Vrou wat in Pta doodbrand ter ruste gelê

Retha Serfontein (57). Foto: Facebook.

Retha Serfontein (57), die vrou wat Maandagmiddag haar eie lewe in haar tuinwoonstel in Meyerspark in Pretoria geneem het, sal Vrydag ter ruste gelê word.

Martin Slabbert, Serfontein se swaer, het aan Maroela Media gesê Serfontein is sowat drie jaar gelede van haar man geskei. Sy was die afgelope paar maande ʼn verpleegster by die verswaktesorg-sentrum van ʼn aftree-oord in Equestria.

Slabbert vertel dat Serfontein baie stylvol was. “Sy het hierdie ongelooflike teenwoordigheid gehad. As sy in ʼn kamer ingestap het, het almal geluister.”

Hy sê Serfontein was ʼn ekstrovert wat lief was vir onthaal. “As sy klere gekoop het, was dit stylvolle klere. As sy kos gemaak het, het sy die tafel gedek en die kos voorgesit soos in ʼn vyfsterhotel. Sy was baie sosiaal en het maklik pelle gemaak,” het Slabbert gesê.

Maroela Media het vroeër berig kapt. Jan Sepato, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes is Maandag tussen 12:00 en 13:00 na die huis in Meyerspark ontbied. Volgens Sepato woon die eienaar van die tuinwoonstel waarin Serfontein gewoon het in ʼn ander huis op dieselfde erf.

Nadat die vlamme geblus is, is Serfontein se liggaam in die woonstel gevind. Sepato het gesê die polisie het by nadere ondersoek verskeie notas op die toneel gevind. “Dit blyk dat dit selfmoordnotas is. Die inhoud van die notas het verwys na geld vir die vrou se begrafnis en het ook verwys na geld wat geskuld word,” het hy gesê.

Slabbert het bevestig dat daar notas in die leefarea van die huis gevind is. “Sy is in die slaapkamer aangetref, die meeste skade was daar,” het hy gesê.

Serfontein word môre om 11:00 vanuit die NG kerk in Lynnwood in Sussexlaan begrawe.

Sy word oorleef deur haar twee jong seuns, Nico en Roux.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Denise ·

Baie hartseer so n mooi vrou sterkte aan haar twee seuns!!!!

Theresa ·

Hoop die twee jongmense kan vrede maak met so ‘n tragedie. Baie sterkte vir hulle en familie en vriende.

Hartseer ·

Wat n skok om die nuus te lees! Retha was n jare lange kennis en kollega my hart is stukkend! Sterkte aan haar twee seuns.

Marietjie ·

RIV Retha jy sal n LEGENDE bly…. my hart is bitter seer. Gaan jou mis jy is nou in n beter plekkie by Jesus. Kani glo jy is nou net weg nie. Gaan jou mis jou vriendelike gesigie en mooi geaardheid gaan ons mis.

Marietjie ·

Wat laat n mooi statige vrou na so iets dryf……. jy het altyd net die mooi in ander gesien en jou hartseer het jy alleen gedra. So onthou ek jou trane wat rol oor jou wange in krugersdorp sale waar ek jou raak geloop het en waar jy gewerk het. En dan smile jy en se ek is fine…. ai Retha as ek net tyd gemaak het. RIP vriendin….God ken jou hartseer nou ht jy vrede by Jesus. Sterkte aan die 2 seuns en familie.

Nadine ·

Retha jou liewe mens ons gaan jou so verskriklik mis! Mag jy deur ons hemese vader vertroos word jou hartseer en hel op aarde is nou verby. Rus in vrede jy was n juweel!

Kollega ·

Jy was nie net my kollega nie maar n dierbare liefdevolle vriendin! Ek gaan jou so so so mis! Die mense wat jou geken het weet watse hartseer jy die laaste paar jaar moes deurgaan en die EEN wat skuld daaraan dra moet weet ons almal weet wat hy aan jou gedoen het!
Rus sag liewe Retha xxx

Familie lid ·

Niemand dra skuld hiervoor. Moenie luister na die skindertonge en valse bronne, ooms en tannies. Net haar seuns weet. Met dank.

Kollega ·

My kollega vandag groet ons jou net n seer hart rus in vrede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.