Vrou wat Trollip glo beswadder terug in hof

Athol Trollip, die burgemeester van die Nelson Mandelbaai-metro. Foto: Facebook

ʼn Voormalige DA-aktivis wat Athol Trollip, die burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro, daarvan beskuldig het dat hy omkoopgeld aan haar gebied het, het Woensdag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.

Nontuthuzelo Jack (47) word daarvan beskuldig dat sy Trollip beswadder het nadat sy beweer het die burgemeester het haar omkoopgeld aangebied om iets te vind om Veliswa Mvenya, voormalige DA- provinsiale voorsitter, “swart te smeer”.

Haar bewerings is in ʼn plaaslike koerant gepubliseer in aanloop tot die munisipale verkiesing van 2016. Volgens hofdokumente het Jack ook ʼn beëdigde verklaring afgelê wat valse bewerings bevat en het sy dit aan James Selfe, die voorsitter van die DA se federale uitvoerende komitee, gestuur.

Sy staan tereg op ʼn aanklag van crimen injuria. Jack het verlede jaar in Augustus in die middel van hofverrigtinge haar regsverteenwoordiger afgedank. Die daaropvolgende maand het haar nuwe regsverteenwoordiger onttrek en aangevoer Jack wil nie haar samewerking aan hom gee nie.

Die ondersoek na die saak is afgehandel en die verhoor was gereed om te begin, maar hofverrigtinge kon nie voortgaan voordat Jack haar regspan gefinaliseer het nie.

Jack het uiteindelik Woensdag ʼn nuwe regsverteenwoordiger aangestel. Die saak is uitgestel sodat haar nuwe prokureur ʼn advokaat kan aanstel en ʼn afskrif van die dossier kan bekom. Die saak sal Vrydag hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hans ·

Sloer taktiek. Geleer by die beste haar comrade. Ek reken dit is net skuldige mense wat nie hul samewerking vir die prokerower wil gee nie.

Johan. H. ·

Maak n baie groot voorbeeld van jack,, sodat hulle almal kan besef jy kan nie sommer iets se en dink jy kan wegkom daarmee nie,, Dis al hoe hulle leer,, as hulle fisies self moet betaal,,

zoom zoom ·

Cherokee
jy slaan die spyker op sy kop oor dit wat Hans sê.

jaco ·

Dit verbaas my steeds dat ‘n party wat ten gunste van regstellende aksie is, ‘n wit man as burgemeester van Nelson Mandelabaai aangestel het.

Wim Kotze ·

Jaco, hy is goed gekwalifiseerd vir ‘n hoe pos in die DA. Hy het ‘n bewese rekord as ‘n boere-‘basher’.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.