Vrou wreed aangeval by Fort Klapperkop

Foto: Hi-Risk Unit

Foto: Hi-Risk Unit

ʼn Vrou is Saterdagmiddag wreed deur vier mans aangeval toe sy en haar man by Fort Klapperkop in Pretoria fietsgery het.

Volgens Hi-Risk Unit-veiligheidsdienste het die aanval op een van die roetes naby Fonteinesirkel plaasgevind. “Die vrou het ʼn ent voor haar man gery toe sy deur die vier mans gedwing is om stil te hou. Hulle het haar in die bosse ingetrek en haar herhaaldelik met ʼn klip geslaan.” Die vrou kon daarin slaag om haar valhelm aan te hou en het dit moontlik haar lewe gered.

“Sy het geskree en die aanvallers probeer afweer terwyl hulle haar gewurg het. Haar man was onbewus van wat aangaan en twee van die aanvallers het na hom gaan soek. Hy kon daarin slaag om by ʼn pad uit te kom waar hy ʼn veiligheidsmotor gevind het. Hulle wou hom glo nie help nie en hy het met sy fiets teruggery om na sy vrou te gaan soek. Sy vrou kon intussen wegkom en het in die rigting van die R21 gevlug waar ʼn motoris haar opgelaai en na veiligheid gebring het.”

Foto: Hi-Risk Unit

Foto: Hi-Risk Unit

Hi-Risk Unit is ontbied en het onmiddellik na die aanvallers begin soek. Volgens dié eenheid het “inwoners in die omgewing en vriende van die slagoffers die span bygestaan. Ons het reg deur die nag gesoek en sal vanoggend voortgaan met die soektog.”

Die jongste voorval kom nadat ʼn fietsryer twee weke gelede aangeval en van sy fiets beroof is. Talle gewelddadige aanvalle het die afgelope paar maande by Fort Klapperkop plaasgevind sowel as in die nabygeleë Groenkloof-natuurreservaat. Veiligheid in dié reservaat is intussen opgeskerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Frans C ·

Afgeleë plekke soos die is onveilig. Waar ek aan die Rand bly is daar parke wat selfs deur die polisie as onveilig beskou word en waar ‘n mens liewer moet wegbly.

Johann Marx ·

“Talle geweldadige aanvalle het die afgelope maande by Fort Klapperkop plaasgevind”….Nou hoekom ry ongemerkte polisiemanne tot die tande toe gewapen nie daar fiets en betrek die “aanvallers” in ‘n lokval nie? Terwyl daar in die omliggende hoogtes ‘n paar skerpskutters lê en wag nie? Wil jy sien hoe kry hierdie tipe gedrag onmiddelik end?

Jan Geel ·

Ek dink die Sapolisie is te bang om n lokval te stel of hulle weet nie hoe nie hulle is net daar vir die Groot salarisse

Grap ·

Die mense wat daar fietsry en oefen moet nie die plek vermy nie oefen net in groter groepe en bewapen julself en verdedig julself teen hierdie rassistiese lafaards want dit is een ras wat die ander aanval en dit is feite.

Barry ·

As mense hulself teen die aanvallers verdedig sal die polisie die mense toesluit en van moord aankla! Aan die anderkant sal die polisie niks doen om die mense teen die swart aanvallers te beskerm nie!

Eddy ·

Daar was minder sulke gevalle toe ons nie so tussen mekaar gebly het nie

Johann ·

Jy praat nou mos loutere onsin man. Die wat tussen ons bly het genoeg en het te veel om te verloor deur misdaad te gaan pleeg.

Ander Koos ·

Wie weet, miskien was die “veiligheidsmotor” al die tyd hulle wegkom motor?

Berhalet Beukes ·

Ai, dis al ‘n geruime tyd ‘n hoë risiko area. Mens kan net nie meer sulke kanse vat nie. Nietemin is dit hartseer om te lees.

Ani ·

Die mense wil nie besef mens is nêrens veilig nie! Selfs die drawwers en die wat met hul alewige honde vir ‘walkies’ vat, is roekeloos met hul lewens. Wens hul wil dit verstaan! Selfs dié wat so rondloop en op hul selfone kyk en skaars sien wat om hul aangaan!!

Deon ·

Wat bedoel jy met “alewige honde”? Ek neem aan jy gaan van werk af reguit huis toe waar jy jouself toesluit totdat jy weer werk toe gaan?

Janine ·

Gelukkig het ons wat ons honde vir ‘walkies’ vat, nie jou toestemming nodig nie. :p

Duitswes ·

Ai Vrinne, hoe verlang ek nou na Swede (Stockholm). Daar loop oud, jonk, vrou, man, ens rustig in die stad en parke rond 24/7 365 sonder enige misdaad wat dreig; almal respekteer mekaar en die natuur…ou SA?
Wie van die lesers het opgemerk hoe die veiligheidsreelings spore gekry het in dieselfde omgewing se brue; selfs die verkeersligte is glo weggedra by die Voortrekkermonument ingangkruising…Maroela doen ‘n bietjie ondersoekende joernalistiek en gee terugvoer aan die lesers en wat gaan Tswane en die SAPD daaromtrent doen? GENOEG IS GENOEG!!

Leeukop ·

Europa, USA raak al onveiliger by die dag soos wat daar vir hulle gedwing word om te ras diversifiseer.

Takkie Takuuza ·

Ons kan net droom van so plêk. Ek hoor die Swede verwyder nou die kruise orals om nie die moslems aanstoot te gee nie.

Theo van der Walt ·

Drone tegnologie is nou so goed en bekostigbaar. Talle sulke voorvalle sal opgelos kan word en voorkom kan word daarmee

Berhalet Beukes ·

Drone tegnologie is ‘n euwel op sy eie. Hoe lank dink jy gaan dit vat voordat skelms drones gebruik?

Koos1 ·

Drones met missiele klink nie vir my na ‘n sleg opsie nie! Dis nou vir die goeie ouens.

Veritas ·

Geen simpatie van my kant af nie. In ‘n normale samelewing sou dit al riskant gewees het om alleen en ongewapend, in ‘n natuurreservaat, te gaan stap of fietsry. Om dit te doen in Suid-Afrika is onverantwoordelik en dan ook nog in ‘n gebied wat daarvoor bekend is dat aanvalle gereeld daar plaasvind. Dit is eenvoudig ‘stupid’. Dom mense moet maar swaarkry.

Joann ·

Die land is nou eenmaal onveilig,maar mens wil tog ook nie heeldag tussen mure sit nie. Mens moet maar jou self beveilig,maar gebruik jy jou wapen is jy in die tronk en die aanvallers word soos helde behandel.

Hendrik ·

Dit is regtig verskriklik dat mense nie eens die natuur kan geniet en in vrede hul sport kan beoefen nie. Ek kan net raad gee dat dit werk om in ‘n homogene gemeenskap te bly. Dit is en sal op die uiteinde die enigste oplossing wees in S.A om in vrede te bly. Voorspoed vir diegeende wat anderste glo. Die veiligheidsdorpies is seker maar die ander oplossing.

Marius Nortje ·

Ons wil weet wie die maatskappy was wat nie wou help nie. As hulle nie wou help nie, keur hulle eintlik die aanval goed. Amper soos die stille diplomasie van die ANC regering.

Leeukop ·

Om lokvalle te stel, voor te doen as weerloses, sal beslis werk en misdaad in hotspots afbring, dis nou as dit wettig is.

mark ·

stupid mense.n mens gaan ry nie in n gebied wat gevaarlik is….lees die nuus en al die gevalle! gaan ry met jou 9mm.

Wonder maar net... ·

Hoe ver was die vrou voor haar man?!! Het hulle haar van haar fiets beroof? En hoekom het hulle haar man gaan soek?

Andre ·

Jammer dat jul dit moes ervaar en bly julle lewe nog. Ry ten minste met traangas en bly bymekaar! Ek kom nou terug van Duitsland, mense dit raak daar ook onveiliger. Die mense by wie ek gewoon het ( in ‘n goeie area) sluit hulleself ook toe selfs deur die dag..

Leeukop ·

Danksy aan Markel wat haar nasie verraai vir eie gewin nes ons deklerk.

Lance ·

Dit was al soveel keer in die koerant geraporteer dat dit onveilig is daar …maar mense leer nie en hoor ook nie !!! SA is nie veilig nie en polisie doen niks …plaas die polisie n lokval stel en die mense vang maar nee hulle is net reatief en te damn useless vir dit …die bosse is vol mense wat jou wil beroof en wil seer maak . .more gee jy weer heel gemoedelik n geldtjie by die robot …..

Lance ·

Dit was al soveel keer in die koerant geraporteer dat dit onveilig is daar …maar mense leer nie en hoor ook nie !!! SA is nie veilig nie en polisie doen niks …plaas die polisie n lokval stel en die mense vang maar nee hulle is net reatief en te damn useless vir dit …die bosse is vol mense wat jou wil beroof en wil seer maak . .more gee jy weer heel gemoedelik n geldtjie by die robot …

Paul ·

Die polisie kan nie meer “cope” nie want hulle begroting om misdaad te bekamp word gebruik om vir Zuma se hordes vrouens duur motors te koop.

Amanda ·

Ek wonder net wat is meer tragies – die mense wat aangeval is of die wat mekaar met hulle woorde hier so verniel? Die wreedheid is nie net daar buite nie. Ons leef in ons daagliks daarmee saam, dis net meer aanvaarbaar om met wrede woorde aan te val.

Johanna Botha ·

Mens is nie eers in jou eie huis veilig nie …wat nog van buite dit nadat daar al soveel keer al berig is dat dit uiters onveilig is by Ford klapperkop en die monument ..ag enige veld in die stad..so ja ek stem saam dat die mense nie luister as daar waarskuwings gemaak word nie. En ek stem die polisie is SO useless hulle het voertuie en kan iets doen as hulle maar net wil …hulle WEET waar die probleem areas is en hoef net n paar voorbeelde te maak …nuus sal vinnig versprei ….maar nee ons wag vir die volgende teetyd en die 25ste van elke maand !!

Bullseye ·

Amanda..dis is maar die uitvloeisel van n magtelose woede en moedeloosheid oor die misdaad situasie in ons land wat hier manifesteer in harde woordd

Koos1 ·

Dis mos waar die Tshwane se brugermeester voorgestel het dat die nuwe parliament gebou moet word (Klapperkop). Stuur die kabinetslede eers soon toe sonder veiligheiswagte, dat hulle kan kyk of die perseel geskik is.

Siek-en-Sat ·

Dis dalk juis die kabinet se manier om te verseker dat die publiek nie meer die plek gebruik nie en dormant staan en dan kan hulle hul kastele daarbou

Sune van Heerden ·

Dagsê Hannie

Die voorval het Saterdag, 28 Mei 2016, plaasgevind en ons het Sondag, 29 Mei 2016 daaroor berig.
Dis moontlik dat jy bloot maar net vandag op gister se nuusberig afgekom het.

Ek hoop jy kuier sommer nog baie lekker verder op Maroela – ons het daagliks vars nuus!
Sluit gerus by ons daaglikse nuusbrief of WhatsApp-nuusflitse aan om seker te maak dat jy nie enigiets mis nie.
Ons app is ook beskikbaar vir Apple en Android-slimfone.

Lekker, Maroela!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Anoniem ·

Wat maak hul in die eertse plek op Fort Klapperkop…Genade mense lees jul nie die media nie….BLY weg van sulke plekke..!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.