Vrou word al sedert Kersdag vermis

Martha du Toit (Foto: SAPD Gqeberha)

Die polisie in Gqeberha (Port Elizabeth) versoek die gemeenskap se hulp om ʼn 74-jarige vrou op te spoor wat al sedert 25 Desember 2020 vermis word.

Martha du Toit, van Lateganstraat in Rowallanpark, is op 4 Oktober 2020 laas deur haar sussie gesien. “Volgens die sussie het sy op Kersdag telefonies met mev. Du Toit gesels,” het kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Sy het gehoor Du Toit het Gqeberha verlaat en na Adelaide (Oos-Kaap) verhuis met ʼn mnr. Abraham de Beer. Toe sy probeer het om haar weer te kontak, kon sy nie regkom nie, want die selfoonnommer werk nie meer nie.”

Speurders van Kabegapark het met die polisie in Adelaide kontak gemaak om Du Toit op te spoor, maar alle pogings om haar te vind was tevergeefs.

Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand met inligting oor Martha du Toit om dringend speurder-a.o. Nico Pretorius te kontak by 082 787 7448 of 082 302 6159 of die SAPD Kabegapark.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johanna ·

Ek hoop dat sy ongedeerd is en gou opgespoor gaan word.
Dit klink wreed maar hospitale en lyks-huise moet tog genader word. .Daar is onsettend baie onopge-eiste lyke waarvan geen naasbestaandes kennis dra nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê SomeOne
Dit is Adelaide in die Oos-Kaap.
Ons vra om verskoning vir die verwarring; ons het die berig gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.