Zita Plew-Chisholm (33), ʼn vrou van Plumstead in Kaapstad, moes Vrydag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Bellville verskyn, maar het vir ʼn tweede keer nie opgedaag nie. Plew-Chisholm moes oorspronklik op 7 April in die hof verskyn, maar sy het nie opgedaag nie en ʼn lasbrief vir haar inhegtenisneming is uitgereik saam met ʼn bevel om Vrydag te verskyn.
Adv. Denzyl Combrink, die staatsaanklaer, het aan die hof gesê hy is intussen deur ʼn prokureur, Dudley Human, ingelig Plew-Chisholm is in ʼn rehabilitasiesentrum opgeneem. Aangesien Human egter nie Plew-Chisholm se regsverteenwoordiger is nie, kon hy nie meer inligting verskaf oor die naam van die sentrum en hoe hy die inligting gekry het nie.
Landdros Sabrina Sonnenberg het die polisie opdrag gegee om die saak te ondersoek en Plew-Chisholm op te spoor, voordat hulle Maandag aan die hof terugvoer gee. Die lasbrief vir haar inhegtenisneming bly steeds in werking, het Sonnenberg gesê.
Plew-Chisholm is in Januarie 2013 in hegtenis geneem en op waarskuwing vrygelaat. Volgens die klagstaat was sy betrokke by ʼn sindikaat wat deur ʼn reisagentskap goedkoop vliegkaartjies verkoop het. Kliënte kon egter net kontant of deur middel van Money Market se dienste vir die vliegkaartjies betaal.
Sodra slagoffers die kontant in die sindikaat se rekening inbetaal het, is vervalste vliegkaartjies aan hulle gestuur. Die staat beweer Plew-Chisholm het haarself as ʼn reisagent voorgedoen en die besonderhede van drie verskillende bankrekeninge, wat aan haar behoort, aan die “kliënte” verskaf.
Dom mense moet val. Kan nie glo mense val nog vir sulke slenters nie
Dom mense moet val. Kan nie glo mense val nog vir sulke slenters nie
Die rehabilitasie wat sy nou ontvang is seker ook ‘n slenter. ?????
Sy self is n slenter en ek hoop sy gaan lank sit in die tronk.
Hierdie slenter gaan nog suksesvol gebruik word vir versagtende omstandighede.
As jy in hierdie land n misdaad pleeg, raak jy of siek of jou geestes toestand makeer, kan net sowel tronke toe maak, en meer rehab sentrums bou, want die gaan een van die dae ook oorvol wees! Groot Grap!