Vrou wat onnie aanrand gaan appelleer

Itumeleng Letsepe. (Foto: ANA)

Die 40-jarige vrou wat erken het dat sy ʼn laerskoolonderwyseres met ʼn sambreel aangerand het “om haar ʼn les te leer” is Maandag in die Mankwe-landdroshof in Mogwase, Noordwes, verlof tot appèl teen haar vonnis toegestaan.

Itumeleng Lizbeth Letsepe is vroeër tot drie jaar tronkstraf gevonnis nadat sy Mpuseng Sepotokele (52), ʼn gr. 3-onderwyseres by Leema Primary School naby Sun City, op 22 Februarie vanjaar aangerand het.

Letsepe het in haar aansoek om verlof tot appèl aangevoer die hof het nie tydens sy vonnisoplegging in ag geneem dat sy ʼn eerste oortreder is, dat sy skuldig gepleit het, dat sy na twee minderjarige kinders moet omsien en dat die hof geen bevel gemaak het oor wat met daardie twee kinders moet gebeur wanneer sy tronk toe gaan nie. Sy het aangevoer ʼn ander hof sal tot ʼn ander beslissing kom.

Die hof het vroeër bevind Letsepe het die aanval op Sepotokele beplan en haar herhaaldelik oor haar kop en hande met ʼn sambreel aangerand toe sy die oggend by die skool opdaag. Sepotokele is in die voorval beseer en het onder meer oop wonde opgedoen.

Letsepe se borgtog van R2 000 is verleng totdat haar appèlaansoek in die hooggeregshof in Mmabatho aangehoor kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Theresa ·

Waarvoor kry sy kans om te appelleer? Liewe aardetjie tog – al die bewyse is daar dat sy dit regtig gedoen het. Waarom mors julle so geld. Sluit haar toe ek kry klaar. Hulle is so arrogant en dink hulle kan wegkom met alles en dan speel die hof nog so in hulle kraal. Watse voorbeeld word vir die kinders gestel. ‘n Hele ronde O

kolla ·

Sy appelleer teen die vonnis van 3 jaar en nie teen die skuldigbevinding nie. Daar’s ‘n verskil.

Nin ·

Theresa ek is self ‘n prokureur en stem nie saam met die vonnis nie. Sy het ‘n fout begaan en dit erken. Die klaer is nie ernstig beseer nie en sy het skuldig gepleit. Meer kommerwekkend is dat sy twee minderjarige kinders het. Daar is ander vonnisse wat meer gepas is.

Sanna ·

Theresa, dink jy dis regverdig dat twee minderjarige kinders van hul ma ontneem word? Duidelik gee sy om vir hulle. Dink bietjie. Dalk is sy ‘n enkelma?

SjN ·

Ons eens gerespekteerde regstelsel is nou ook besig om agteruit te gaan, soos al die ander staat instellings, wie was die persoon op die bank?

Wim ·

Sjn, wat meen jy met “wie was die person op die bank”? Die betrokke landros prober reg en geregtigheid handhaaf

Cherokee ·

SjN, dien jou aanmerking as kritiek teenoor ‘die persoon op die bank’?

SjN ·

Wim en Cherokee, lees weer haar redes om aansoek om verlof tot appel en besluit self.

Johanna Botha ·

As jy iemand aanrand vat Kanada net jou paspoort weg ….daar is byna geen aanrandings nie !

John ·

… hier moet hulle eerder ‘n paspoort en sakgeld as straf gee… en vinnig ook. Onthou die rubberbote raak gou vol en ‘elders beter’ ook.

Ryno ·

As jy geld en n paspoort wil hê, kry dit self. Moenie bakhand staan nie.

honourable member ·

Die kind het seker ook nie veel vriende nie want met so ongeskikte ma sal almal draaie om jou loop. Jy kry maklik n sambreel teen die kop.

Wurmpie ·

Voor sy iemand aanrand moet sy dink wat van haar kinders as sy tronk toe gaan. Nie nou verskonings maak as sy skuldig is nie. Sy moet nou ń les geleer word

Domvraag ·

As sy so braaf was om n ander aan te rand dan moet sy ook haar straf vat. Nou wil sy haar kinders as verskoning voorhou.
Swak regstelsel daarom word ge-appelleer tot dantjie in die kallerhok en belastingbetalers se geld gemors.

kolla ·

Hoe mors sy die belastinggeld? Dis hoe enige beskaafde regstelsel reg oor die wereld werk. Sy betaal in elk geval self vir die appelaansoek nie die staat nie.

sikloon ·

Die “ouer” is baie lywig, ek kan net dink hoe hard het die houe geval het met daardie krag agter die sambreel. siestog sy moet n les geleer word, en verkieslik privaat lesse.

Marius ·

Ek dink dit was n groot sambreel. Sou haar nou nie n “Mary Poppins” maak nie eerder n Heavy Poppins”

lanie ·

So dit is nou nie net kinders nie, maar ook ouers wat onderwysers aanrand en weg kom daarmee. Wonderlik!!

Hennie ·

Jy dink mos aan die gevolge voor jy ‘n daad pleeg! Sy moet 5 jaar tjoekie toe!

De Villiers ·

Onderwysers is die rolmodelle van kinders op skoolvlak. Hulle moet juis ekstra verantwoordelik en volwasse optree omdat hulle so baie tyd met die kinders te doen het. In plaas daarvan dat hierdie onderwyseres ń voorbeeld stel aan die kinders, doen sy die teendeel, en dit nog by die skool teenoor ń ander volwassene. Sy is nie waardig om ń onderwyser te wees nie, en doen verdere afbreek aan die reeds steierende dissiplinestelsel op skoolvlak.

TP ·

@De Villiers, ek verstaan nie jou kommentaar nie. Die oortreeder was ‘n ouer, en die slagoffer ‘n onderwyser.

Anoniem ·

Jy verstaan verkeerd. Lees weer. Dis ‘n ouer wat die juffrou so toegetakel het met die sambreel.

Spook ·

Lag ek lekker… Ek ook al gedink in my hart om onderwysers bymekaar te maak….maar dan dink ek aan my kinders en loop verby

Jan P ·

Ek laai elke more my kleinkind by die skool af. Die ouers wag tot die kinders klas toe gaan voor hulle vertrek. Onnies hou toesig terwyl die kinders speel voor die klok lui. Glo my daar is een of twee onnies wat ek met n glimlag sal aanrand!! Hulle is die onbeskofste en arrogantste onnies wat ek in my lewe gesien het.

Viss ·

Hoe erg kan jy iemand met ‘n sambreel aanrand,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,drie jaar tronkstraf klink bietjie baie erg,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Elna ·

N sambreel is gevaarlik as jy dit gebruik vir n wapen dit het n skerp punt van bo. 3 jaar tronk straf is veels te min vir aanranding. Die vrou het die voorwerp gebruik om n ander persoon aan te rand. Waaruit bestaan n sambreel?

Db ·

@Viss. Sal jou graag ‘n paar houe met ‘n sambreel wil gee sodat jy kan voel.

Maljan ·

Verlof tot appél en dit terwyl sy gewapen met n sambraal skool toe gegaan het met die doel om die onderwyser wat haar dogter tereg gewys het N LES TE GAAN LEER. Leer haar nou n les sonder n sambreel

Kwaad kat ·

ek stem saam met Jan P en De Villiers.Onderwysers is glad nie so onskuldig nie …die goeies uitgesluit.en in baie gevalle is daarnet een of twee vrot appels van sulke onderwysers ,maar hulle laat die onderwysers wat uitmuntend is met hulle werk..na niks laat lyk. een onderwyser het vir my van die skool stoep afgeskree het jy geweet jou kind is ingesmokkel!!!!! hoe de hel ???nadat ek by haar was om vorms in te vul vir toelating???toe haal ek hom uit want my kind het begin huil as hy net haar naam gehoor het. hys in n ander skool en problem is opgelos. hys nou n baie gelukkige grR TJIE

Ja swaer ·

Ek kan heeltemal verstaan hoekom sy die onnie aangerand het. Met die peil v onderwys laer as slang (jy weet wat) in die ‘no fee’ skole, sal enige iemand ‘n onnie wil wakker maak. Vat daai vrou op ‘n road trip om al die useless onnies wakker te maak (nie alle onnie, net die useless ones)

ne ·

As ek na haar foto kyk het sy beslis gewigs voordeel ook nog gehad saam met wapen(sambreel)! He-he-he…

Hanna Hoekom ·

Al wat ek weet is dat daardie onderwyseres haar sterre kan dank dat sy met n sambreel toegetakel is, want as daardie “moeder” op haar gaan sit het, was sy sekerlik dood!

emily ·

Vat hulle vas, Almal wil alles in die land met geweld oplos, Dis ook waar die kinders dit leer.

Sanna ·

Wie sal met ‘n glimlag verduur dat sy of haar kinders se welstand bedreig word? Daar’s ‘n tierwyfie in elke ma, daar gesit vir ‘n rede.

annalie ·

Ek praat dit nie goed wat hierdie “sambreel” vrou gedoen het nie. Ons tronke is reeds so vol, wat gaan van die kinders word……. ja ja , sy moes daaraan gedink het maar met ons regstelsel glo ek nie sy het gedink dat dit so “goed” funksioneer dat sy daadwerklik tronk toe sou gaan nie? Gee haar gemeenskapsdiens waar sy dalk iets kan leer en ‘n verskil kan maak in iemand anders se lewe en die belastingbetaler nie hoef op te dok nie!!!!!

Onnie ·

Liewe ouer wat onderwysers wil pakgee… Jy weet nie. Jy ken nie die waarheid nie. Kom hou vir een enkele dag skool, veral in ‘n staatskool. Kom aanskou jou soet kindjie in aksie in die klas. Miskien sal jy ietsie verstaan van onderwys vandag in SA…

jaco ·

as die ma nou wit was, was die vonnis 1000 maal erger
as die onderwyseres wit was, was daar weer GEEN hofsaak, skuldigbevinding en vonnis nie
En nou kla julle almal, terwyl hierdie saak EINTLIK n aanduiding is dat swart op swart geweld/aanranding tog nog gestraf word.

Christa ·

Waar is die dae day ouers respek vir onderwysers gehad het. Onderwysers Moet Baie ouers se onopgevoede kinders geleerdheid gee maar die kinders Maak NES hulle Wil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.