Vrou ‘waansinnig’ toe sy glo man vermoor

Cathy van Oudtshoorn. Foto: Facebook

ʼn Vrou van Brakpan wat tereg staan vir die moord op haar man is Maandag in die hooggeregshof in Pretoria vir psigiatriese waarneming verwys nadat haar regsverteenwoordiger aangedui het sy is van plan om aan te voer dat sy ʼn oomblik van tydelike waansin beleef het ten tyde van die moord.

Cathy van Oudtshoorn (30) en haar ma, Jorina van Niekerk, in haar 50’s, is in April 2016 in hegtenis geneem vir die moord op Cathy se man, Chris van Oudtshoorn. Chris (58) is die aand van 11 April 2016 in die egpaar se huis in Denneoord, Brakpan, in ʼn leunstoel voor die televisie doodgeskiet.

Beide beskuldigdes was in ʼn stadium met Chris getroud. Jorina en Chris was in die 1980’s getroud en het vir Cathy as ʼn peuter aangeneem. Ses jaar nadat Jorina en Chris geskei het, is Cathy en Chris getroud.

Cathy staan tereg op aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede, onwettige besit van ʼn vuurwapen, onwettige besit van ammunisie en dwarsboming van die gereg.

Die staat voer aan Cathy het vir Chris met ʼn semi-outomatiese pistool doodgeskiet, voordat sy haar ma opdrag gegee het om haar te help om die toneel soos ʼn huisroof te laat lyk. Die staat voer aan Cathy en Van Niekerk het laaie in die huis oopgemaak en goed op die vloer gegooi om die indruk te skep dat iemand by die huis ingebreek het terwyl hulle nie tuis was nie.

Die polisie het egter onraad vermoed, glo omdat daar geen teken was van hoe die beweerde rowers toegang tot die huis verkry het nie.

Die hooggeregshof het Maandag gehoor dat Cathy van plan is om tydelike waansin as verweer voor te hou en dat sy daarom vir psigiatriese waarneming gestuur moet word. Adv. David Broughton vir die staat het ook aan regter Bert Bam gesê dat dit intussen onder sy aandag gekom het dat Cathy swanger is met ʼn tweeling en dat dié aspek ook in ag geneem moet word wanneer daar op hofdatums en die verloop van hofverrigtinge besluit word.

Bam het aan Broughton gesê daar is geen rede hoekom ʼn swanger vrou nie verhoor kan word nie, tensy daar komplikasies is. Hy het gesê indien dit wel die geval is, kan die hof dan hiervan ingelig word.

Cathy van Oudtshoorn. Foto: Facebook

Bam het Cathy gewaarsku dat hy geen verdere onnodige vertragings in die verhoor sal toelaat nie. Hy het gesê indien nodig sal hy “drastiese stappe” doen om onnodige vertragings te verhoed, soos om haar borgtog terug te trek.

Die saak is tot 30 Julie uitgestel sodat die beskuldigde vir psigiatriese waarneming by die Weskoppies- psigiatriese hospitaal gestuur kan word. Cathy is steeds uit op borgtog tot haar volgende hofverskyning.

Van Niekerk en Cathy se sake is voorheen geskei nadat Van Niekerk skuld erken het op die aanklagte teen haar. IOL berig Van Niekerk beweer Cathy het aanvanklik huurmoordenaars betaal om haar man te vermoor, maar het toe na bewering besluit om dit self te doen. Volgens IOL het Van Niekerk beweer sy was buite die huis toe Chris doodgeskiet is, maar dat sy ingestem het om vir die polisie te lieg en gehelp het om die moordtoneel soos ʼn rooftog te laat lyk.

Volgens die berig is Van Niekerk gevonnis tot vyf jaar tronkstraf waarvan sy 10 maande moet uitdien voordat sy op korrektiewe toesig vrygelaat sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Alrea ·

Volgens wet in sa, mag stiefouers en stiefkinders nie met mekaar trou nie. Ook nie aangenome ouers en aangenome kinders nie. Dis bloedskande. Dis redelik siek

GM ·

Hoe is dit bloedskande? Sy was aangeneem. Maar ja, daar moet ‘n paar skroefies los wees as jy met jou ma se man wil loop en trou.

Lientjie ·

Sy was nooit bloedverwant gewees nie. sy was duer hulle aangeneem.

ontevrede leser ·

vyf jaar vir medepligtige en dan slegs 10 maande moet doen, lagwekkend sou ek se, cathy op borgtog, nou is swanger, nog ‘n rede vir uitstel en ligter vonnis, wow dit raak nou beter om iemand te vermoor, een van die dae is dit 1x maand in sel vir moord, wat ‘n lekker suid afrika

Alida ·

Alrea watter wet se dit. As jou pa met n ander vrou trou en jy raak verlief op haar seun en trou wie verbied jou.

Wet of nie.... ·

….dis SIEK!
Alida, stief sussie en boetie is seker nog aanvaarbaar soos jou voorbeeld stel, maar stief ouers en kinders….NEE!
Gaan lees bietjie LEVITIKUS 18:6-16

Spook ·

Ja nee kyk dit is siek.. Hy het die kind groot gemaak.. Hoe het dit tot romanse uit geloop….. Lewe is meer is meer siek as wat ek gedink het as daar mense is wat dit goedkeur

Sophia ·

Aangenome kinders is volgens wet dan ‘n biologiese kind. Die persoon wat hulle in die huwelik bevestig het is ook n krimineel.

Shaun ·

Biologiese kind ? Dit kan slegs n biologiese kind ( of ouer ) wees indien biologie n rol in die verwekking van die kind gespeel het . Soos in die bytjies en blommetjies . Andersins sal dit slegs WETTIGE kind of ouer . Soos in bepaal deur die wet . Jou vrou waarmee jy trou moet dan volgens jou , jou biologiese vrou word ?

mamma ·

Shaun, dink jy dus dis wettig vir aanneemouers om met hul kinders te trou? Dit is nie.

Miena van Rensburg ·

Haar oë wat op die foto gevoelloos voorkom en selfs wreed met haar mond wat lyk asof sy swartgallige emosies het….spreek boekdele! Nee wat. Waansinnig is sy nie, berekenend , ja. Ek dink die hele swangerskap gaan op haar backfire.

Anoniem ·

Moord is moord en dood is finaal. Maar gewetes wat spook hou aan spook by moordenaars. Al lyk hulle so hard soos klip, tronk leer wat beteken spyt en te laat. Swangerskap is nie rede vir ligter vonnis nie en as sy goed uitgooi om te laat lyk soos n inbraak was daar niks fout met haar waansinnigheid nie. Sy het geweet wat sy doen en klaar.

Riouna Martin ·

Mense dit is siek verby
Net nog n moordenaar op voet. Ek word naar as ek moet dink aan die hele berig

A ·

Hulle het seker te veel na Bold en Beautiful gekyk. Daar kan jy alles sien van 1 vrou wat met al die mans in 1 familie trou ens ens.

christa ·

Jy mag net nie met jou eie bloed familie trou nie. Sy was nie die man se kind nie, dus is daar niks wat haar verhoed het om met hom te trou nie. Maar is dit nie bietjie agterlik nie?

VanAfrika ·

Die Bybel sê: Jy sal nie met jou pa se vrou trou nie, dit beteken jou ma of stiefma, Jy mag nie met jou ma se man trou nie, dit beteken jou pa of stiefpa. Jy mag nie met jou broer of suster trou nie en so mag jy ook nie met jou broer se vrou trou as hy afsterwe nie. Geen man sal met n ander man omgang hê nie en geen vrou sal met n ander vrou omgang hê nie. Dit is opdragte van God en absoluut teen sy beginsels. As enige iemand dit wil regverdig deur te sê maar God het my nog steeds lief, ja Hy doen maar Hy haat die sonde wat gepleeg word, So een gaan nog steeds verantwoording doen.

Lientjie ·

Dis net bloedskande wanneer jy met die selfde bloed trou. Hulle het haar aangeneem dit wil se iemand anders se kind. Indien die ouers trou en haar aanneem het sy nie dieselfde bloed as sy nie. Daar is baie stiefboeties en sussies wat met mekaar trou dis algemeen. Ek stem saam dit klink vir my maar grillirig om met jou ma se x te trou.

AS ·

Die arme tweeling wat onder sulke omstadighede in die wereld moet kom. Kry hulle baie jammer.

MarieM ·

Almal praat nou oor bloed…… Maar my punt is die man het haar soos sy eie dogter groot gemaak. Sy het na hom gekyk soos ‘n kind na hulle vader kyk. EN TOE toe loop staan en trou hulle met mekaar. Sjoe ek weet darem nie mooi nie.

mamma ·

Uiteindelik iemand waat verstaan! Dis soos Woody Allen wat met sy dogter getrou het. Hy het haar van babatyd af grootgemaak, maar omdat hy haar nooit amptelik aangeneem het nie, is geen wet oortree nie. MAAR hy was steeds haar pa!!!! Sulke mans (nie noodwendig die oorledene nie) begin die kinders soms reeds as kleuters misbruik en glo dan indien hy later met die kind trou, het hy niks verkeerd gedoen nie.

EH ·

Ingevolge die bepalings van die Wet op Kindersorg, 74 van 1983, word ’n aangenome kind beskou asof hy/sy uit jou gebore is.

fm ·

Ai tog. Die arme man het geen kans gehad teen die twee vroue nie. Waansinnigheid is ‘n baie lelike ding.

Lees LEVITIKUS 18:6-16 ·

……dit is vir my genoeg verduideliking.

Speedguard ·

En hulle maak so groot bohaai oor mans wat vrouens pak gee, mans chop af , hulle is net te trots om dit na vore te bring want dan word jy gebrandmerk as ‘n sissie en dat jou vrou op jou kop sit, hoop hulle sluit hulle toe verewig en altyd , hulle is walglik !!

mamma ·

Wag ‘n bietjie. Sy weet sy word van moord aangekla en dan raak sy swanger. Hoeveel lewens moet nog verwoes word?

Stella Berning ·

Dis waar. Aannemings wet lui asof uit jiu gebore. So jy mag nie met aangenome broer of pa trou nie. Dalk was dit net genoem dat hy haar aangeneem het. Binnelandse sake sou dit opgetel het want alle inligting is by hulle ook.

christa ·

daardie vrouens moet altwee sit. As hulle nie op mans se kop kan sit nie, maak hulle dood met die verskoning hy het haar gemishandel. Dis maar een van vrouedinge daardie om mans te wil regeer. Die Bybel se uitdruklik vroue moet die mans onderdanig wees, maar in ons lewe is dit net andersom.

Estelle ·

Ek stem saam Christa. Vrouens moet kosmaak, klere was, huis skoonmaak en kinders grootmaak.

Andrea ·

Is reg Christa. Terwyl jy swanger en kaalvoet in die kombuis em tuin en buitenhuis ook werk!

Grace Mugabe ·

Skreiend agterlik, definitief. My gewese swaer wat homself verhewe geag het maar tog uit die agterlike tipe familie kom het presies dieselfde gedoen. Sy vrou gelos en met sy aangenome dogter gaan trou. Nou wonder ‘n mens of hulle maar nie fantasiee gekoester het nie, want hoe trou jy met jou eie kind? Biologies of nie.

ChrisE ·

Dit laat my dink aan die twee wat op die hof se trappe staan. Die vrou ween bitterlik. Die man sê, “hou tog net op om te tjank nou oorlat ons geskei is. Wees dankbaar en bly jy is nog my suster”

Poppie ·

Daar is ‘n verskil tussen ‘n stiefdogter en aangenome dogter. Ek sien baie praat nou van stiefdogter?

Spook ·

Nee hoor ek weet nie ek dink die kommentaar onstel my meer as die berig die hele spul is siek… My skoonpa of stiefpa of aangenome pa my kom will paai sal ek sy lastige vingertjie vuurwarm slaan… Daarvoor te val … Vrouens daar buite wat hulself slawe ag?! Nee, ek is stom geslaan… Dit is maklik on n man te eer wat jou met liefde en respek koester….kom tog by

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.