Vrou wat haarself aan die brand steek veg om lewe

Susan van Rooyen van Randfontein (53)

“Niemand weet regtig wat daardie dag gebeur het nie, dalk was sy net moedeloos oor haar omstandighede.”

Só het Susan Cloete (35), die oudste dogter van Susan van Rooyen (53), gesê nadat haar ma Maandagmiddag in Randfontein, wes van Johannesburg, petrol oor haarself uitgegooi en haar buite ʼn winkel aan die brand gesteek het.

Cloete het Woensdag aan Maroela Media gesê hulle is almal nog in skok oor wat gebeur het en wag nog om van haar dokters by die Leratong- provinsiale hospitaal oor die omvang van haar beserings te hoor. Sy word sedert Maandag in die hoësorgeenheid by dié hospitaal onder verdowing gehou nadat sy teen 16:10 haarself buite ʼn winkel in Unionstraat aan die brand gesteek het. Sy is Woensdag na die brandsorgeenheid van die hospitaal oorgeplaas.

Paramedici van ER24 het haar op die toneel behandel waar sy tussen omstanders op die sypaadjie gesit het. Hulle het pynmedikasie toegedien voordat hulle haar in ʼn kritieke toestand na die hospitaal gehaas het. Sy het erge brandwonde aan haar kop en gesig opgedoen.

“Dit het ons almal baie onkant gevang. Ek kon my ma gister vir net twee minute sien voordat ek die waakeenheid moes verlaat. Ek was te geskok en kon nie met iemand daar oor haar toestand praat nie, maar haar toestand is bedenklik,” het Cloete gesê.

Cloete het gesê sy en Van Rooyen se oudste suster, Maria Joubert, gaan Woensdag weer na die hospitaal om met Van Rooyen se dokters te praat oor haar toestand en die pad vorentoe.

Cloete se jonger suster, Norina van Zyl (33), woon in Bethal, Mpumalanga, en sou Dinsdagmiddag deurgery het Randfontein toe.

Cloete verduidelik haar ma is ʼn ruk gelede van haar man geskei en het geruime tyd by haar in hul huis gewoon. Sy is gediagnoseer met bipolêre gemoedsversteuring. Sy het nie gewerk nie en is afhanklik van ongeskiktheidspensioen wat sy ontvang ná ʼn rugbesering.

Sy het volgens Cloete sowat sewe jaar gelede ʼn vriend [slegs bekend as Danie] ontmoet en het op 1 Julie by hom gaan intrek.

“Sy was op medikasie wat ʼn staatspsigiater in Krugersdorp vir haar voorgeskryf het. Die pille het egter newe-effekte veroorsaak en daar is nuwe pille voorgeskryf. Ek weet sy is met dié pille daar weg toe sy by oom Danie ingetrek het en sover ek weet het sy haar pille gedrink. Die psigiater wou haar nie in ʼn inrigting laat opneem nie, omdat hulle eers wou kyk of die pille werk. Ons weet glad nie hoe haar gemoed Maandag was of wat tot die voorval gelei het nie.”

Cloete het gesê haar ma was juis Maandag in die dorp om werk te soek. “Dalk was sy net moedeloos en teleurgesteld omdat sy niks kon kry nie. Niemand weet nie.”

Oor Van Rooyen se vaardighede sê Cloete trots dat haar ma baie goed met haar hande is. “Van breiwerk, hekel tot houtwerk. Sy help gereeld haar vriendinne uit om nutswerk te verrig en selfs om dreine te ontblok. Sy is baie goed met handwerk en mal daaroor om mense te help. Sy wou besig bly en het ook gehelp om bejaarde tannies se huise skoon te maak, sy wou net ander mense gelukkig maak,” voeg Cloete by.

  • Mense wat angstig of depressief voel en graag met iemand wil gesels, is welkom om SADAG (die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep) te kontak. Hulle het opgeleide beraders wat ʼn mens deurgaans kan bystaan. Kontak hulle hier: 011 234 4837 of 0800 20 50 26 of stuur ʼn e-pos na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Ander Annie ·

Sterkte, ek hoop sy word gou gesond. Ek besef maar net keer op keer dat ‘n mens nie kan praat as jy nie self in daardie skoene staan nie.

Linda ·

Sy het Jesus nodig gehad. Hy genees. Hy het my genees en ek was ook ‘n wandelende ramp oppad na ‘n inrigring of my dood. Oornag het Hy my genees en ek kon al my eie besigheid begin, ek wat nie eers kon funksioneer nie. Mevrou. Haar dogter. Ek het vir julle gebid vandag, dat God julle met Sy genesende hand sal aanraak, vir julle die krag en vrede sal gee om op te staan en voort te gaan.

Olga ·

Dit verstom my…… nou gaan haar depresie nog erger raak as sy haarself sien nadat sy herstel het, ek meen brand wonde los letsels.

Marianne ·

Bipolere is ‘n lewende hel!!!
Rugbeseerings dryf mens daarheen, niemand kan iets aan jou permanente pyn doen nie.
Medikasie help nie meer nie,
Physiotherapy help net ‘n dag en is hel om deur te gaan
Mens begin jouself haat, jy wil lewe, jy wil soveel nog doen en ervaar, maar jy kan nie.
Die beraadgewers sit jou op ander medikasie
Jy word ‘n lopende Apteek, ‘n stukkie van wie en wat jy was….,
DAN GEE JY OOR DIE INNERLIKE PYN IS NET TE VEEL, JY WENS IEMAND KON DIT SIEN!!! JY NEEM JOU EIE LEWE WANT NIKS MAAK MEER SAAK NIE.
My gebede is met Susan, met haar kinders en familie. Ek bid dat sy herstel.

Lindy Cant ·

Bid vir jou ook. Dis duidelik dat jy self ook die pad stap.

LMF ·

Marianne jy praat so waar ek ook na 4 rug operasies en bipolere gediagnoseer met oor as genoeg slaappille pynpille en al wat n pil waarop ek my hande kon lê so ook met handvol pille en my pragtige klienkids aan die anderkant en so het ek dit n saak van God gemaak HY het my die regte dokter uitgewys na 7 ander nie kon help nie en het nog pyn maar kan daarmee saamleef met God aan my sy ek is net nog gelukkig om goeie medies en werk te hê byt vas mevrou bid en hou aan bid en ek gaan ook vir jou bid daar is tog iets om voor te lewe Amen

Kotie ·

Aan die familie en kinders ek en my familie dink aan julle in hierdie moeilike tyd. Ons hou julle in ons gebede. Tannie ek hoop jy word gou gesond en wat ookal die omstandighede is die Here het n doel met tannie want tannie is nog hier. Sterk wees Tannie jy is in ons gebede

Francis ·

is vreeslik .ek het ook iemand geken wat dit gedoen het en is dit nog steeds swaar om te verweek .sterkte net gebed dra mens daardeur .

Penelope ·

Baie jammer vir die dame en haar familie. Ek wonder maar net of die dokter haar nie maar eerder onder toesig op die nuwe medikasie kon sit nie. Nou stuur hulle haar die wereld binne en wag om te hoor of dit werk. Miskien sou sy eerder veilig gewees het in die instansie.
Bipolere steurnis is nie ‘n grap nie en as jy op die verkeerde medikasie is, dan kan jou lewe hel wees. Ek het ‘n vriendin wat op verkeerde medikasie was en sy was diep in ‘n donker gat. Nou is sy op die regte medikasie en leef sy tussen mense en jy sal nie eers kan se sy is Bipoler nie. Baie sterkte vir julle!

Jaco ·

Ek werk vi my self en gaan ook maar baie keer sleg. Soms sit ek net in my baki en wonder waarvoor ek nog lewe. Ek het n vrou en kids maar voel vi my as ek net plek maak vi n ane man en pappa dat hul n beter lewe sal he. Sterkte tani. Ek hoop jy word gou beter en kry some n goeie werk.

Jeannette ·

@Jaco, jy het duidelik hulp nodig. EN DIT IS NIE SKANDE VIR ‘N MAN OM TE HUIL OF SIELKUNDIGE HULP TE KRY NIE!!! Hierdie mite moet die nek omgedraai word! Jy is nie SUPERMAN nie, jy mag ook seerkry, huil, teleurgesteld voel en dit wys en moedeloos raak – kry hulp. Glo my, jou vrou het nie ‘n ander man nodig nie en jou kinders wil húlle pa, nie ‘n ander pa hê nie.

Omgee ·

Jaco moenie eers dink daaraan om soos ander mans van hulle probleme af weg te hardloop nie, beter werk of meer geld gaan ons land wat so “brand” nie reg maak nie, jy het ‘n verantwoordelikheid as ‘n man om eerstens ‘n priester in jou huis te wees en deur ware geloof en eerlikheid jou besigheid om te draai.
Pille en mammon gaan nie help nie ons moet terug draai na God, dan sal ons groei in swaar tye en nie breek nie..
“Want die droefheid volgens die wil van God werk ‘n onberoulike bekering tot redding maar die droefheid van die wêreld werk die dood” 2 Korinthiërs 7
Moenie in jou bakkie sit en jou self wêrelds vergelyk met ander mense op Facebook nie, lees eerder jou Bybel dat die lewe vir jou sin kan begin maak en dat jy deel van die oplossing kan wees vir jou kinders se onthalwe!
Jy is spesiaal! Maak ‘n verskil in die land, jou huisgesin het ‘n “Vader” figuur nodig..

Pitter ·

Liewe Jaco
My eie broer het homself 7 weke gelede opgehang.
Ons is almal stukkend daaroor.
Glo my, jou vrou en jou kinders het jou BAIE lief. MOENIE jouself enige iets anders wysmaak nie!!
Spandeer TYD saam met hulle. Hulle het JOU nodig!!!
God het jou net so lief soos hy my het, GLO DIT!!

Jeannette ·

Ag hemel, hoe verskriklik hartseer! Aan die een kant wil ek bid en vra dat haar genesing 100% en spoedig sal wees. Aan die anderkant wonder ek of haar lewe vir haar nóú die moeite werd gaan wees? Sy was (is) so ‘n pragtige vrou! Hoe diep moes haar teleurstelling in die wêreld, in die mensdom en die lewe nie gewees het om so ‘n uiters desperate (en pynlike, wrede) daad te pleeg nie.

Depressie en bipolêre gemoedsversteuring is niemand se maat nie en ek wens dit niemand toe nie – te min mense het simpatie met lyers hieraan en maak dit sommer af as ‘twak’ en ‘aandagsoekery’, wat nie verder van die waarheid kan wees nie! Miskien sal dit beter wees as sy sterf – ek weet nie. Ek voel net so verskriklik jammer vir haar en haar gesin wat seker baie vrae moet hê. Sterkte aan al die betrokkenes.

Deon ·

Hi, Jaco…rig die graag aan jou. Werk ook vir myself…soos baie ander daarbuite. Moet nooit opgee nie, as ons val staan ons op. As ons alles verloor, begin ons weer voor. Weet dat jy n familie het wat vir jou lief is vir wie jy is, en meer geld in die huis of n ander man, kan jou nie as eggenoot en Pa vervang nie. As jy nodig het om met iemand te gesels, maak so……. dit maak nie van ons n swakkeling nie….ek het in my lewe nog nooit iemand teegekom wat slegs goeie tye ervaar. Daar is goeie en slegte tye, dit is hoe ons dit benader en daarmee handel wat belangrik is. Volhard daagliks met jou besigheid, goed of sleg, nie opgee nie. En glo en vertrou, moet nie bevraagteken hkm ons dinge moet deurmaak nie. Alles sal stelselmatig in plek val…..weet jy kan.

Hannes marais ·

Ek wil graag my medevolksgenote inlig dat neurobion n uitstekende tonikum is vir depressie en angs…dis n vitamien b1,b6,b12 aanvulling…ek was n depressie wrak…dit het my genees

Depressie-lyer ·

Baie dankie Hannes Marais vir die raad, ek is séker hier is ‘n hele paar lesers wie daarby kan baat-vind.

Darius ·

Baie dankie. Gaan dit probeer… Ek neem aan mens kan dit oor die toonbank koop?

John ·

Dit gaan sleg met ons Afrikaners, baie sleg. AfriForum en ander groepe moet beraadslaag oor ‘n manier om inrigtings in dorpe en stede te vedtig waar ons mense kan gaan aanklop vir raad en hulp. Gratis diens deur bekwames kan baie help. Staatsinstellings word oorval deur die meerderheid van die bevolking se probleme. Ons moet ophou om nonsens te ondersteun en die staat se werk vergemaklik deur paaie reg te maak en… en. Afri-jeug wat Zuma ‘n lessie wil leer… leer liewers julle studiemateriaal vir goeie loopbane en help ander moedelose jongmense…

Christo ·

Ek het my hele jong lewe net om die hoek in Helikonpark gebly in n huis waar oldit met ons goed gegaan het. Was ontelbaar baie by die Spar en groentewinkel waar dit gebeur het. Hoeveel mense het in al daardie tyd verby my geloop wat op hul einde was sonder dat ek dit eens gesien het. As ek by my ouers gaan kuier gaan koop ek nog elke keer biltong daar by die Biltong Den en verkyk my na die verval in daardie spesifieke area. Lewe daar is baie moeiliker as wat ek ooit geken het! Laat mens dink. Kan net hoop vir die dame en vra vir hulp van bo!

Uvonka ·

Hi Jaco jammer om te hoor dit is hoe jy voel, ek weet dit is bitter swaar daarbuite. Onthou net dit sal jou vrou en kids wees wat altyd by jou sal staan, no matter what en hulle is die rede dat jy nog hier is omdat jy so ‘n verantwoordelike man en Pappa is. Sterkte!

Leeutjie ·

Hallo Jaco… Jong depressie hap ook gereeld na my kant toe en dis nie ‘n lekker gevoel nie! Miskien is dit goed om Hannes hierbo se raad te volg met Neurobion! Ons is aan onsself verskuldig om lekker te voel en as dit werk (ek gaan dit probeer), dan is dit die moeite werd!

Blondie ·

Ek het toevallig hierdie naweek na ‘n dokumentêr op DSTV se catch-up movies gekyk wat handel oor die newe efecte van voorskrif medikasie en hoe verslawend dit is. My ma was self verslaaf en het ek toe maar net geweet wat ek nou weet……
So jammer vir haar. Ek bid en hoop sy kry die nodige hulp en liefde.

Ondervinding ·

Kyk die lewe is hard soos ‘n nikkerball maar om oor so daad oor te gaan weet ek nie. Depressie, stress, niks werd gevoel, moeg vir als ens. Nie kan haar judge nie. Daar is net een persoon wat als kan reg maak en dit is Jesus. En Susan van Rooyen as jy vra en glo kan en sal God jou dogter genees om vir Hom ‘n lewendige getuie te wees. Hy is die Groot Geneesheer!!! Glo my… Hy is ALS!!! Hy neem jou laste en dra dit. HY IS WONDERBAAR!!!!

Hannalene greyling ·

Niks en niemand het nog ooit in hierdie land gebrand soos nou nie. Dit gaan my verstand te bowe. Kan of wil myself nie eens die pyn probeer indink nie, of mense dit aan hulleself doen of aan mekaar, bly ewe erg.

Werner ·

Almal hierbo het my ook nou gehelp. Kan nie uitbrei nie, maar seën vir julle.

Valerie ·

Nee, seën jou, Werner. More sal die son weer skyn; jy sal sien.

Sandré Viviers ·

Ai wat ń tragedie. My hart is saam met haar en haar familie seer. Hulle bly in my gebede vir uitkoms en spoedige herstel.

Charl ·

Vetrou en glo is sulke maklike woorde, maar om werklik dit te kan toepas is iets anders. Hierdie is fantastiese “comments” ons het meer sulke gesprekke nodig waar ons lewe spreek en woord kan spreek oor so berig. So vinnig het God hier ingetree en het almal, almal geestelik bedien. Ek is al 10jaar op my medikasie en ek is stelselmatig besig om aftegaan. Wat dit hierdie keer anders gaan maak is dat ek al 3 jaar ‘n pad met God stap, Hy het my lewe kom verander en ek het besluit ek gaan dit saam met God doen. Die lewe is rof, maar God is almagtig! Die lewe kan so anders wees as ons net meer positiwiteit uitspreek en na God draai! Bedek julle geestelik met die bloed van Jesus Christus elke dag, elke aand, ook jul kinders, naastes en geliefdes. Pa’s vat autoriteit oor jul gesinne en plaas God se beskermende engele van Psalm 91:11 oral in die “gaps” daar waar mens nie kan werk of wees of beskerm nie kan God die Almagtige se opgerigde engele dit doen. Ek wens mense wat so stukkend is kan net ‘n proetjie van God se genade kry. Ek bid Psalm 91 oor elkeen van julle. Asook Psalm 16:11. Blessings vir almal.

Willie ·

Beste Vriende. Ek doen groot sake en het een dag net inmekaar gesak, vandaar is my blus uit. Ek dink ons brand onsself uit. Ek is gediagnotiseer met ( Lyme disease) wat spierverwante verswakking insluit. Ek wou voor lorries inry, en het so baie negatief en niks gevoel nie, TOT eendag wat ek n video sien van n man wat nie hande of bene het, en die lewe so passievol aandurf. Vandaar drink ek my Serdep en hou kontak met mense wat lag en probeer elke dag om te help wat depressief lyk. Ek wil net dit so stel, die herstel en sukses van jou probleem, begin by jouself. Niemand kan iets vir jou doen voor jyself nie jou kop reg het nie. Liefde vir julle, en onthou” leer om weer te lag”.

Bernice ·

Ek self sit met depressie. Mense wat dit nie het nie, verstaan dit nie. Ek wens daar was n manier wat jy na n stukkende plek wys dan sou hul verstaan wat seer is. Dan kom hulle met hulle “snap out of it” stories, of dink jouself positief; dit kan my mos kwaai maak jong.

Theresa ·

Sterkte vir elkeen hier betrokke. Is daar ‘n leser wat dalk die nodige professionele kennis het om hierdie dame te help deur hierdie ongelooflike stryd van depressie en moedverlorenheid? Nou nog die fisiese wonde ook?

HOU MOED ·

Ek wil graag ‘n positiewe bydrae maak en vir almal daar buite se wat depressief en op moedverloor se vlakte sit: ” Daar is hoop”. Ons liggame vertel vir ons wanneer is genoeg nou genoeg, maar ons luister nie, want ons wil nie as swakkelinge aangesien word nie. Luister na jou liggaam, want daar is geliefdes wat omgee vir jou en in wie se lewens jy ‘n groot rol speel.
Ek het al self beleef dat ek in hierdie donker gat afval en nie weet waarheen nie, maar selfmoord was nog nooit ‘n opsie nie…. want ek is een van die wat agtergebly het na my pa selfmoord gepleeg het. My pa moes baie swaar gekry het om ‘n vrou en 2 kinders agter te laat, want WAT was so verkeerd dat hy nie meer wou lewe nie. Daarom vra ek dat jy 2 keer sal dink voordat jy jou eie lewe neem, want jou familie sal eerder saam met jou daardeur wil werk as sonder jou. Ek gebruik ook Serdep en Urbanol daagliks en ek voel soos ‘n nuwe mens.
Soms is daar ‘n chemiese wanbalans in jou brein wat jou so laat voel en ‘n pilletjie en baie gebede kan ‘n groot verskil maak. Ek bid vir elke persoon wat deur ‘n moeilike tyd gaan en ek hoop elkeen weet hoeveel hy lewendig werd is vir sy geliefdes. HOU MOED.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.