Vrou wat man glo doodry hoor oor borgtog

Paul Slabbert. (Foto: Facebook)

Die vrou wat daarvan beskuldig word dat sy haar man glo ná ʼn stryery buite ʼn kuierplek in Klerksdorp doodgery het, is Donderdag op borgtog vrygelaat.

Dianne Slabbert (36) is verlede Woensdag by haar huis in hegtenis geneem ná die dood van haar man, Paul (48), by die Pirate’s Inn-kuierplek die naweek tevore.

Sy word van moord aangekla en was sedertdien in aanhouding.

Sers. Amogelang Mabihi, polisiewoordvoerder in Klerksdorp, het gesê Slabbert is in die landdroshof in Klerksdorp op borgtog van R2 000 vrygelaat.

Dianne Slabbert. (Foto: Facebook)

Sy moet ook weekliks by die plaaslike polisiekantoor aanmeld.

Maroela Media het vroeër berig die polisie het beslag gelê op geslotekringtelevisie-beeldmateriaal van die kuierplek wat moontlik meer lig op die gebeure kan werp. Dit vorm deel van die ondersoek.

Dianne Slabbert het glo ná die voorval bebloed by die kuierplek ingestorm en hulp gesoek.

Haar man is egter op die toneel dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Jakoba ·

Dalk in n woedebui en dalk jaloesie. Ek kan nie juis aantygings maak dat sy dronk was nie, ek ken haar nie en was nie ook nie daar nie

linelle ·

Maklik, ek het ook oor my eks man gery, Ek het vir hom gewaarsku en tot 3 getel toe gee hy nie pad nie, hy het darem net sy been seer gemaak. Maar op daardie stadium was die woede so erg ek sou hom vrek ry en niks voel nie.

Cherokee ·

Ek hou van ‘n vrou wat haar vrou kan staan, linelle. Die kommentators blyk almal die ‘arme’ motoris die skuld te gee maar ‘n vorige berig het vertel het was aan die baklei. Hierdie berig sê sy het ‘bebloed by die kuierplek ingestorm en hulp gesoek’. Haar eie bloed of die van haar man? Hierdie vraag behoort die vinnige kommentators weer te laat dink. Miskien wou sy ook net sy been seer maak.

M ·

Kom bly in klerksdorp dan sien jy, maar ja ek stem ek dink ook goed gesuip

Ampie ·

Ek sien hulle het die jaar getrou en syt al klaar oor haar man geloop …. jho

jakes ·

Wat word van die mensdom? Die vrou sien seker uit daarna om tronk toe te gaan.

Lou ·

Baie hartseer geval. Ek hoop regtig daar is ‘n ander verklaring vir die saak.
As dit waar is was sy of hopeloos dronk of haar geestes gesondheid is nie baie lekker nie

Jaco ·

Die berig meld dat sy oor hom gery het na n stryery so my vermoede is dat dit hoogs onwaarskynlik is.

Corné ·

Dalk wou sy weg ry en toe spring hy voor voertuig in. Kring kameras sal kan bepaal wat gebeur het.

Ai waar is die dae ·

Ai waar is die dae toe gemmerbier en soetkoekies goed genoeg was om op te kuier. Toe jong meisies nog met wit gestyfde materiaal sakdoekies wat geborduur was met mooi blommetjies in die hand met styf toegeknypte bene kuis op regop stoeltjies gesit het! Geen pruilmondjies toe nie! Deesdae is dit so rof en gevaarlik want die drank vloei en die vuiste en skote klap en mens moet heeltyd oor jou skouer loer anders word jy opslag vermoor! Beide vrouens en mans drink en baklei rof dat die nete op hulle koppe bars! Ek het juis nou die dag by ‘n troue gesien hoe ‘n jong en glad nie ‘n drillerige meisie nie, ‘n fors geboude ou bo-oor ‘n tafel mo(k)er toe hy iets vir haar gesê het waarvan sy nie gehou het nie!

Ieder geval, sterkte aan almal wat deur hierdie tragedie geraak word. Mag julle berusting en vertroosting vind.

Cherokee ·

Kommentaar van die dag! Ek geniet dit om kommentare soos joune te lees. En natuurlik (weet jy sou vra!) wen jy die prys vir jou “kommentaar van die Dag’. Die prys is ‘n gekleurde foto van ‘n Toyota Corolla 160i en dit word sonder versuim aan jou gepos. Moet ons nie teleurstel nie en hou aan daarmee om die forums met jou lekkerlees kommentare te verpes. (askies, ek is eintlik Engelssprekend en miskien moes die woord ‘op te helder’ gewees het.) Google is your friend!

Skoolgeld ·

Jy klink soos my skoonma! Ek is baie bly daai hipokratiese tye waarna jy verwys is vir altyd verby! Die kat was meer daai tyd in die donker geknyp as nou en meer dinge is onder ñ mat in gevee en stilgehou vir wat ? Waar het jy gesien kinders moet ñ bed deel met ñ oom of tannie omdat hulle familie is en daar nie genoeg slaap plek was nie. Neewat, ek is dankbaar ons het aanbeweeg.

Liza ·

Ek het al baie getroudes hoor se dat hulle egskeiding nog nie oorweeg het nie, maar moord al baie kere! Dit is natuurlik tong in die kies gese!

Katryn ·

Hoekom was sy bebloed het dalk probeer wegkom van aanranding

Boerseun ·

Dalk omdat haar oorlede man deur n motor raak gery is en gebloei het?

Posduif ·

Lyk my na ‘n beter idee om Uber te gebruik as jy so ‘n knertsie gaan maak. Deesdae is die gereg baie erg oor “gedrink-en-dan-bestuur” (wat heeltemal reg is), maar dit wil voorkom of die motor-sleutels onder jou vrou se beheer as jy gaan “vat” is nie so ‘n goeie idee nie. Miskien is dit beter om die “balle te bat” as jy by die huis kom!!! Nog beter is om dalk liewer jou vrou na die Spur te neem vir lekker uit-eet en daar kan sy kyk hoe ander ouens dit uit-baklei!!!

Mornay ·

Sy word aan gekla van moord en kry borg
DWS die kring televiesie het dalk iets anders gewys om dit na manslag teverander
of kry almal borg wat moor
so more kan sy of wie ook al nog iemand uit haal en ons het daar van al baie gelees
Die regstelsel Suck

Help my reg asb

Derick ·

Ek slaap nou al vir 4 dae, want my vrou wil weet wie is Bianca as ek wakker word.

Gemini ·

Hy het haar seker aangerand en sy het genoeg gehad,nie bedoel om hom om te ry nie, dalk skrik te maak, maar as drank betrokke was sê dit alles. Niemand sal weet nie.

Anoniem ·

Hoekom dink mense altyd dat mans net vrouens slaan…dalk het sy hom aangerand? Daar is vroueslaners daar buite en hul doen ook wat sekere mans maar doen. So glo nie mens moet net veralgemeen oor dat man altyd vrou slaan, baie keer vice versa….

anon ·

As jy n reputasie langer as n hofrol het, moet jy maar gaan sit

Annelize ·

Hierdie lyk en klink vir my na ‘n geval van huismoles, of is dit nou kroegmoles. Gooi nog in die “mix” (so to speak) drank, en die gebrek aan gesonde verstand en emosionele volwassenheid, en jy het ‘n wenresep vir ‘n ramp.

Mustang ·

Die lewe is niks meer nie. Alamal kan maak wat hulle wil en niks oorkom nie. Wat gaan aan onder die afrikaner volk. Moor uit. Voorbeelde : oscar pistorius, hendri van breda, griekwastad moorde ens. Miskien moet ons eie huis eers in orde gebring word

Cherokee ·

Kom ons wees behoorlik eerlik.
Dianne Slabbert, ek hoop jy lees hier en vra Sakkie om sy stelling te bewys.

Alida ·

Kuier by jou huis met vriende of kyk TV. Baie goedkoper en veiliger.

Anon ·

Ken die mense, eerlik, ek dink nie hy het haar aangerand nie, sy het ma na n anner vroutjie gelyk, wilde katjie. Ma is nie my plek om te se wat gebeur het nie, die forensies sal besluit, hou nie daarvan as mense spekuleer nie

Mensdom ·

Lyk my dit gaan orals meestal so waar drank vloei. Hier waar ek vandaan Kom rand vrouens ook erg hul mans aan. En hul word erg aan gerand deur hul vrou lief maar man lief bly. En Nader hand is mens nie meer seker of hul man nog normaal is met al die houe op kop. En Dan so ruk terug wat n vrou deur n toe toilet deur geskiet is. Aan gesien vir n rower. Wat word van die mens Dom.

Gesiggie ·

Ai tog mense… lag ek nou te lekker vir almal se boodskappe… ”wreed ja… hoe ry n mens oor jou man, hy moes geval het en sy het net gery?? maar ja?? drank het weer gepraat. Ek kuier eerder op my eie by my huis..

Jetmaster ·

Die lewe vandag het geen waarde nie. Ook nie met getrouedes nie, soos afgelei uit die bg artikel. Almal kla oor moorde en die onsin daarvan. Kyk net wat gebeur onder die afrikaner volk. Voorbeelde : hendri van breda, oscar pistorius, griekwastas moorde ens. Miskien moet ons ons eie huis skoon maak eers!

PJC ·

Baie sleg as jy nie jou humeur kan beteuel nie. Nou sal sy seker weer beweer sy was mishandel.

Cherokee ·

En jy sal seker bewys sy praat nie die waarheid nie. Dink voor jy praat. Wat as dit werklik so is? Ek besef dit is Vrydagaand, maar hou kop!

Juffer ·

As jy oud genoeg is om te drink….. Drink dan ook die gevolge….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.