Vrou wreed op skoolterrein verkrag

Johan en Bonita Engelbrecht. Foto met vergunning van Die Pos.

Johan en Bonita Engelbrecht. Foto met vergunning van Die Pos.

ʼn Vrou wat byna twee weke gelede wreed in haar huis op die skoolterrein van die Settlers Agricultural High School verkrag is, het gesê sy glo vas die traumatiese voorval was ʼn haatmisdaad.

Bonita Engelbrecht (55) het Maandag aan Maroela Media van die grusame ervaring vertel wat haar lewe vir altyd onherroeplik verander het. “Ek wou eers stilgebly het hieroor. ʼn Mens kry maar skaam en ek wou nie hê mense moet hiervan weet nie. Maar toe dink ek, hoekom moet ek stilbly? Ek moet hieroor praat. Dit is nie lekker om daaroor te praat nie, maar mense moet weet sulke goed gebeur,” het Engelbrecht gesê.

Engelbrecht se man, Johan (55), doen instandhoudingswerk by die Settlers Agricultural High School en die egpaar woon al die afgelope tien jaar in ʼn huis op die skoolterrein. Sy het die aand van 16 Februarie seker gemaak al die deure in die huis is gesluit voordat sy gaan slaap het. Sy was die aand alleen by die huis aangesien Johan in Polokwane was om die egpaar se motor te laat herstel.

Die aanvallers het glo die agterdeur van die huis se skarniere losgeskroef om die deur te verwyder en toegang tot die huis te kry. Foto: Verskaf

Die aanvallers het glo die agterdeur van die huis se skarniere losgeskroef om die deur te verwyder en toegang tot die huis te kry. Foto: Verskaf

“Ek het al klaar geslaap toe ek wakker geword het van [die aanvallers] wat my aan my voete gryp. Hulle het my daarna met ʼn harde voorwerp uitgeslaan,” het sy gesê. Volgens Engelbrecht weet sy daar moes meer as een aanvaller gewees het, maar sy is nie seker hoeveel van hulle in die huis was nie.

Toe sy haar bewussyn herwin, het sy besef die aanvallers het haar hande en voete vasgebind. Sy kon daarin slaag om ʼn vriend van haar skoonsuster te bel en het probeer verduidelik wat gebeur het, maar die aanvallers het weer die kamer binnegekom en haar foon stukkend getrap. Hulle het haar daarna weer met ʼn voorwerp oor die kop geslaan en sy het weer haar bewussyn verloor.

Toe Engelbrecht weer wakker word, was haar skoonsuster by haar en het sy reeds die polisie en ambulansdiens ontbied. Engelbrecht sê sy was “gelukkig” om nie by haar bewussyn te wees toe sy verkrag is nie. “Ek het die boodskap wat hulle my wou gee egter duidelik gehoor terwyl ek nog by [my bewussyn] was. Hulle het gesê, ‘This is a message for Mr Engelbrecht to f*** off from Settlers’,” vertel sy.

ʼn Mediese ondersoek het later glo getoon dat Engelbrecht onder meer met ʼn huishoudelike voorwerp verkrag en inwendig beseer is. Sy het erge beserings aan haar gesig opgedoen en is ook met ʼn skerp voorwerp oor haar bors gesny.

Vrees vir hul veiligheid

Volgens Engelbrecht is dit nie die eerste keer dat die egpaar gedreig is nie. Sy vertel dat hulle voorheen ʼn brief ontvang het wat saamgestel is deur letters uit tydskrifte in woorde te plak. Die brief het glo gelui: “Your wife and your dog are not safe. You must f**k off.” Sy sê daar is ook voorheen ʼn baksteen deur een van hul huis se vensters gegooi.

Volgens Engelbrecht is daar nie konflik tussen haar man en iemand by die skool nie en verstaan hulle nie hoekom hulle so gedreig word nie. “Settlers was altyd ʼn fantastiese landbouskool, maar het geleidelik agteruitgegaan. Tans werk daar net vier wit mense by die skool en ek glo hierdie aanval was rasgedrewe. Hulle wil al die wit mense weg hê hierso.”

Sy sê ook dat hulle nog geen ondersteuning van die skool of die departement van onderwys ontvang het sedert die voorval nie. “Niemand van die skool het my eens genader om hul meegevoel te betuig nie. Hulle hoef dit seker nie te doen nie, maar dit sal darem net menslik wees, of hoe?”

Die Engelbrecht-egpaar se huis op die skoolterrein van die Settlers Agricultural High School. Foto: Verskaf

Die Engelbrecht-egpaar se huis op die skoolterrein van die Settlers Agricultural High School. Foto: Verskaf

Sy dink dit is onaanvaarbaar dat die veiligheid by die skool só swak is dat so iets op die terrein kon gebeur. Volgens Engelbrecht se skoonsuster wou die veiligheidswag aan diens ook nie saam met haar in die huis ingaan nadat sy na die egpaar se huis gehaas het omdat sy onraad gemerk het nie. “My skoonsuster het nie geweet of die aanvallers nog in die huis was of wat aangaan nie. Maar sy moes self in die huis ingaan, die veiligheidswag wou nie saam met haar stap nie,” het Engelbrecht gesê.

Sy en haar man beplan om die skool, die departement van onderwys en die veiligheidsmaatskappy wat die skoolterrein oppas te dagvaar oor wat gebeur het.

ʼn Woordvoerder van die skool het alle navrae van Maroela Media na die provinsiale departement van onderwys verwys.

Dr. Naledzani Rasila, woordvoerder van die departement, het by navraag ontken dat die skool nog nie met die Engelbrecht-egpaar kontak gemaak het nie. “Die skoolhoof en die onderwysers by die skool tree in so ʼn geval namens die LUR en die hoof van die departement op. Hulle was in aanraking met die slagoffer en na gelang van die gesprekke met die slagoffer, sal die skool aandui of hulle ondersteuning van die departement af nodig het en die saak na ons verwys moet word,” het Rasila gesê.

Op ʼn vraag of die skool enigiets gaan doen om veiligheidsmaatreëls by die skool op te skerp, het Rasila geantwoord dat misdaad nie tot een instansie beperk kan word nie. “Wanneer daar ʼn misdaad plaasvind, laat ons dit oor aan die polisie om dit te hanteer. Veiligheid is nie die verantwoordelikheid van een instansie nie, maar die hele gemeenskap as ʼn geheel. Ons soek nie misdadigers in ons skole nie en daarom doen ons ʼn beroep op die gemeenskap om die polisie by te staan in hul ondersoek deur wenke en inligting aan hulle deur te gee.”

Rasila het verder gesê hy is nie bewus daarvan dat die Engelbrecht-egpaar al vir ʼn geruime tyd dreigemente ontvang nie en het gesê indien hulle bedreig voel, moet Johan dit by die departement en die polisie aanmeld.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat ʼn saak deur die polisie ondersoek word. Hy het gesê die verdagtes is nog soek. Enigiemand met inligting kan hul naaste polisiestasie of ao. Shitlhane by 071 355 0566 bel.

Intussen het Engelbrecht aan Maroela Media gesê dat die egpaar nie van plan is om van die skoolterrein af te trek nie. “Hoekom sal ek hulle nou die bevrediging gee om te gaan? Dit is tog wat hulle wil hê. Waarheen sal ons ook gaan? Ons ouderdom tel teen ons, waar gaan ons nou weer werk kry? Ons moet ook aan ons pensioen en ons aftrede dink.”

Sy sê hulle het wel die veiligheid by die huis opgeskerp en maak seker dat al die deure en vensters altyd gesluit is. “Ek en Johan is altyd by mekaar, maar ons het daardie aand nie ʼn keuse gehad nie, want hy moes die motor laat regmaak. Ek was besig om koekies vir die skool te bak en daarom kon ek nie saamgaan nie. Dit is ook ʼn inkomste vir my. Dit maak my eintlik nog bitterder, want ek weet nie of dit dalk een van die kinders is vir wie ek koekies bak nie … Maar ek kan nie stilbly nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Jean ·

Janee so verontskuldig almal hulleself. Natuurlik is jy verantwoordelik vir die veiligheid van die mense op jou terrein, veral as hulle al dreigemente ontvang het. Natuurlik moet jy verantwoordelikheid neem vir wat op skoolgronde gebeur, wat as dit met ‘n skooldogter gebeur het, sou julle dieselfde houding gehad het, of is dit net omdat dit met ‘n wit vrou gebeur het? Die wiel draai ou mater, more as dit een van die kinders is gaan hulle daardie skool vernietig, bande brand en KLIPGOOI .. DAGVAAR hulle mnr en mev Engelbrecht, vat wat julle kan van mense wat NIKS omgee vir julle nie .. Ten minste kan dit julle mediese koste en beradingskostes dek, dit gaan nie opmaak vir dit wat gebeur het nie, maar EIS so ver soos julle kan.

Carl ·

Ek bly al 15 jaar nie meer in SA nie maar besoek nog gereeld. Inteendeel ek het selfs n paar jaar terug n kantoor oopgemaak en in SA belê en verskaf 30 persone werk.

Misdaad gebeur met alle SA-ners en almal in SA verdien baie beter veiligheids en Staats dienste. Wit mense is beslis nie net meer deel van gewone misdaad nie en word openlik deur politieke leiers in die breë aangeval en dit laat die misdadigers en slegte persone beslis met meer geweld optree.

Ek glo julle almal weet dit maar ek weet nie wat julle kan doen nie. Ek kan noem dat die buitelanders beslis hiervan weet maar nie genoeg nie.

Ek wil elke Suid-Afrikaner aanmoedig om oorsese nuus instansies te kontak en oor te nooi om te kom rapporteer hieroor.

Sopas op BBC gelees van die dame wat op haar plaas in Dullstroom wreed vermoor is. Hou asb aan skryf en mense oorsee vertel.

Zeus ·

Ek dink buitelandse druk kan help, maar die belangrikste optrede wat Suid Afrikaners nou moet doen is om hulself te beveilig en nie te sit en wag vir ander hulp nie. Misdaad in die land gaan nie oornag verdwyn nie dit gaan nog jare met ons wees. En ek bedoel beveilig in die sin van n wapen aanskaf wat 24/7 byderhand is. Mens hoor altyd van gesteelde handwapens wat uit kluise gesteel word. Wie hou gewere in n kluis as daar daagliks mense om jou vermoor word? Maak nie sin nie.

janee ·

Mev jy het niks om oor skaam tevoel rakende die verkragting nie -jy het NIKS verkeerd gedoen nie -jy was n slagoffer van n verskriklike misdaad. Ek dink jou vermoede dat dit rasgedrewe is is is korrek …verbaas dit ons Nee glad nie..baie sterkte

Mielie ·

Noem die naam van die veligheids maatskappy vir wie die sekurireitswag werk asb

Boer ·

Ja asb gee die naam. Dit is n skande voor die Here om n ou mens so te vernie.
Ek wonder wat gaan die skool daaroor doen?????

Engela de Klerk ·

‘N vriend van my het BAIE geld vir daardie skool geskenk. Hy sal in sy graf draai as hy weet hoe die situasie daar verander het. Hartseer!

Penellope Jones ·

Hoeveel keer op ‘n dag is mens net sprakeloos van skok en ontsteltennis???

Bevrees ·

Dit maak my bang want ons bly ook tans by ‘n Landbou Skool waar dinge ook agter-uit gaan.

Tammy ·

Ja julle moet beslis regstappe neem. Moenie bang wees nie julle het niks om te verloor nie maar kan dalk finansieel voordeel kry.

Annie ·

Ek is so bly dat die goed al op oorsee se nuus is almal kan sien wat in ons land aan gaan ek stuur dit aan

Chris Ws ·

En niemand oorsee lig ‘n vinger om ons witmense te help nie.Almal sit net en kyk.Ek doen my deel al jare om die lot van wit Suid Afrikaners aan die buite wereld oor te dra.Ek praat per radio die eereld oor.Maar dit het NIKS gehelp nie want mense glo net die snert wat hulle in die media lees ,hoor en gewys word.Ons groot probleem is die nuushonde wat selektief rapporteer.

anna ·

Ja hulle werk jul uit daar. Plaas druk op die onderwys departement. Daardie skool gaan agteruit…..

oumie ·

Grote genugtig dagvaar hulle roep afriforum se hulp in ek voel saam jou mevrou verneder en vuil hoe durf die gemors dit doen ek stem dit is ras verwant mag hul dag gou aanbreek en so ook elkeen wat hul verontskuldig en as jul in of buite huis is sorg dat jul n soort wapen het al is dit hekelnaald n kort breipen of n revolver hang leë blikke aan binnekant van deure wat raas as daar gepeuter word en wag hul in

Rita ·

Nee, hulle het mos niks te doen met wit vroue nie…. Hulle staan net agter Zuma. Dit is beslis rasgedrewe. Ek sê ook stuur al hierdie nuus oorsee. Dan kan die buitelanders ooks sien in watter rigting hulle Suid Afrika gedruk het.

Jacques ·

Dit is net vir my erg om die nuus te kyk en te sien hoeveel wit mense help kinders met kospakkies elke dag omdat hulle ouers dit nie kan bekostig nie, dan is ons goed genoeg anders word daar jag op die witmense gemaak . Die tyd het gekom om net te se genoeg is genoeg .

moeder ·

Dit is n siek wereld waarin ons leef. My dogter is net voor haar 21ste verjaardag met n gun teen die kop verkrag, na baie trane en stress is sy vandag n voorbeeld vir ander..God se genade is groot. Ons het die dit oorwin met geregtigheid en vertroue op God, want jou vertroue in die mensdom verloor jy in n oogwink. Wees sterk, bly bid, moet mooit toelaat dat hoekoms en waaroms julvrede steel nie Dis n moeilike pad, bid saam, maar hou altyd jul hand veilig in God sn, want Hy se ek sal jou nooit ooit alleen los nie. Ons bid vir julle…♥♡

bella ·

Die vloeke kom in klompe en nie een een nie. Hulle wil die vrees van satan gebruik om ons v ons werk en huis te verdryf. Vader in die Hemel U is almagtig. Neem U die wraak asb. Wis hulle uit. In Jesus Naam. Amen.

Piet Pille ·

Werner jy is 100% reg, die hand wat voed (by hulle) sal altyd gebyt word. Hoe wreder hoe meer satisfaksie vir die boewe.

Annie ·

Dit is tyd dat ons eise teen die regering in stel ook. Hulle moet tot verantwoording geroep word.

Johan. H. ·

Lees asb, tussen die lyne, Dis hulle MO ,Hulle dink seker binne kort as hulle gevang word, en Juliaas of so iets is aan bewind sal Hulle op Presedensieeiele KWYT GESKELD WORD,en KABINETS POSTE KRY, Want die voorbeeld is daar vir almal om te sien..BEWAPEN JULSELF!!!!!

Ljl ·

Carl dankie vir jou insig en boodskap daar ver.Mag dit goed gaan met jou en die familie,dink aan julle.

Andre ·

Mnr Engelbrecht, is jou ego groter as jou liefde vir jou vrou? Trek uit daar en maak seker dat sy veilig is! Geen bravade is jou vrou se rustigheid, vrede en liefde werd nie. Ek sou die volgende dag al uit gewees het. Hoe ek daarna hiermee af sou reken is ‘n ander stories. Sterkte mev. Ek kan my nie indink wat u moet deurmaak nie. Wat ‘n walglike gedagte.

Boerseun ·

Andre. So, kan hulle by jou kom bly en sal jy vir hom werk gee? Dink bietjie (en lees want hy het dit genoem in berig).

Piet ·

Om nou vir Mr Engelbrecht uit te kryt, is onvanpas en onaanvaarbaar. Miskien wou jy dit anders stel maar toe klink dit uiters swak.

Frik ·

Ons praat en praat maar hoeveel van ons dra finansieel by tot Afriforum of Solidariteit. Op ons eie bereik ons niks anders as praat maar deur die bewegings te ondersteun kan ons n verskil maak en los praatjies van wapen opneem want ons eie wittes sal jou gaan verkla/verraai.

Jane ·

Jy vat die woorde so uit my mond uit. Die burgerregte organisasie Afriforum en Outa en organisasies wat op ‘n beskaafde manier baklei maar ook ordentlike steun (en finansies) het, is al wat ons hier kan help. Maar in die kommentaar is daar nog mense wat deurmekaar is met Solidariteit/Afriforum/AgriSA en VF+, vir liberales is dit almal regse organisasies en politieke partye wat vermy moet word. AL die wittes wat in die tronk sit vir sogenaamde ‘rassisme’ en planne om hulleself op die plase te beskerm is deur ANDER BOERE verraai. Al die videos wat versprei is is deur WITTES versprei, wapens op plase deur WITTES uitgewys, al die mense wat op FB aangekla is is deur WITTES aangekla, never trust somebody else, not even your own!

Help asb ·

Dit bly vir my vreemd, die Zimbabwiers wat die grootste OPSTOKERS in SA is, het hulle eie land verlaat en gevlug daar agv SLEGTE omstandighede nadat Mugabe al die wittes daar weggejaag en hulle plase en besighede afgevat het. Daar is nie meer blankes in Zim om van te praat nie. Nou sou mens dan nou dink dat hulle almal gelukkig is dan nie? Jy het gestem vir ‘n man wat se eerste prioriteit was om WITTES te verjaag en te vermoor, nou het hy dit reggekry, hoekom vlug hulle nou in hulle miljoene oor die GRENS na SA waar daar nog wittes is? Nou help hulle hier om die wittes op plase te vermoor, maar het hierheen gevlug omdat daar nie meer kos en werk in Zim deur wittes aan hulle verskaf kon word nie. VERDUIDELIK asb vir my die logika hieragter.

dolphin ·

dis oorsaak van die apartheid hoekom moet dit altyd respekteer met dit en altyd met daai mense gehelp maar nou om gedraai wil dit seermaak en doodmaak.in sa gaan niks meer nie daar gaan gemors kom in die toekoms maak beter plan met die gehalte moet opstaan iets doen weet dis moeilik.

Theresa ·

Mev Engelbrecht, innige meegevoel met waardeur jy gegaan het – die woorde word opreg bedoel, maar klink leeg in vergelyking met dit wat jy moes deurmaak. Mag ek my opinie lug asb.? Staak summier om hierdie ondankbare skool te bedien (bv. om die koekies te bak). Hul verdien dit glad nie en soms word ‘n goeie daad as swakheid gesien. Ons wil altyd help – moenie meer nie. Jou man lewer sekerlik ”n uitstekende diens en daarom jaloesie, want dis nie in almal se vermoë nie – daarom soveel haat – want baie is bloot jaloers. Ek bid dat jul iewers vanuit Maroela Media lesers ‘n goeie heenkome en werk kan kry. Nutsmanne is oral nodig en kan jy bak om jou geld aan te vul – vir mense wat dit koop sonder nyd en jaloesie.
Mnr Engelbrecht : Alle sterkte. Hoop jy vind baie gou ‘n aanbod om jou dienste te lewer teen ‘n salaris, maar ook met waardering. Die uitvaagsels behoort opgespoor te word met die DNA wat gevind moes word.

Reinette ·

Liewe tannie, ek is sooo jammer dat so iets met jou gebeur het.

SARIE VAN HEERDEN ·

wonder hoeveel aaklige nuusberigte kom daagliks voor in Maroela. Hierdie land gaan eenpad en dis reguit ondertoe sonder dat ons IETS daaraan kan doen.

Yvette ·

Bonita, dankie dat jy vertel wat met jou gebeur het. Dit is noodsaaklik, moe dit nie verwyg nie. Dankbaar dat jy lewe! Ek wil n beroep op jou doen om asb elke koerant en tydskrif (veral Huisgenoot wat deur baie lesers gedek word) te te vertel. ASB Bonita, deur jou ervaring, kan jy n STEM word in hierdie land. Praat. Praat vir elke vrou wat nie kan nie omdat sy dood is. Ons hou jou vas en bid vir jou en jou man! Starkte.

Conrad ·

Julle moet dadelik werk maak om te dagvaar. Sou julle moet trek omdat dit lewesgevaarlik is, kan julle. Bonita en haar man het geweldige skade gelei. Moet dit asb nie net so laat verby gaan nie. Hou julle hond binne om te verhoed dat hy vergiftig word en dra n vuurwapen te alle tyd asook pepper spray. Kontak AgriForum se regspan. Alle sukses en sterkte. Ons bid vir julle.

Prokureur ·

Dis vreeslik.
Mnr Engelbrecht moet ook ‘n eis instel by die CCMA.
Hierdie is ook ‘n poging tot konstruktiewe ontslag (hulle wil mos die opsigter daar weg hê).
Die skoolhoof moet die teendeel bewys as dit nie die geval is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.