Vrou wreed aangeval op plaas

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn 61-jarige vrou is op ʼn plaas tussen Sannieshof en Ottosdal in Noordwes aangeval.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het Vrydag omstreeks 01:15 plaasgevind. Die vrou was alleen ten tyde van die voorval.

“Twee aanvallers met klapmusse aan het die deur oopgebreek om toegang tot die huis te verkry,” het Funani gesê.

Marius Müller, nasionale veiligheidskoördineerder van AfriForum, het gesê hulle het die veiligheidshek by die slagoffer, Blackie van den Berg, se kamerdeur ook glo afgebreek.
“Van den Berg is erg aangerand,” het Müller gesê. “Sy het alleen op die plaas gewoon nadat haar man dood is.”

Volgens Funani het die aanvallers met die slagoffer se selfoon, ʼn onbekende hoeveelheid kontant en ʼn vuurwapen gevlug.

Die vrou is tans in die hospitaal vir mediese behandeling. Nantes Kelder, hoof van AfriForum se trauma-eenheid, het gesê hulle sal Van den Berg bystaan met berading.

Die twee verdagtes is nog nie vasgetrek nie en word deur die polisie gesoek. Die ondersoek duur voort. ʼn Saak van huisroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

T ·

Nog n eye opener moenie jou vuurwapen toesluit in n kluis as jy alleen op n plaas is nie. Hou hom binne bereik. Sterkte!

Annatjie ·

Sy het geskiet, hy was nie gemasker nie, was nie bekende nie. Moenie praat as jul nie als weet nie

Mellie ·

Vrou alleen, bejaard en uitgelewer aan monsters wat deure afbreek en deur mure breek. Is daar ‘n groter nagmerrie?

Melanie ·

‘n Saak van huisroof?? Wat van aanranding en poging tot moord?

Anel ·

Vra ek ook Melanie!! Hoekom n saak van huidroof, waar is aanranding en poging tot moord. wat gaan aan net ons sisteem!?

Marinda ·

Vra ek ook Melanie. Hierdie mense is lafaarte. Rand ń ou vrou aan. Why don’t you pick someone your own size?

Bertus ·

Ons moet n referendum oor die doodstraf he. Die doodstraf moet terug…. Strawwe te lig. Geen respek v lewe meer nie

Ouma ·

Bring die doodstraf terug! Stel ‘n paar skuldiges tereg, wys dit op die media en sien die uitwerking daarvan op die boewe. ! Ek stem: Hou ‘n referendum oor die doodstraf. Ons is almal moég om vir ons en ons kinders en kleinkinders se lewens te vrees. Saai alle moordsake op TV uit. Mense moet leer wat in ‘n hof gebeur.

Le ·

Is ‘n absolute voorstaander van die doodstraf maar as mens gaan sit en somme maak wanneer daar ‘n referendum gehou moet word dink ek weereens gaan dit nie werk nie. Maar onthou, wat ek van somme en wiskunde weet is gevaarlik. Dan weer: dit sal die ideaal wees as die doodstraf teruggebring kan / kon word. Dit mag dalk net die nodige effek op sekere misdade hê. Sterke aan die dame wat deur die trauma is.

Neeman ·

SY IS ERG AANGERAND. Dan wil die regering vir my vertel dit is net ‘n HUISROOF en dit gebeur meer op plase omdat dit AFGELEE gebiede is?? Dit is mos nou twak hierdie!! Die oumense word wreed aangerand en gemartel en soms doodgemaak vir absoluut GEEN rede nie, as jy hierdie ou tannie in die badkamer toegesluit het en die HELE huis leeggedra het sou sy geen teenstand gebied het nie … Hierdie is georkestreerde (haat) aanvalle op wittes, en die mense wat dit NOG nie sien nie, is BLIND! Los die HUISROOF saak en maak ‘n saak van AANRANDING en poging tot moord oop, hoekom moet ons wittes langer gebuk gaan onder hierdie DISKRIMINASIE en IGNORANCE van die regering en die polisie??

what a mess! ·

Ignorance???? Asb by nou behoort Jy te weet dis doelbewus!!!! Moet nie daai duiwel glo wat se hy het niks teen wit mense nie!!! En Dan is daar malema so stil wat die wittes haat en n toekoms daarop bou vir homself…

Steenkool ·

Of hierdie booswigte het vreeslik saggie toegang tot die huis gekry of die arm dame het nie geskiet toe sy moes skiet nie. Sterkte met die gesond word my tannie. Ons bid dat die skelms gevang word en aan die pen ry.

al ·

Huisroof? Poging tot moord eerder! Voeg gewapende roof by – hul moes wapens gehad het by hulle om die roof uit te voer!

Pop ·

T daar is jy reg!!sy het ‘n vuurwapen en hulle breek haar kamerdeur af en sy skiet nie. Wat kan mens daarvan se. Nous die wapen in skurke se besit.

Plaasaanval ·

Die tannie het geskied, omgelukkig het sy nie raak geskied nie.

L.M ·

Dalk het sy haarself in die slaapkamer toegesluit en was die vuurwapen in ‘n ander kamer of plek. Dalk het sy gaan kyk toe hulle die deur afbreek en die wapen laat val in haar skrik en haar gaan toesluit in die kamer. Dalk het sy nie ammunisie gehad of ooit ‘n vuurwapen gebruik nie. Dalk kon sy nie die kluis betyds oopkry nie. Dalk het sy gehoorprobleme en het hulle nie gehoor nie. Dalk was sy verlam deur vrees. Hoe sal ons nou weet hoekom sy nie geskiet het nie. Miskien het sy nie kinders nie of is die kinders oorsee daarom dat sy na haar man se dood nog alleen op ‘n afgeleë plaas gebly het. Al wat ek weet is dat as jy alleen op ‘n plaas bly en jouself nie kan of wil verdedig nie, jy dalk na alternatiewe verblyfopsies moet kyk.

Plaasaanval ·

Die tannie het haar vuurwapen gehad sy het skote afgevuur maar die inbreker het net aangehou afbreek. Sy het seker nie kans gekry om haar wapen te herlaai nie onder sulke omstandighede skrik mens so groot J̶̲̅ÿ vries, of hy was reeds by haar .Dis genade dat die tannie leef, ȅk◦°˚° hoop sy herstel spoedig. Almal weet ϖӐȾ maak die booswigte met n vrou so ȅk◦°˚° lewer geen meer kommentaar. Emosineel weet ȅk◦°˚° nie hoe mens hiervan herstel nie.

Rentia ·

Ja ons weet wat maak die booswigte met vroue en in baie gevalle met die mans ook. Ek weet nie of ek nog sal wil of kan lewe na só iets nie.

L.M ·

Dankie vir die inligting. Nie daaraan gedink dat sy dalk MIS geskiet het nie.

Christo ·

Interressante vrae wat gevra word, kan jy nou vra, sou n rower homself blootstel aan omstandighede/situasie soos daai as hy geen kennis gehad het wat in die huis is en wat daar aangaan nie?Hoekom was die gesigte ook toegemaak, was dit dalk iemand wat toegang tot die perseel het of dalk familie of vriende van so n vertroueling?

Susan ·

Ek hoop die VF Gaan hierdie nuus van en Onder Zuma se news hou en vra jy het Dan gister gesê jy sal die eerste een wees wat opstaan as daar teen wittes vermoor word????

Tina du Toit ·

Sy het die beste ou wat haar sal by staan ” Nantes Kelder “. In my oë is hy ons hero. Stertkte tannie, ek hoop van harte die skurke word vas getrek en toe gesluit vir ewig. Sterkte vir jou ook Nantes.

Kollie ·

Die motief is definitief eerstens die steel van vuurwapens, dan geld. Die aanranding is bysaak.

Sanell ·

Hoop die tannie sterk gou aan, my hart gaan uit na al die onskuldige mense wat daagliks op plase aangerand en wreed vermoor word. Dit raak nou so erg….. My opinie dat vrou alleen nie op n plaas kan bly nie !!!

LMF ·

Ek bly tannie leef maar waar is jou kinders as jy het waar is jou familie waar is jou vriende julle kan nie meer alleen bly nie huur slaapkamer of twee aan goeie huurders uit doen net iets of trek dorp toe magtag ons moet na ons self kyk want niemand anders gaan nie

My bydra ·

Toe toe toe kom Zuma! Waars jy nou!? Hoekom staan jy en jou regering nie die tannie by nie!? Sys wit jyt mos niks teen wittes nie toe waars jy nou!?kyk wat vang jou travante aan in hierdie land wat jy alles voor belowe het vir hulle! Sterkte tannie ek hoop tannie word gou gesond en tannie is in baie van ons se gebede. Spoedige herstel word tannie toe gewens.

Veritas ·

Waar is ons gomgat boerseuns? Wil die van julle wat van geweld hou nie bietjie by die plaasarbeiders gaan kuier nie?

sandra du plessis ·

Ek ken haar sy het dit nie verdien nie het almal altyd gehelp ek hoop hulle word gevang hulle het haar wreed aangerand..

Jan ·

So.. wat moet ons nou afbrand in “weerwraak” ons het alles tot stand gebring. Maroela sal hierdie waarskynlik nie plaas nie, want waarheid trap op politiese tone.

Leon Venter ·

Eerstins baie sterkte vir die tannie en n gou herstel van die gebeure en so ook vir die familie . Mense ons skyf baie kommetaar as daar so iets gebeur maar wie was al im so n omstadigheid ek wonder net maar raad aan elke persoon is beveilig jou self dit is jou reg as Suid Afrikaner dit help nie ons vuurwapens en ons gebruik dit verkeerd nie my voorstel aan almal mense maak seker dat jy weet hoe wapen te gebruik en ook in oefening is daarmee dit is reg ek het n wapen wat gebeur in nood omstandigheid sluit by vereniging aan en oefen jou self vedediging en wapen hantering .

w ·

Hier op Calitzdorp word n dame vsn amper tagtig jaar deur diewe geteister en sy kla by Polisie Kaptein oor swak polisiediens. Se kaptein vi die dame gaan bly in ouetehuis as jy beskerming verlang. Sies Sies Sies

Danie ·

Al hierdie mense wat op dieselfde plek as die slagoffers bly (Calitsdorp) en ook die familie van die slagoffers. Hoekom gaan konfronteer julle nie die polisie of watter gesagstruktuur dit ookal is nie. Ek sal dit nie toelaat nie. Kry bietjie ruggraat.

i smit ·

wel wel ,wat verstaan die mense nie!!!!!!!!!!!!!!! SY HET ALLEEN OP PLAAS GEWOON.het sy nie familie nie,hoe kan haar familie toelaat dat sy alleen op n plaas woon ,ek dink haar familie is ook aandadig …

Sannie ·

Natuurlik het sy familie, die plase om haar is familie lede, haar kinders het hul eie plase. Hoekom moet sy n plaas opgee wat vir generasies in haar familie is. Dis haar keuse, jy ken nie haar omstandighede nie!

Jacoba ·

Wat van DOODSTRAF nét vir PLAASMOORDE? om mee te begin.. daar is mos nié so iets soos die bose element in moord en ernstige misdaad nié siestog!

Ellen ·

I Smit jy praat nou. My skoonma 78jr bly stok siel alleen op ‘n plot. Weier om te trek. So hartkoppig. Jy kan nie die kinders die skuld gee nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.