Vrou wat tussen mure vassit bejaard, blind

Die vrou was heelnag tussen die twee mure vasgekeer (Foto: Verskaf)

Die vrou wat Donderdagaand tussen twee mure vasgekeer geraak het, is blind en het glo gevlug ná ʼn rusie met haar kinders.

Maroela Media het vroeër berig ER24-paramedici en die Midvaal-brandweerdiens het Vrydag net voor 08:00 gereageer op ʼn noodoproep van ʼn vrou van Meyerton, Gauteng, wat tussen ʼn grensmuur en die muur van haar bure se huis vasgesit het.

Dit het intussen aan die lig gekom dat dié vrou, bekend as Mimi, Donderdag omtrent 18:00 tussen die twee mure beland het ná ʼn rusie met haar kinders. Sy het die hele nag tussen die twee mure vasgesit. Sy het later aan lede van die brandweer verduidelik dat sy en haar kinders die Donderdagmiddag ʼn rusie gehad het. Sy wou ná die rusie na haar bure vlug. Sy het oor hul muur geklim en tussen die twee mure vasgekeer geraak.

Midvaal-brandweerdiens het die vrou Vrydagoggend te hulp gesnel [Foto: Verskaf]

“Sy kon nie haar weg daaruit vind nie omdat sy blind is,” het Kagiso Korae, woordvoerder van die Midvaal-munisipaliteit, aan Maroela Media gesê.

Volgens Mimi se buurman het sy honde Vrydag vroegoggend aanhoudend geblaf en hy het uit die huis gegaan om te kyk waaroor die bohaai gaan. Dit is toe dat hy vir Mimi tussen die twee mure gewaar het.

“Die buurman het ons in kennis gestel dat Mimi bejaard en blind is,” het Korae gesê. Dit is nie bekend presies hoe oud Mimi is nie.

“Lede van die Midvaal-brandweer het oor die grensmuur geklim om Mimi te bevry. Sy was by haar volle bewussyn.”

Nadat Mimi bevry is, het paramedici haar op die toneel vir hipotermie behandel voordat sy per ambulans na die Kopanong-hospitaal in Vereeniging geneem is vir verdere mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Misky ·

Ek voel vreeslik sleg na ek die berig gelees het en moet erken dat ek snaakse gedagtes gekry het by oorspronklike berig. In vandag se tye, verwag mens altyd die slegtste/ergste. Shame, haar kinders het haar seker nie eens gaan soek nie. Sterkte tannie Mimi

Sandra ·

Toemaar, ek het ook hond se gedagtes gekry. Hulle het nie in die eerste berig gepraat van dat die vrou blind en oud is nie. Shame, ek is bly sy is nou ok.

Martie ·

Siestog hoekom het die kinders nie na haar gaan soek nie, shame

JohanR ·

My gooiste dit is al klaar moelik om net op straat te wees, maar om blind en op straat te wees ruk ‘n mens se hart! Maar wat is die antwoord?

SjN ·

Hardekwas, ja is seker so nou dat die waarheid gepubliseer is, hoekom nie eers feite kry voor berig word nie en het buurman nie die wetlike afstand gevolg toe daar gebou is nie?

Jeffrey ·

Ai nee! Die arme arme mens! Klink asof haar kinders haar baie sleg behandel as hul haar nie eens gemis het nie, en dan nog n baklyery ook met haar. Sy moet n vreeslike vrees vir haar kinders hê as sy oor n muur moes vlug!!Mense wat ou mense, kinders en diere mishandel is monsters.

Danie ·

Ek kan verstaan hoekom die buurman so n massiewe muur opgerig het.
Daai is seker nie die eerste huismoles nie.

Elmarie ·

Dit is ‘n absolute skande dat haar kinders haar nie eers gaan soek het nie. Wat word van ons sameleweing?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.