Vrou wat Trollip belaster toe nié Donderdag gevonnis

Nontuthuzelo Jack. Foto: ANA

Nonthuthuzelo Jack (47) wat skuldig bevind is aan laster en crimen injuria nadat sy Athol Trollip, Nelson Mandelabaai se voormalige burgemeester, daarvan beskuldig het dat hy haar wou omkoop, se vonnisverrigtinge is vandag in die Port Elizabeth landdroshof uitgestel.

Jack (47), van die Tshwete‑nedersetting, is verlede week skuldig bevind nadat sy beweer het Trollip het haar omkoopgeld aangebied om feite in te win oor die voormalige DA- provinsiale voorsitter Veliswa Mvenya waarmee dié swartgesmeer kon word.

Haar aantygings is in ʼn plaaslike koerant gepubliseer in die aanloop tot 2016 se munisipale verkiesing.

Landdros Pumla Sibiya het die bewyse voor die hof dat Trollip in Port Alfred was teen die tyd wat hy na bewering vir Jack wou omkoop as die waarheid aanvaar. Die hof het verder gelas dat aantygings dat Trollip ʼn vriend se ligte vliegtuig gebruik het om na Port Elizabeth te vlieg ongegrond was en nie meriete gehad het nie.

Simphiwe Jacobs, ʼn nuwe prokureur wat Jack verteenwoordig het namens iemand anders, het gesê direkte tronkstraf was nie ʼn opsie vir Jack nie. Jacobs het gesê hulle sal die hof se besluit aanvaar maar doen ʼn beroep op die hof om nie direkte tronkstraf op te lê nie.

Jack het glo net graad 10, is werkloos en ontvang ʼn maatskaplike toelaag vir haar vier jong kinders. Sy het glo ook ʼn vorige oortreding van aanranding met die doel om ernstig te beseer waarvoor sy in 1996 ʼn opgeskorte vonnis ontvang het.

Die saak is tot 15 November uitgestel nadat die hof verslae van ʼn korrektiewe beampte en ʼn maatskaplike werker versoek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hendrik van George ·

Net graad 10? Sy is dus een van die meer geleerdes in die samelewing. Watse verweer is dit?

Estelle ·

Vra ek ook. Watse verweer is dit?
My pa het net Std 8, hy moes gaan werk om sy familie te help onderhou. Lang ure ingesit, sy hande deurgewerk, dikwels teen slawe loon. Baie gewerk, probeer spaar waar hy kon, en uiteindelik 2 dogters deur universiteit gesit, sonder beurse en lenings Hy is diep in die 70 nou en werk steeds elke dag 8ure plus by sy eie klein besigheidjie. Ipv ñ graad het hy ñ ruggraat gehad en ñ sukses onder moeilike omstandighede gemaak van homself.

Henk ·

Estelle, wat ń pragtige getuigskrif vir jou pa en net so pragtige voorbeeld vir die jongmense van vandag.

Sê groete vir die oom.

Daan Erasmus ·

Nou weet ons sy is ‘n krimineel. En aanranding met die doel om ernstig te beseer. En dat sy nie skroom om te lieg nie.
Ek hoop die ou skroef haar siviel op.

PJC ·

As ń mens bevoeg is om te lieg is jy seker bevoeg om tronk toe te gaan ook.

Kryger ·

Ek wonder of die “nuwe prokureur wat Jack verteenwoordig namens IEMAND ANDERS” ook IEMANS ANDERS nou beskerm deur seker te maak me. Jack praat nie.

Snowball ·

Lieg is in sekere kulture aanvaarbaar, totdat jy uitgevang word. Dan soek jy verskoning sodat jy nie verantwoordelik gehou kan word nie. Jy het net graad 10 is jou ‘n versagtende faktor, maar ‘n kind van 10 weet al die verskil tussen lieg en die waarheid. Hierdie is die tipe mense waarmee ons die samelewing moet deel, ons waarde sisteme is so verskillend, ons kon net sowel van verskillende planete af gekom het.

Waarheid ·

Hoekom will die hof nie uitvind hoekom sy gelieg het nie. Miskien te bang vir die waarheid. Wie betaal die prokureur? Sy het net std 10 en werkloos met 4 kinders sal enige iets sê vir extra geld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.