Vrou wéér beroof: ‘Daar is net te veel haat in hierdie land’

Riana Somsen. Foto: Verskaf

Riana Somsen. Foto: Verskaf

Riana Somsen, die vrou wat in Junie saam met haar gesin en ongeveer 30 vriende deur gewapende rowers in hul huis in Johannesburg aangehou is, was Dinsdag wéér die slagoffer van ʼn gewapende rooftog.

Maroela Media het vroeër berig die Somsen-gesin en hul vriende is op ʼn Saterdagaand in hul huis in Linden aangehou toe drie gewapende rowers met klapmusse en 9mm-vuurwapens by die hek ingeglip terwyl die hek besig was om toe te gaan nadat gaste ingekom het. Die rowers het die mense in die huis laat platlê terwyl hulle selfone, horlosies en skootrekenaars bymekaargemaak het. Hulle het uiteindelik met hul buit op die vlug geslaan.

Hans, Riana se man, het destyds aan Maroela Media gesê die gesin is in die proses om na Nederland te emigreer omdat hulle vrees vir hul veiligheid. Hans is intussen reeds Nederland toe, maar Riana en hul drie kinders is nog in Suid-Afrika.

Ironies genoeg moes Riana, ʼn landskapargitek, Dinsdag weereens in die loop van ʼn geweer vaskyk, toe sy by ʼn kliënt se huis in Bryanston beroof is. “Ek het omstreeks 09:30 buite die huis gestaan en met die eienaar van die huis gepraat terwyl sy in haar motor gesit het. Drie van my werkers was besig om gereedskap op die waentjie te laai. Die volgende oomblik het ʼn bakkie langs ons gestop en drie mans het uitgeklim,” vertel sy.

“Ek het eers gedink hulle stop om aanwysings te vra, maar toe sien ek die 9mm-vuurwapen in elkeen se hand. Ek het dadelik my hande in die lug gehou en in Engels gesê, ‘Vat wat jy wil. Moet asseblief nie skiet nie.’” Die rowers het Riana se trouring en armband gevat en haar kliënt gedwing om uit haar motor te klim. Hulle het met die motor en hul bakkie gevlug.

“Dit was so vinnig verby, ek sal hulle nie eens herken as ek hulle weer sien nie. Toe hy daardie vuurwapen oorhaal en na my stap, het daar net so kalmte oor my gekom. Ek het geweet as ek hardloop, sal hy my in die rug skiet. Wat kan jy doen? Jy staan net daar en jy bid dat jy hierdie rooftog ook oorleef.”

Sy het gesê sy is nie kwaad of bang na die rooftog nie, maar wel moedeloos oor die misdaad in die land. “Wat help dit jy is kwaad? Vir wie is jy in elk geval kwaad? Ons hele stelsel het misluk. Al wat jy kan doen, is om dankbaar te wees dat jy leef, dankbaar te wees dat jy nie aangerand of geskiet is nie en aangaan met jou lewe,” het sy gesê.

“Ons is baie hartseer om hierdie land te verlaat. Alles is hier, ons vriende, familie, alles wat ons ken. Maar wat kan jy doen? Daar is net te veel haat in hierdie land. Ek het nou maar vrede gemaak.”

Maroela Media wag vir kommentaar van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Strussbob ·

En hier hoor ons n Burger in Afrikaans haar hart oor ons geweld geteisterde landjie wat in sy m#@r is. Dis net ons Afrikaners wat hoor. Die res van die wêreld verstaan nie eers ons taal nie- wat help dit om ons storie te deel ?

Frank ·

Dis waar dat die hele stelsel misluk het… maar ek is bevrees oor minder as 10 jaar is Nederland ook daar as jy die hoë vlakke van asiel soeker immigrante in gedagte hou… Ek self wonder of die wes-Kaap dalk kan tyd koop…maar Gauteng is uit.

Kurt ·

Frank, Kaapstad het meer “crime” as Pretoria en JHB saam…dis SA se “crime capitol”

Jannes ·

Kurt, jy weet nie waarvan jy praat nie. As jy hier in die Weskaap bly, bly jy seker in Manenberg op die vlakte as jy reken die ‘crime” is so hoog.

lang jan ·

ja nee broer,jou hele storie van crime capitol is verkeerd.hukom dink jy soek die anc die WK?en hier skiet ons terug..mar ek self sal eerder in congo bly.dis flippen veiliger as SA.tanzania,kanada.enige blerrie plek.net nie SA!!!!

Edward ·

Dis eintlik so hartseer, ek bly en werk nou al lank oorsee. Ek mis ons land en ons mense, dinge soos die laat meer angs los in my lewe. Dinge soos die gee spanning oor my familie op ons plaas, elke dag wonder mens is almal ok. Sal ek terug kom SA toe? Beslis dis my huis en ek is ń kaalvoet kind van Africa.

jacques ·

Moenie Europa toe imigreer groot vout,daar wag groter probleme vir daai mense daar as hier.
ASB dink weer n keer.

ค๓คภ๔ค ·

Is waar Jacques. Die crime is elk geval wêreldwyd erg, nie net hier nie. Die haat is wêreldwyd. Jesus het gesê dat in die laaste dae die sonde so sal toeneem dat baie se liefde sal afkoel. Mens kan nie weghardloop van dit nie, mens moet net sorg dat mens reg is met God en Jesus ons Verlosser is.

Sue ·

My pa is vermoor, ek myself was al 2 keer by my werk waar gewapende misdadigers ons beroof het. Ek het met ñ vuurwapen teen my kop gestaan terwyl ek die kluis moes oop sluit. Maar ek verkies om in SA te bly en my stem dik te maak teen die misdaad. Ek weier absoluut om bang te wees, ek weier om my kop weg te draai vir misdaad. Hierdie land is my land net soveel soos ander sin en daar geen manier dat misdaad my die land gaan ontneem nie! Stil bly is verby, my tyd het gekom om nie meer terug te staan nie.

Hendrik ·

Sue, jy is ‘n girl so na my hart!!! Ek stem, dis tyd om op te staan en teen te staan en te sê, genoeg is genoeg!!!

Hendrik ·

Sue, jy is ‘n girl so na my hart!!! Ek stem, dis tyd om op te staan en teen te staan en te sê, genoeg is genoeg!!!

Jaco ·

Riana jy is 100% reg oor daardie haat waarvan jy praat. Ons word absoluut gehaat!

Winston ·

Die witman WERK vir n beter toekoms die res EIS n beter toekoms. Dis waarom ons gehaat word met intesiteit. Oral moet almal wat werk 24/7 net alles dophou en veiligheidswag speel. Die regering moet die volle blaam dra vir die toestand in SA. Dis is waarom n buitelander onlangs op n werf iewers gesê het dat die boere van SA en Zimbabwe omhels moet word as immigrante by hulle en nie die wat tans hulle land binnestroom met bak hande nie.

aubrey ernest ·

Winston net as ek dink daar is hoop vir die land dan raak iemand soos jy sulke snert kwyt

Mike de Beer ·

Dit wil voorkom of slagoffers se regte misken word terwyl die misdadigers vrykom van hoogste vlak tot laaste vlak. As die eerste burger van die land korrupsie pleeg en skuldig bevind word en nie hoef te boet vir sy wandade nie, en as sy “cronies” kan steel, korrup optree, lieg oor hulle kwalifikasies en so voorts dan kan die misdadiger wat moor en roof seker ook verwag dat hy sal vry kom soos sy landsleiers en ander prominentes? Die stelsel faal eenvoudig die onskuldige.

Jaycee ·

Ongelukkig praat sy die waarheid wanneer sy se ons moet net dankbaar wees dat ons leef. Ja, dit is die vlak waartoe die ANC-boewe hierdie land in die afgrond in “bestuur” het. Dit bly deesdae die enigste maatstaf waaraan elke gewone landsburger die samelewing kan meet.

SNEL ·

Genoeg is genoeg en dis my land en dis my volk en en en, tot jou man, ma of pa wreed vermoor word vir geen rede, vrou of kinders verkrag word. Wat help daai stem dikmaak en jou sê sê, as niks daarvan kom nie. Almal praat en niks gebeur nie, die land is op die afdraendepad en sonder n oorlog sal niks verander nie, so vlug land uit en kry jou gesin veilig terwyl hulle almal nog lewe en nie letsels van misdaad het nie. Om te vlug is nie jou rug op die Here draai nie, ons het gesonde verstand gekry om te sien wat reg en verkeerd is en om besluite te maak. Josef en Maria het uit Bethlehem gevlug met baba Jesus..nie gebly en wag vir beskerming nie, daar is niks verkeerd om te sien die skrif is teen die muur en jou gesin te vat en te vlug nie. Doen dit as jy kan.

sarievanheerden ·

Mense met ‘n minderwaardigheid sal altyd sy meerdere haat as hy nie tot daai vlak kan styg nie. Dis ‘n realiteit.

Sandra de Wet-van den Berg ·

Skrikbewind wat die mense voer. En hulle kom daarmee weg. In een maand is vriendin , haar kinders en kleinkinders deur 3 gewapende rowers beroof, selfone, handsakke, juweliersware. Net voor skool. Toe daarna my sus en skoonsus, na ‘n uitstappie, toe hulle in oprit stilhou. Dieselfde storie. En dan sê mens jy is dankbaar jy lewe, maar wat se lewe? As jy gedurig in spanning verkeer? En jou vryheid ingeperk word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.