Vrou word ook oor steroïede vervolg

Natalie Pretorius (Foto verskaf deur die Valke)

Natalie Pretorius (62) is in die Secunda-landdroshof vrygelaat op borgtog van R5 000 in verband met die oortreding van die Wet op Medisyne en Verwante Stowwe.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê Pretorius is Dinsdag deur die Valke se eenheid, wat ernstige georganiseerde misdaad ondersoek, in Secunda in Mpumalanga in hegtenis geneem.

Pretorius is die eienaar van die huis waar Piater Kruger (28) verlede week in hegtenis geneem is toe steroïede ter waarde van R300 000 gevind is. Maroela Media het vroeër berig hy is reeds vrygelaat op borgtog van R5 000.

Pretorius se saak is intussen tot 10 Junie 2022 uitgestel waar sy na verwagting saam met Kruger in die hof sal verskyn.

Kruger is die bestuurder van die fiksheidswinkel Muscle Mecca in Secunda.

Die Valke het inligting ontvang oor medisyne wat by die betrokke winkel verkoop word. ’n Ondersoek het bevind dat Kruger egter nie oor die nodige dokumente beskik wat hom toestemming gee om die spesifieke medikasie uit die winkel te verkoop nie. Die Valke het gevolglik ’n lasbrief bekom om die perseel te deursoek en daar is op die steroïede afgekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Staal ·

Elke keer as ek hoor of lees van ’n atleet of sports persoon wat net “skielik” op ’n jong ouderdom dood is dan weet ek dis waarskynlik die juice, inteendeel ek weet van meer mense wat doodgaan aan steroïed verwante komplikasies soos hartaanval, nierversaking en kankersoorte as enige ander dwelmmiddel.
Dis nie nodig om ’n “in diepteondersoek” te doen om die mense vas te trek nie, google dit, daar is baie websites wat verkoop en die middels by jou deur kom aflaai.

TRP ·

Vanaf Augustus 2021 tot Februarie 2022 weet ek van drie, twee na aan my, wat met pasaangeers sit agv hierdie middels. Die een is 44 en sit met hartversaking en wag vir ‘n hart, die dame is 34 met twee kinders onder 7 . Die ander een het dit nie gemaak.

Staal ·

…. en dis nie net fisies nie, baie van die mense wat die middels gebruik gaan in ’n diep depressie in en pleeg selfdood

Carel Aaron ·

Daar kom weer ñ vet siviele eis oor die molshoop wat Tafelberg van gemaak was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.