Vrou weer in hof oor babalykie op ashoop

Chirelda Lombard en haar regsverteenwoordiger, Willie Bouwer, buite die hof. Foto: Isaac Cloete

Die regsverteenwoordiger van ʼn vrou van Hondeklipbaai in die Namakwa-distrik van die Noord-Kaap wat aangekla word van die moord op haar pasgebore baba meen daar “sal niks van die saak kom nie”.

Chirelda Lombard (32) het Donderdag weer in die hof op Garies verskyn op aanklag van moord. Lombard, geklee in ʼn pienk T-hemp en jeans, het gespanne gelyk tydens haar vlugtige verskyning in die beskuldigdebank. Willie Bouwer, Lombard se prokureur, was saam met haar by die hof.

Adv. Lohanda Ngwevela, die staatsaanklaer, het aan landdros Joshua Klasse gesê dat Bouwer namens sy kliënt vertoë aan die direkteur van openbare vervolging (DOV) gerig het. Op ʼn vraag van Klasse het die staatsaanklaer genoem dat hulle binne twee weke terugvoering verwag van die DOV.

Volgens Ngwevela weet die staat nie wat die vertoë behels nie omdat dit nog by die DOV is. ʼn Ingeligte bron glo egter dat Bouwer waarskynlik versoek het dat die moordklag gewysig moet word en dat sy vrygespreek word.

Die staat beweer Lombard het in September verlede jaar haar pasgebore baba op ʼn vullisterrein in Hondeklipbaai gegooi. Twee plaaslike inwoners wat na vuurmaakhout gesoek het, het toevallig op die liggaam van die rooikop babadogtertjie (later genoem Gabrielle) afgekom.

Die graf van baba Gabrielle op Hondeklipbaai. Foto: Isaac Cloete

Lombard het aanvanklik ontken dat sy swanger was en dat sy die baba op die vullisterrein gegooi het. Sy is egter later in hegtenis geneem nadat DNS-toetse afgehandel is. Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het destyds gesê ʼn lykskouing sal aandui of die baba nog geleef het toe sy op die vullisterrein gegooi is.

Bouwer het egter verlede week buite die hof gesê hy dink nie daar sal enigiets van die saak kom nie. Volgens hom was sy kliënt alleen tydens die “bevalling” en het die baba seergekry en was sy reeds dood tydens die geboorte. Hy het bygevoeg dat van die publiek en media onnodig “geweldige druk op sy kliënt, wat alreeds so baie moes deurmaak, plaas”.

Carisa Soudens, een van Lombard se getroue vriendinne op Hondeklipbaai, stem saam dat Lombard onregverdig veroordeel word. Sy beweer Lombard is geweldig getraumatiseer en moes berading ontvang.

Niemand was Donderdag by die hof om Lombard te ondersteun nie. Ná haar vlugtige verskyning het sy en haar prokureur probeer om so gou as moontlik by ʼn wagtende voertuig uit te kom.

Lombard moet weer op 25 Maart in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Maritza ·

Wat?? Al was die baba dalk dood met geboort of agv die geboorte maak dit steeds nie dit reg om daai baba op ‘n vullishoop te gooi nie. Nee wat sy verdien wat na haar kant toe kom, watter tipe ma doen so iets.

Santjie ·

Ek is seker ‘n hospitaal sou nader as die vullishoop gewees het. Daai baba het nog steeds die reg op “dignity”. Nee, dametjie, jy het aangejaag en moet maar jou “pakslae” kry.

Sê maar net 1 ·

Sy is regverdig veroordeel en dit kom haar toe liewe vriendin van die beskuldigde. Die artikel en die een waar die gesin hul werker so liederlik te nagekom het maak my wonder asof daar nog hoop is.

Ontsteld ·

Wat se Moeder gooi haar kind op ‘n ashoop? Mense verbaas my net meer en meer elke dag.

Alma ·

Jy gooi nie net jou baba weg nie, al is sy dood. Jy behandel daai klein lyfie steeds met liefde en respek. En hoekom is die sterfte datum opdie graffie 4 dae later eers? Klink of sy in die eerste plek nie die baba wou gehad het nie.

Alma ·

Jy gooi nie net jou baba weg nie, al is sy dood. Jy behandel daai klein lyfie steeds met liefde en respek. En hoekom is die sterfte datum opdie graffie 4 dae later eers? Klink of sy in die eerste plek nie die baba wou gehad het nie.

linda ·

die baba her seer gekry> hoe op aarde kry ‘n baba seer…………….. as jy haar nie seer maak?
en al het sy gestrem blind of dood gelyk kan jy nie self bepaal wat is fout, ‘n dokter moet steeds die doodsertifikaat afteken???
jy’s verantwoordelik vir jou eie Trauma vrou wat het jy gedink?
ou klein rooikop meisie, al lees jy nie die weet hierdie mamma hart jy rus en speel lekker by Jesus

Theresa ·

Ek glo nie wat ek lees nie. Dis vreeslik. Hoe kan sy, haar prokureur en vriende/familie so non-chalant oor die saak wees. Regtig??!! Gee haar vir my asseblief – ek sal goeie berading vir haar gee!!!

Theresa ·

Ek glo nie wat ek lees nie. Dis vreeslik. Hoe kan sy, haar prokureur en vriende/familie so non-chalant oor die saak wees. Regtig??!! Gee haar vir my asseblief – ek sal goeie berading vir haar gee!!! (Nou sal my kommentaar seker weer nie geplaas word nie)

Sonskyn ·

@Helene: Ek stem volkome saam met jou! Ek is self ‘n grapgat van formaat, maar daar is niks snaaks aan hierdie kommentaar nie!

Babatjies verdien beter ·

Hierdie is hartseer. Mense is wreed. Rus in Vrede klein dogtertjie.

SANET ·

Dis verskriklik tragies ? die arme baba… die arme mamma…en WÁÁR is pappa, heen dan nou,om haar te ondersteun? Onder WATTER omstandighede het sy swanger geraak…wie sal DIT nou ooit weet? Was daar dwelms of drank of verkragting by betrokke of nie?
Maar ongeag watookal…dis tragies via versa…en DIT HET ABSOLUUT NIKS met óns te doene,hoegenaamd nie…
Laat die reg+geregtigheid sy loop,loop ?

Skerpioen ·

GEEN rede of enige omstandighede regverdig wat die vrou gedoen het nie. Selfs al was die baba dood gebore…. MENS GOOI NIE JOU DOOIE BABA OP DIE VULLISHOOP NIE. Daar is reels daar is wette. Daai baba is onskuldig in hierdie verhaal… en kyk net. Maar n nadoodse ondersoek kan bepaal is die baba doodgebore of was daar suurstof in haar longe….

Skerpioen ·

So dan volgens jou kommentaar hoef niemand verantwoordelikheid vir sy/haar verveerde dade nie… net omdat almal sondig is.

Andie ·

Ek sal nie ‘n klip gooi nie, maar daar is geen verskoning vir wat sy gedoen het nie.

SNERT ·

Ek moes nou twee keer lees. Dit maak nie saak of die babatjie nog lewendig of dood was nie. Ek hoop regtig dat sy nog lank druk gaan kry van die publiek. Dat ‘n geleerde mens soos Bouwer so rustig oor die saak kan wees. Lombard moet op geen wyse jammer gekry word nie. Sy het nie’n hart nie. Carisa, jou vriendin verdien geen simpatie nie. Sy het nie soos ‘n moeder opgetree wat ‘n kind verloor het nie. Sy verdien om tronk toe te gaan en nie om berading te kry nie.

Abel ·

Gemors!!! Die ergste van alles is dat sy, die prokureur en die vriendin dink dat dit nie so erg is nie!! Dit is/was ñ klein onskuldige en weerlose baba, wat eintlik so afhanklik van haar mamma was………
Siek, siek mense!

Vir 4 dae geleef? ·

Het die baba vir 4 dae op die ashoop geleef sonder kos, water of liefde? Of is die geboorte en sterfte datums op die kruis verkeerd?

JSO ·

Die babalyfie is vier dae nadat die ma haar daar gegooi is gevind. Sy het nie vir 4 dae gelewe nie!

Lizelda ·

O… ok, Mnr die Regsverteenwoordiger so as die baba voor geboorte dood is, is dit ok om die baba soos vullis op die vullishoop te gooi? Wow!

Daleen Becker ·

Maak nie saak wat omstandighede is nie…die baba is dalk dood..maar wragtig mense hoe sleg moet jy wees om jou kindtjie wat jy gedra het op n ashoop tegaan gooi..jy kon darm haar tot ruste gele het..jy verdien nie om n ma genoem teword nie.hartelose monster hoeveel mense smag na n babatjie..nie eers n hond gooi haar kleintjies weg nie.hoop jy word toe gesluit en sleutel weg gegooi.jy het nie n hart nie.rus in vrede klein mensie.jy is beter af waar jy nou by Jesus se voete rus..as by so n monster van n ma.

Ontsteld ·

Ek weet eenvoudig nie watse tiepe mens doen so iets nie!! Gooi jou kind net weg soos vuilgoed!? Ek het geen simpatie met die vrou nie, beslis nie die naam “ma” werd nie

ne ·

Die ding moet gesterliseer word sodat sy nie meer onskuldige kindertjies kan weggooi nie! Ek het geen simpatie met haar nie. ‘n Baba is afhanklik van sy/haar ma. ‘n Hond sal beter na haar gekyk het,

Maljan ·

Die kind was doodgebore en toe sit sy maar vyf dae met die lykie voordat sy dit soos n ou pop op die ashoop gaan gooi? Haar huismaats het in vyf dae ook nie agtergekom sy is nie meer swanger nie? Werk haar kniee asb aan mekaar vas.

Penellope Jones ·

Ek verstaan nie, as die babatjie reeds oorlede was, hoekom op ‘n ashoop gesit word?
Kon daar nie maar gekyk word om vir die klein mense ‘n begrafnis te gee nie?

Gerda ·

Ai, dis so tragies. As ‘n mens dink dat daar mense is, wat soooo graag ‘n baba wil hê, wat dit agv gesondheids redes ontmoontlik maak.

Helene ·

Arme Baba Gabrielle. RIV Engel!
Sy is die naam ma nie werd nie. Hoe gooi enige regdenkende mens haar baba op ‘n ashoop.

My mening ·

Is die man siek??!! Wil hy regtig he daar moet niks van kom nie? En dan kla hy oor die “druk” wat op haar uitgeoefen word! Al was die baba dood (wat ek betwyfel), gooi mens mos nie jou kind op n ashoop nie. Iemand wat dit doen, verdien nie eers om n mens genoem te word nie.

Essa ·

Genugtig! Dat hierdie prokureur sy kliënt wil verontskuldig is seker sy werk, maar kan hy regtig so ongeërg wees oor haar skreiende optrede?? Hoop die DOV reageer toepaslik! Daar is sekerlik verskeie wette oortree hier. Verberging van ‘n geboorte; storting van (miskien) ‘n lyk. Mnr. Prokureur ondersteun gerus jou kliënt sonder om haar optrede in die openbaar as niks af te maak nie.

Lindtjies ·

Dit is nie asof sy ‘n tiener of jong meisie is wat oor die tou getrap het nie. Sy is al 32 en moet al die voorbehoeding op die mark ken. Dit kon hierdie tragedie uitgeskakel het. As jy jouself uitgee vir ‘n toffie moet jy verwag om gekou te word.

Rosemary ·

Dit maak nie saak of die baba lewendig of dood was nie, dit bly vieslik. Daar is iets fout in die vrou se kop om die kind enigsins weg te gooi. ‘n Baba, so hulpeloos, magteloos. Gelukkig is baba nou op ‘n beter plek, anders as by haar ma.
You will be dealt with by the Lord, my lady for killing such a precious gift.

Tweetie ·

Ken nie die vrou se omstandighede, maar as jy nie kinders wil verwek nie, hoekom gebruik jy nie voorbehoed middels nie, dit is vrylik beskikbaar.

Natascha ·

Dit gee haar nie die reg om die kind op n ashoop te gaan gooi, hoekom nie na n kliniek of hospitaal toe nie? Hoop sy word swaar gestraf. dit is ook moord.

Blommie ·

HOE skenk jy geboorte op n ASHOOP, hoe los jy JOU BABA op n ashoop?????
Hoe loop jy net WEG en se dat jy nooit n baba gehad het nie?
Watse mens in hulle regdenkende KOP doen so iets, miskien kort sy SIELKUNDIGE HULP.

Ek kan nie dit aanvaar laat enige ma so min gepla is nie. Laat sy nie die verdomde KOMENSENS het om te kan dink hoor hier dis my babatjie, my arme klein babatjie.
Nee eers n dier gee net daar geboorte en los hulle babatjie net so nie.

ROXY ·

as jy so bietjie gaan navors (liewe keyboard warrior)
daar was ‘n begrafnis, daar was ‘n nadood ondersoek
daar is foto’s as bewyse van eersgenoemde
die baba is nie dieselfde dag as haar dood gekry dus was sy ‘n paar dae oud
maar dit verskoon glad nie die ma nie,
ek glo sy sal wel kry wat haar toekom
LEES, LEES, LEES!!!!

Michelle Davel ·

Ek is soooo woedend ek kan amper nie asem haal nie….
Arme kleine lyfie. Jy is nou in Jesus se arms.
Ek dink nie die vrou sou n goeie mamma wees nie. Daai lyfie sou mishandel word…

Trish ·

die dag van geboorte en oorlede verskil 5 dae ????????????????

Mamma van 'n dogtertjie ·

‘n Oog vir ‘n Oog. Ek wens ons het in ‘n regverdige werêld geleef.
Dan wil die ‘mamma’ nog die kussie ook dra by die begrafnis van haar eie dogtertjie waarvan sy die oorsaak is, waarvan sy die moordenaar is. Here, vergewe asb die vrou want ek kry dit nie oor my onvolmaakte hart nie.

Ena ·

Laat my dink aan die rympie…Siembaba mama se kleinjie.
Nee sjoe…ek ry op die hi~way en sien n dooie dier…dan huil ek…wat sal my reaksie wees as ek n dooie baba moet sien…histeria?

Riana ·

Eers ontken sy sy was swanger en nou wil sy die kissie van haar dooie baba dra! Hoe leef jy met jouself saam hê!

Stella ·

Joe..ek was nooit swanger maar logika se vir my as my water breek.. Of ek pyne kry.. Gaan ek Hospitaal toe… Bel n vriendin.. Who ever. Hoekom nie? Hoekom nie vir fibansiele hulp vra as jy nie geld het om kind te begrawe nie. Hoekom Dan nie eerder n mooi biksie vat en kind net begrawe waar iemand ten minste bid nie. Ons mag nie oordeel nie. Vader Jesus… Lei U asb die regter om met U brein en U Wil die oordeel te maak van wat gebeur het. Lei asb die mamma om die waarheid te praat in all eomstandighede. JESUS, U gebruik die scum, die verkeerd downers van die gemeenskap waarvan ek ook een was. Help asb Dat ons nie oordeel, Lei hierdeur mense na U asb. Amen

parra ·

Ek is redelik nou betrokke by hierdie saak en dit is baie meer kompleks as wat die media voorhou. Dit is n uiters tragiese gebeurtenis maar die trauma en omstandighede voor, tydens en na die bevalling wens ek nie my grootste vyand toe nie. Loop eers in haar skoene voor julle klippe gooi. Ek het baie respek vir haar prokureur, Willie Bouwer en as ek ooit in die moeilikheid is, sal ek ook verkies dat my prokureur my kant kies en vir my intree, veral as die hele wereld teen my draai en my veroordeel

quintin ·

wil net weet of die pa ooit bewus is hiervan, dat sy rooikop dogtertjie op die as hoop gegooi is…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.