Vrou wat sportklub uit miljoene swendel, terug agter tralies

(Foto: SA Police Service/Twitter)

ʼn 62-jarige vrou van Emalahleni (Witbank) is terug agter tralies nadat sy haar borgtogvoorwaardes, hangende die uitslag van ʼn appèlaansoek teen haar skuldigbevinding aan bedrog, verbreek het.

Lida Potgieter was tussen Januarie 2004 en Julie 2009 ʼn bestuurder van die Emalahleni-plaaslike munisipaliteit se interne sportklub. Werkers by die plaaslike owerheid het ledegeld aan die klub betaal, wat van hulle salarisse afgetrek is, het kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, gesê.

Toe bydraes ʼn beduidende bedrag bereik het, het Potgieter ʼn interne uitleenskema aan die gang gesit, wat werkers aangespoor het om nóg geld te belê met die hoop dat hulle rente daarop kan verdien.

Die skema het ineengestort toe Potgieter net meer as R4 miljoen van dié geld in haar persoonlike bankrekening inbetaal het. Die Valke (die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke) het die ondersoek in 2015 oorgeneem nadat ʼn klagte aanhangig gemaak is, het Sekgotodi gesê.

Potgieter is in hegtenis geneem en het tereg gestaan op 737 aanklagte van bedrog. Sy is in Februarie 2015 skuldig bevind en ses jaar tronkstraf opgelê.

“Sy het teen die skuldigbevinding geappelleer en is op borgtog van R10 000 vrygelaat,” het Sekgotodi gesê.

ʼn Lasbrief vir haar inhegtenisneming is uitgereik en sy is Vrydag aangekeer. Die saak teen haar word volgende Vrydag hervat, wanneer sy na verwagting weer om borgtog gaan aansoek doen.

Verdere besonderhede oor die borgtogvoorwaardes wat Potgieter glo verbreek het, is nie in dié stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Dan ·

Ironies dat ‘n blanke vrou so ‘vining uitgevang’ is en in hegtenis geneem is met soveel klagtes en hofsake ens wat voor haar uitgestrek lê.. Teenoor die talle ander wat bedrog en korrupsie daagliks beoefen geen storie haal nie.. wat nog te sê hofsakem aanklagtes, ens. Hulle loop vry rond!?
Sy moet maar sit, nog ‘n swendelaar uit ons strate en weg van ‘ons’ geld.

Snuffels ·

R4m en dan n straf van 6 jaar, sit vir 2 of 3 jaar en word vrygelaat. Lyk of hulle die boodskap gee Dat misdaat wel betaal. Skokkend

Iemand ·

Jy vergeet van die deel waar sy nie weer so maklik ‘n werk gaan he as sy uit die tronk uitkom nie…

emily ·

Skandelik, Vergeet van borg gee. Sluit toe en gooi sleutel weg. Maar nou ja dis hoekom mense nerens wil geld ens. bele nie. Wie weet waar gaan jou geld heen.
Sies man.

Pieter ·

Daai ding doen jy net as jy n minister in die anc is want dan weet jy jy gaan niks oor kom nie

Magda ·

Toemaar dit is orals – so naby dat dit jou siek maak. Skok van my lewe vandag gekry maar ja – what goes around comes around

Pieter ·

Daai ding doen jy net as jy n minister in die anc is want dan weet jy jy gaan niks oor kom nie

marous ·

Sy is uit op borg hangende appel . Daar kan nie parool voorwaardes wees nie . Die lasbrief kan uitgereik wees omrede die appel nie geslaag het nie .

Zorro ·

Borgtogvoorwaardes (eerste sin) of Paroolvoorwaardes (laaste sin)? As ek nou reg het het sy nog nie haar straf uitgedien nie en is sy uit op borg.

Mariné Lourens ·

Dagsê Zorro

Dankie vir die kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Melissa ·

Dinge wat in die donker gedoen word SAL aan die lig gestel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.