana ·

Hoekom moet dit teruggetrek word. Die staat kan haar aankla. Daai kind kon dood gewees het. Dit is wragtig papeties hoe ons regstelsel werk.

wilma ·

kamma kamma word kinderregte beskerm. Arme baba. Wa sy regte. Ma kids wat kriminele is word ni teen opgetree nie

Jodine ·

Ek weet nie wat gaan deur so iemand se kop nie, en wie de hell maak n video van dit. Dit is net siek, en dan word sy vry gelaat. Nee regtig. Ek sal dit verloor as dit my kind was. Ek hoop sy kry wat sy verdien en dat daai baba okay is. Sy lyk ook stok horing oud. Hoop nie hierdie storie word daar gelaat nie, sy moet hard gestraf word vir haar dade.

G ·

Jodine, dis seker nie die eerste keer wat die vrou dit doen nie, daarom het iemand besluit om ‘n video te neem? Dit is mos nou logies. Niemand gaan haar glo as sy nie bewyse het nie. Nie dat bewyse nou enigsins help nie, want ons het ‘n patetiese regstelsel.

HEMEL BEHOEDE ONS ·

DANKIE VIR DIE EEN WAT WELLLLLLLLLLL die video gemaak het!, en wat wil hulle meer he as video bewyse en sy word vrygelaat? is die wereld gek, waar is sy nou? besig om meer kinders se monde toe te druk?

Hannes ·

‘n Dier doen nie eers sulke goed aan sy kleintjies ! Ek stem honderd persent saam met Piet Pompies. Die wat kommentaar lewer oor die Kleuterskole kon/kan self na hulle kinders omsien bedags of as dit nie gepas is los hulle by jou huis met ‘n versorger soos die in die berig. Ons was destyds te dankbaar om ons kroos by ‘n Kleuterskool te kon aflaai bedags waar hulle versorging en intelektuele stimilasie ontvang het. Klaers, niks is perfek en selfs ook nie jou huishouding . Kleuterskole wat omgee is geregistreer waar nodig en doen dit nie vir geld, (alhoewel hulle ook salarisse moet betaal) maar as ‘n plek wat na sy kind omsien deur die dag sodat klaers kan werk om groot blink motors en huise te kan besit en vlekloos en perfek hul dae kan geniet en foute soek by ander en hulle kommentare teenoor ander veralgemeen. O ja, ek sou self nie my kinders in so ‘n Kleuterskool gesit het nie. ‘n Mens doen mos maar huiswerk, of hoe praat ek dan nou !

Nee Hannes ·

Privaatkleuterskole het NIE ‘n BODY waaraan hulle behoort wat hulle reguleer en inspekteer nie. Nou hoe verstaan ek jou nou, mense mag nie kla as hulle kinders mishandel word nie, net omdat dit gemaklik is om jou kinders daar af te gee en die mense salarisse moet kry? Tipies man wat weer nie weet wat om hom aangaan nie, gaan ook eers na 20 jaar agterkom jou kind is deur iemand by die kleuterskool gemolesteer.

Santie ·

Toe ek jonk was, het ek vir 4 maande gewerk in ‘n baie goeie Kinder Versorgingsoord. Dit was ‘n 24 uur versorgingsoord omdat die ouers skofte gewerk het. My kinders kon ook daar bly as ek nagskof gewerk het. Daar het ek ‘n vrou ontmoet wat voor die ouers ( wanneer hulle hul kind(ers) kom aflaai), omtrént gepruil het oor hoé oulik dié ou bloedjie dan is. Maar as die ouers weg is en die kind(ers) waag dit om te huil, word hulle verskreeu, geruk of in ‘n kas ingedruk! Vir my was dit een te veel om dit se sien, en ek vir haar reguit gesê sy is die skynheiligste mens wat ek ken! Voor die ouers so liefdevol, maar agteraf….. Aan die einde van die skof het ek bedank en ‘n skriftelike klagte by die Matrone gaan indien. (Ek sou eerder honger ly as om my kinders in so ‘n vrou se sorg te laat) . Nadat die klagtes ondersoek is, is toe later oorgeplaas na die kombuis afdeling waar sy floreer het. Almal is eenvoudig nié gemaak om met kinders te werk nie. Kry ‘n plek vir jou kinders waar jy kan inskakel op ‘n monitor om te sien of alles nog wel is. Daar is mense wat lief is vir kinders en ‘n hart vir hulle het. Ander is nét vir die inkomste daar.

Bronwyn ·

Nee!!!! sy hou nie net die mond toe nie. Sy versmoor hom. Skiet my as ek verkeerd is maar die kind het nie aan die begin so wild geskop nie en toe sy hom so hou toe begin hy erg skop en tekere gaan!! Dis nie aanranding nie dis poging tot moord!!!! Of is dit net ek wat sien dat sy hom versmor tot hy amper nie meer beweeg nie?????? Maak my so vies!

charlene ·

Julle daar by die hof is slegter as sleg. Hoe de joos trek julle `n klag terug teen die verdomde vrou. Het julle sig probleme ofwat. My goeie genade!!!!! Maak julle verdomde oë oop!!!!! Ek weet mens verwens nie maar my goeie genade daai arme klein lyfie! En hy skop nie om los te kom nie hy skop want hy word aangerand en kry nie asem nie!!!!! Hy word versmoor!!!!!!!!!!!!

tinah ·

dis afgryslik, en hoe hartseer ,,,,,,,,,,, sy ma weet dit nie, dat sy hom kan wegvat of beskerm nie? hoe vreeslik?

Hannes ·

Jy wat kommentaar braak oor my inskrywing is seker steeds in so ‘n kleuterskool soos die waar die kind “mishandel” word. Gaan lees weer my mening aandagtig of kry iemand wat dit vir jou kan verduidelik. Jy verstaan dit blykbaar nie.. Jy wat nou mans kritiseer-jy het seker nie een. My kinders is reeds 24 jaar terug uit ‘n kleuterskool sonder probleme en ons is bekend met meeste kleuterskole (22) in ons dorp – Klerksdorp, waarvan dieselfde gesê kan word. Ek neem aan jy woon in die stad en reflekteer ‘n mentaliteit wat ander stedelinge benadeel, want ek glo hulle is nie soos jy. Ek gee jou nou ‘n uitdaging om bietjie navorsing te doen oor reguleerders vir privaat kleuterskole. Miskien skrik jy wakker voor jou koffie koud is ! Terloops, ek het hoegenaamd geen negetiewe gevoelens/ gedagtes teenoor die vroulike geslag soos wat jy duidelik teenoor mans het. Mans was in elk geval nie die punt van bespreking in die artikel. Vroue wat my lewenspad gekruis het(honderde) verdien net respek. Weet nie so mooi van jou. ‘n Goeie dag vir jou Eva !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.