Vrou vrygespreek oor man se moord

Bulelwa Ndudula is vrygespreek op die aanklagte teen haar. Foto: ANA

Bulelwa Ndudula, die vrou wat aangekla is van die moord op haar man, Sakhekile Ndudula, is Maandag in die hooggeregshof in Oos-Londen vrygespreek op al die aanklagte teen haar.

Sakhekile Ndudula is in September 2016 by die egpaar se huis in Cambridge geskiet en het later in die hospitaal gesterf. Hy was ten tyde van sy dood die hoof van personeel in die Oos-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling.

Bulelwa is kort daarna aangekla van sy moord en vir die besit van ʼn ongelisensieerde 9 mm-pistool en ammunisie wat die staat beweer sy gebruik het om die misdaad mee uit te voer. Sy het skuld op dié aanklagte ontken en gesê die aanklagte teen haar is deur die polisie en haar skoonfamilie gefabriseer.

Adv. Mike Maseti, vir die verdediging, het aan die hof gesê daar is ʼn groter sameswering in die polisie en dat sommige van die getuies en bewyse wat in die hof aangevoer is, gekenmerk is deur bedrieëry.

Regter Igna Stretch het harde woorde vir die staat gehad toe sy daarop gewys het hoe die staat sekere getuienis gelewer het wat nie voldoende kon bewys dat die misdaad deur Bulelwa gepleeg is nie.

Stretch het gesê die staat kon nie bo alle redelike twyfel bewys Bulelwa was die persoon wat die sneller getrek het nie. Die regter het ook die gedrag van sekere staatsgetuies gekritiseer en hul motiewe om te getuig bevraagteken.

Stretch het bygevoeg die staat kon nie daarin slaag om die misdaadtoneel deur bewyse te herkonstrueer om te bewys waar die vermeende skieter gestaan het nie. Die staat se saak het berus op die feit dat kruitoorskot op Bulelwa se regterhand en in haar baadjie gevind is.

Lt.kol. Noneka Zizikazi Gogela, die staat se hoof- forensiese analis, het tydens die verhoor getuig Bulelwa moes die baadjie aangehad het toe sy die sneller getrek het of die baadjie was 2 m weg van die persoon wat die sneller getrek het. Bulelwa het op haar beurt getuig die baadjie was op die bed in die kamer waar haar man geskiet is.

Stretch het gesê kruitoorskot kan nie gebruik word as die hoofrede vir skuldigbevinding nie.

Die regter het ook daarop gewys dat die verloop van gebeure die oggend toe Sakhekile geskiet is, dit onmoontlik maak dat sy weduwee genoeg tyd kon gehad het om te vlug en die wapens te versteek wat glo gebruik is om die misdaad mee uit te voer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AW ·

Read –
Steeped in BLOOD – The Life and Times of a Forensic Scientist David Klatzow – as told by Sylvia Walker – 2010
And
Justice Denied – The Role of Forensic Science in the Miscarriage of Justice by David Klatzow – 2014;

Then you will understand the Judge’s ruling and criticism.

Jane ·

Janee kruit oorskot op ‘n mense se hande is gewoonlik nie ‘n aanduiding dat jy die wapen hanteer of afgevuur het nie .. goeie speurwerk daardie … bly dit is nie my geliefde wat so moes omkom nie.

WAAR IS DIE SCROLLER ·

HOEKOM KAN ONS NIE MEER SCROLL NIE MAROELA MEDIA?????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.