Vrou wat rower skiet ‘soos misdadiger behandel’

Tina en haar man, Giel Du Toit. Foto: Facebook

Tina en haar man, Giel Du Toit. Foto: Facebook

Tina du Toit, die vrou wat Saterdagaand ʼn vermeende rower op ʼn kleinhoewe buite Buffelspoort in Noordwes doodgeskiet het, moes Vrydag regshulp kry nadat polisie haar glo “soos ʼn misdadiger behandel het”.

Nantes Kelder, hoof van AfriForum se ondersoekeenheid, het Vrydagmiddag aan Maroela Media gesê die organisasie is hoogs ontevrede met die polisie se optrede vroeër die dag. “Tina is nie veronderstel om soos ʼn verdagte hanteer te word wanneer sy die slagoffer is nie. Die polisie het hierdie saak heeltemal verkeerd hanteer en dit het ons genoodsaak om regshulp in te roep,” het hy gesê.

Volgens Kelder het twintig polisiebeamptes Vrydagoggend by die gastehuis opgedaag waar Tina en haar man sedert die aanval bly om haar polisiestasie toe te neem. Daar moes sy glo in ʼn kantoor sit en die polisie het na bewering geweier dat haar man of Kelder met haar praat. “AfriForum het dadelik vir haar regshulp gekry en haar prokureur is na die polisiestasie gebring om die situasie te ontlont,” het hy gesê.

Maroela Media het vroeër berig Tina en haar gesin is die aand deur drie gewapende rowers in hul huis oorval en aangehou. Tina kon daarin slaag om in die kas weg te kruip, maar het een van die rowers doodgeskiet toe hy die kas oopmaak. Die ander rowers het gevlug.

Kelder het gesê die polisie beweer dat hulle Vrydag slegs Tina se verklaring wou afneem en dat dit nooit hul bedoeling was om haar in hegtenis te neem nie. Hy het egter gesê dit is in direkte teenstelling met die reëling waaroor hy en die polisie vroeër ooreengekom het.

“Ek het ná die voorval die hele gesin se traumaberading hanteer en vir die polisie gesê ek sal sommer al hulle verklarings ook afneem, aangesien almal erg getraumatiseerd was ná die voorval. Ek sou dan die getuienis by die polisiestasie indien en as daar enige vrae of onduidelikhede was, kon ons dit dan uitklaar. Die polisie het haar vanoggend soos ’n misdadiger hanteer en van hierdie hele ding ʼn rassekwessie gemaak. Dit is onaanvaarbaar,” het hy gesê.

Kelder het gesê daar is geen aanklagte teen Tina gemaak nie en sy was vry om die polisiestasie te verlaat. Hy het egter beklemtoon dat AfriForum haar sal bystaan gedurende die res van die ondersoek.

Sers. Kealeboga Molale, polisiewoordvoerder, het ontken dat Tina deur polisiebeamptes na die stasie toe geneem is en het gesê sy het in haar eie voertuig soontoe gery. “Die polisie het bloot na haar toe gegaan om haar te vra of sy asseblief stasie toe sal kom om ʼn verklaring af te lê,” het sy gesê.

Volgens Molale is Tina ook nie verhoed om met enigiemand te praat nie en het vrye toegang tot haar prokureur en enige ander persone gehad. “Daar was nooit sprake van ʼn inhegtenisneming nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

JWK ·

Iemand lieg vreeslik!! Ek kan raai wie.

Dankie Nantes van AfriForum

Tammy ·

Fire die skuldiges, geen werkplek het arrogante wesens nodig nie. Hulle gee hul werkplek n slegte naam. Die hele Suid Afrika ken tog die situasie wanneer die misdadiger tweede gekom het. SAPS doen asseblief net julle werk en doen dit soos wat dit van n geregsdienaar verwag word!!!

André ·

die keiser se kaders is met lieg-gom aan mekaar vasgeplak – die een is nes die ander – en so lieg en bedrieg hulle almal Ons – hoe kan Ons verwag as ‘n leier die soort voorbeelde daar stel hoe gaan sy volgelinge en of dan diensknegte optree – die “PROOF” is in die “PUDDING” – wat ‘n SKANDE – sies Ek skaam My vir Ons Leiers en die wat Ons MOET Beskerm.

Landie ·

Ja-nee, iemand praat in sirkels hierso. En ek neem aan dit is nie die arme vrou nie. Dankie AfriForum dat julle ons gewone mense bystaan in sulke situasies waar mens nie altyd seker is of jy die regte ding doen of nie!!!

Treurgrond ·

Mmmmmmmmmmmmmmmmmmmmmm kom ons dink wie moet ons glo? Wat ek nie kan verstaan nie – jy is in jou eie huis – jy word basies aangerand in jou eie huis – jy kruip in ‘n kas weg, jy skiet die persoon want jy protect jouself en jou familie en dan basies word jy aangekla. waar is die regverdigheid. Dit is hoe dit gaan, in vandag se lewe word ons mense basies aangeval en ons moet dit net aanvaar – hoe hoe hoe. ons protect onsself en dan word ons aangekla – daar was vier mans so dis verkeerd om jouself te protect mmmmmmmm me dont understand anymore.

Joe64 ·

Die woord waarna jy na soek is “beskerm”. Die mense wat jou in jou huis kom aanval, en kom haal na die tyd, dit is die mense wat jou kultuur en taal will verwoes. Niemand kyk meer daarna nie behalwe jy, so pas dit op!

Dave ·

Joe, ek wou hom ook antwoord maar het verkieslik nagelaat om dit te doen omdat my antwoord minder diplomaties sou wees as joune.

Boervrou ·

Polisie bak mooi broodjies, praat oor die misdaad en loof jou vir jou optrede en handeling. Dan kom Vrydag, hulle bel jou om asb die verklaring te kom doen, dis net ‘n vinnige proses, jy hoef nie jou regsverteenwoordiger saam te bring nie. Hulle neem ure om jou verklaring af te neem, en wanneer die uiteindelik gedoen is, is daar nie “iemand” om dit na te gaan. Dis dan wanneer die polisie besluit om jou vir jou eie veiligheid 24 uur in aanhouding te hou, hulle het gehoor daar word wraak aanvalle teen jou beplan. Natuurlik die grootste bog. Maak jou uit die voete na so voorval, moet nooit vir die polisie se waar jy jou bevind nie! – stel jou regsverteenwoordiger in kennis waar jy is en laat hy jou bystaan met die verklaring. Moenie eers daaraan dink om by jou familie of vriende te bly nie, hulle snuffel jou uit en stuur gewapende polisie manne om jou “in te bring” (4 voertuie en 20 tot die tande toe gewapende manne het my kom haal) Sterkte aan jou en jou familie.

Chris ·

Die Polisie is een helse groot sirkus met ‘n klomp “ringmasters” en ‘n spul dom “clowns”,daarom werdig ek myself nie eers om dit by die polisie aan te meld nie.Sorteer sommer die saak self uit en laat die oorskot aan die clowns van die SAPS(irkus) oor om op te ruim

Hannelie ·

Ek kan net raai ……. die polisie kort seker nog bietjie opleiding en BAIE skaafwerk !!! En baie daarvan.
20 Polisiebeamptes, hel hulle is of baie baie bang, of hulle het nie werk soos om misdadigers te vang nie. Of hulle het te veel aangestel nou weet hulle nie wat om met hulle te doen deur die dag nie. Ek sal dit nie daar los as ek sy is nie. PJ ek stem saam lyk my hul fokus nou op haar en vergeet van die drie wat die eintlike skuldiges is. Tipies ons nuwe SA.

Chris ·

Ja Hannelie….die klomp hansworse en hul meesters is te bang om die wet en orde in die land af te dwing. Baie van die sogenaamde clowns wat in blou uniforms werk, is deel van die Regime se misdaad sindikate wat wettiglik aan misdaad mag deel neem onder die Regime se korrupte wette. Eierkop przi is die groot kokkedoor van al die misdaad in die land.

Hannelie ·

Ek stem saam jou PJ. 20 Polisiebeamptes op een vrou wat haarself verdedig het? Belaglik verby. Weet hulle nie wat om met hulle te maak nie, of is hulle vrek bang. Ek dink dis die grap van die jaar. Pleks hulle stuur die 20 uit om na die 3 misdadigers, wat eintlik die skuldiges, te gaan soek. Pateties. Dink aan haar.

nico ·

Hulle lieg lekker of hulle is ongeletterd verklarings word kan by hulle wonings afgeneem word dit is net n triek om jou by die polisie stasie te kry om toegesluit te word

CF ·

Hulle mag ons doodskiet, maar as ons dieselfde doen word ons soos kriminele behandel. Die polisie is in elk geval nul werd.

sarie ·

Onnosele Gespuis wat veronderstel is om aan die onskuldige se kant te wees.
mense, wees paraat…

Ronel ·

20 Polisie beamptes om 1 vrou te gaan sê om haar verklaring te kom aflê.. Weet hille nie mens kan bel nie ?Wat dink hulle is ons Stupid?? Klink vir my ook soos rasiste wat leeg le by die polisie stasie pleks hulle doen hulle werk…. Seker daarvan as daar gebel word vir hulp dan daag daar n paar dalk 4 ure later op..

CHRISTA ·

Poppie, moenie jouself flous nie! Ek het Dinsdag in Edenvale by 2 WIT Metro Polisie-manne wat ‘n spoedlokval beman het stilgehou om probleme wat ek ELKE DAG op ons paaie ondervind by hulle te rapporteer. Ek het met ‘n offisier, DD Britz, gepraat maar hy het nie belanggestel om na my te luister. Sy verskoning was: Ek het hom nie gegroet nie!! Hoe belaglik! VANDAG het ‘n vrou my motor AFGESKRYF op die pad wat tussen Greenstone Winkelsentrum, MacDonalds en Stoleridge Winkelsentrum loop!!

Wat dink jy daarvan?

Blom ·

Dink regtig ons polisiemag moet oorgaan om hul range te verdien, en dit nie oor die toonbank koop nie! Ek dink daar het appartheid deurgeslaan!

Tania Steenkamp ·

Hoekom dan nie net vir Tina bel en vra om af te kom polisiestasie toe nie? Dit is duidelik dat die polisiewoordvoerder besig is om te lieg. Hulle moes sekerlik Tina se nr gehad het?

zelda ·

Snaaks dat die polisie na haar toe ry net om te se sy moet stasie toe kom dan ry hulle terug stasie toe en wag vir haar. 1 het hulle nie n telefoon om haar te bel nie ? 2 As hulle dan nou al die pad na haar huis toe ry hoekom nie dan sommer verklaring by huis doen nie. Minder petrol onkostes. Ojaaaa sorry hulle betaal nie vir petrol nie.

jacques ·

Meskien was van die pol net kwaad omdat hulle maatjie doodgeskiet was

Tina du Toit ·

Hi almal. Baie Dankie vir julle verstaan en ondersteuning. Alles watvNantes van Afriforum gese het is waar en dis ‘n leen, ek het nie met my kar gery nie. Hulle het my gemaak klim en het my geweier om met Nantes of iemand te praat. Ek is nou die misdadiger en die skurke die slag offers. Toe kry hul lekkersuprice toe ons prokureur Johannes en sy kollega op daag. Nantes van Afriforum doen so goeie job. Weet nie hoe ek daai man ooit kan bedank nie. Sy woorde aan my. “Tina, Ek is hier vir jou en sal jou nie alleen los nie”. Baie baie dankie Nantes ( Afriforum) en Johannes (Van Velden en Duffy)

Eugene ·

Ai, dis ‘n nare ondervinding. Baie sterkte daarso – jy is ‘n dapper vrou!

Johan Blaauw ·

20 polisielede is nodig om iemand “te vra” om polisiestasie toe te gaan? Spul leuenaars lieg net soos hulle base, van onder tot bo uit by Zuma.

Pieter V ·

Ja daardie polisie het mooi geleer om alles te ontken net soos nommer een se se hoof van die “department van ontkenning”Gwede Mantashe,en as jy die polisie nodig het is hulle nie besikbaar, want twintig het die gevaarlike vrou inhegtenis gaan neem.

jaycee ·

Dis baie duidelik dat die polisie onbekwaam is en nie skroom om rassisties op te tree nie. Maar die wiel sal draai. Golda Meir, destydse “ystervrou”- premier van Israel het eenkeer gese: We Jews have a secret weapon in our struggle with the Arabs; we have no place to go. Om dit op SA van toepassing te maak kan mens se: Die blankes in SA wat noodgedwonge nie kan emigreer nie, het ‘n geheime wapen teen die swart nasionaliste; ons het nerens om heen te gaan nie.

Jax van Niekerk ·

20! Waarvoor? Een wat werk terwyl die ander vir yhom/haar handeklap. As sy doodgemaak was sou jy nie eens een kon kry om n ordentlike taak kon verrig om haar dood te ondersoek nie. Sy het nie eens 4 skote deur n toe deur afgevuur nie.

Jax ·

As jy dink dat PRASA se knaap op 15 sy doktorsgraad verkry het, het die 20 seker op 5jarige ouderdom matriek geslaag en is aangestel as polisie beamptes. Dankie Vader jy kon betyds regshulp kry. Voorsped Tina

Bruno Stef ·

Dit is n duidelike posisie van magsvertoon en intimendasie omdat die opdrag van die stasie bevelvoerder gekom het.Le n klag van traumatisering teen die bevelvoerder van die stasie omdat dit die onbeholpenheid en oordeel van die laasgenoemde duidelik weerspieel.Hy bevestig met sy optrede net sy partydigheid.

Johannes Meintjes ·

Ai, ons bly maar naief. Die agenda om landsburgers te intimideer oor die besit en gebruik van vuurwapens is tog al in die geskiedenis van SA en in ander lande waar volksmoord of oorheersing ongehinderd wil plaasvind, baie duidelik gedemonstreer , ontleed en voorspel. Die burgerlike beskermingsstrategie van die man in die straat en “volksleiers” asook burgerlike organisasies sal baie beter gekoordineer moet word om ons mense in alle opsigte beter te beskerm.

Ina Theron ·

Soos almal sê lê die probleem by ons president en sy trawante. As hulle net hul werk doen waarvoor hulle betaal word, sal baie van ons probleme uitgesorteer word. Maar die hele spul is power!

Tina du Toit ·

Ek het die hele waarheid vir Maroela Media gemail. Ek hoop hulle post dit, sodat julle kan sien hoe hul mense behandel het. Van die gastehuis af tot by polisie kantoor waar ek met niemand mag kontak gemaak het nie. As hulle nie so lank gevat het om by die aanval op te gedaag het nie, sou hulle my verklaring gekry het. En ek het nog paar uur daar rond gestaan, niemand het plan gemaak om my statement te vat nie. Nou wil hulle my soos ‘n skurk laat lyk. Tipies.

Tina Du Toit ·

Hulle het my getakel met vrae. As ek toilet toe sou gaan, is ‘n vrou saam my gestuur, asof ek nou gaan weg hardloop. Hulle het verhoed dat my man met my praat en vir hom gese hulle sal hom arresteer. ‘N blanke polisie man het my in trane gesien en gese ek moet by my familie gaan staan, drie nie blanks polisie manne het hom toe gesnou en hom gese ek mag nerens gaan nie en hy het nie reg om my toestemming te gee nie. My meisiekind van 16 is alleen by die gastehuis gelos nadat hulle my kom kry het. Sy was in toestand. Ek is van my veilige zone verwyder en hulle het geweier om Engels te praat nadat ek hulle in voertuie gevra het en is geteister deur die nie blanke polisie manne by polisie stasie . Dis ‘n helse nagmerrie. Dankie tog vir Nantes Kelder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.