Vrou wreed in slaapkamer vermoor

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die liggaam van ʼn 29-jarige vrou is Maandagaand in ʼn plas bloed in die slaapkamer van ʼn huis in Kempton Park, aan die Oosrand gevind, nadat sy grusaam vermoor is.

Kapt. Jethro Mtshali, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is omstreeks 22:10 na die huis in Commissionerstraat ontbied, waar hulle die vrou se liggaam gevind het, met veelvuldige steekwonde aan haar bolyf.

“Van die skerp voorwerpe waarmee sy gesteek is, was glo steeds in haar liggaam. Ander wapens is naby haar op die toneel gevind en haar hande was vasgebind,” het Mtshali gesê.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is na die toneel ontbied, maar hulle kon niks vir haar doen nie en sy is op die toneel dood verklaar.

Volgens Mtshali dui die polisie se voorlopige ondersoek daarop dat die vrou en haar kêrel, wat ʼn veiligheidsbeampte by ʼn skool in die gebied is, vroeër die dag rusie gemaak het. “Die man is na bewering die dag by die skool weg na die slagoffer se huis, waar hy haar na bewering vermoor en van die toneel gevlug het,” het hy gesê.

Mtshali het gesê die polisie is steeds op die spoor van die verdagte en het ʼn beroep gedoen op enigiemand met meer inligting om die polisie by 011 393 8611 of 08600 10111 te bel of op 32211 te SMS.

Die oorledene se naam is nog nie bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ruby ·

Genade tog, en hy het toegang tot kinders!

Wat het nie als in daai kopbeen gebroei nie?…

Ai ·

Dit is in ‘n groot mate ook die regering se skuld dat vrouens en meisies so vermoor word, want die mans kry gewoonlik ‘n uiters ligte vonnis (bv.Oscar Pistorius 6 jr, Nico Henning (nog nie eers verhoor nie) ens. Dié moorde word gewoonlik nie ernstig genoeg opgeneem nie, maar as ‘n mens kan dink hoe weerloos die vroulike geslag is teen krag van die manlike geslag, kan ‘n mens net wonder hoekom word dit nie ernstiger veroordeel nie? My hart gaan uit na hierdie vroue in hulle laaste uur, want hulle word bitterlik gefaal.

Mercy ·

Ek verstaan nooit hoe die polisie kan vra vir hulp en leidrade van die gemeenskap af as hulle nie name noem en fotos wys nie?

Jan ·

Mercy,dis die gemeenskap naby die toneel,nie nuskieriges soos ons op sosiale netwerke wat moet help nie…..jy kan nie fotos,name esv op sosiale netwerke plaas terwyl n saak hangende is nie.Strekte vir die famielie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.