Vrou vrygespreek ná motor Centurion-broers tref

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou wat na bewering twee tienerbroers van Centurion in 2011 raakgery het en waarna een van die seuns later dood is, is vrygespreek nadat sy aangekla is van strafbare manslag.

Netwerk24 het berig Michael (16) en Albert (15) Lenting het op die sypaadjie buite die Unitas-hospitaal in Centurion geloop toe ʼn voertuig oor die sypaadjie gery en in die hospitaal se heining ingeploeg het. Albert is onder die voertuig vasgepen en ernstig beseer terwyl Michael ’n week later aan sy beserings beswyk het.

Slegs een ooggetuie het gesê Rina Bekker het die voertuig bestuur. Olga Monama, ’n huiswerker, het getuig sy het die broers op die sypaadjie sien loop en gesien hoe die voertuig hulle tref. Sy moes glo uit die pad van die motor spring. Monama het ook beweer die bestuurder van die voertuig het ten tyde van die ongeluk op haar selfoon gepraat.

Volgens Monama het sy lank op die toneel vir die polisie gewag om haar verklaring af te neem voordat sy uiteindelik geloop het. Die Lenting-familie se regsverteenwoordiger het getuig dat sy regsfirma Monama opgespoor het en ʼn verklaring by haar gekry het. Die firma het ook ʼn siviele saak en ʼn eis teen die Padongelukkefonds ingestel.

Landdros Bheki Ntshingila het bevind daar is wesenlike verskille tussen Monama se getuienis en die verklaring wat sy aan die regsfirma gegee het. Die staat se ander getuies het nie self die ongeluk sien gebeur nie en kon dus nie Bekker as die bestuurder identifiseer nie, het Ntshingila gesê.

Die verdediging se aansoek om Bekker vry te spreek is toegestaan.

Netwerk24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

HFC ·

Rina jy het in hierdie hofsaak vrygekom, onthou net in die regte hofsaak eendag sal daar nie sulke foute gemaak word nie.

Dave ·

Die gebrek aan inligting skep meer vrae as antwoorde. Wiè se kar was dit en wie was veronderstel om daardie kar te bestuur en wat sê Rina Bekker waar was sy tydens die ongeluk. Is dit haar kar of ‘n kar wat veronderstel was om deur haar bestuur te word? Daar is ook iets soos omstandigheidsgetuienis.

zahn ·

Dit sê nie veel van die staat se regsverteenwoordigers nie! Sies, wat ‘n skande!

SNEL ·

Dis mos nie reg nie; op n selfoon, ry n kind dood, beseer n ander een, n gesin word verwoes hierdeur en sy loop skotvry ander kant uit en hulle noem dit geregtigheid. Ongelukke gebeur, maar die is roekelose en nalatige bestuur, sy moes tronkstraf of iets gekry het. Baie sterkte aan die ouers.

Ai tog ·

Dis n bitter pil om te sluk vir die kinders se ouers die persoon wat juoi kind se dood veroorsaak loop skotvry daarvan. Die bewaarder van Israel sluimer of slaap nie en alhoewel Rina Bekker onskuldig bevind is deur die hof, sal haar gewete haar nie met rus laat nie. Sy sal self terug gaan en om verfignis gaan vra aan daai kind se ouers.

pop ·

Ek is stom, het die Bekker vrou wragtig geen gewete nie. Ek hoop nie sy het kinders nie. Die wiel het mos n manier om te draai. Eendag sal sy onthou van die dooie kind onder haar motor, en dan besef sy het nie weggekom nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.