Vrou wreed tydens plaasaanval vermoor

Argieffoto

ʼn 70-jarige vrou is Woensdagaand wreed op ʼn plaas in die Tongaat-omgewing in KwaZulu-Natal vermoor.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het op die plaas Spioenkop in die Umhlali-patrolleringsgebied gebeur. Volgens Zwane het die 77-jarige man omstreeks 21:00 by die huis gekom en uit die voertuig geklim om die hek oop te maak.

Drie aanvallers het die man oorval, hom in die huis in gedwing en die deur gesluit. “Hulle het die man se hande en bene vasgebind en hom op die vloer neergegooi,” het Zwane gesê.

Die aanvallers het die egpaar erg aangerand. “Hulle het ook sy vrou se hande agter haar rug vasgebind en haar mond toegebind. Hulle het haar daarna vir dood in die slaapkamer agtergelaat.”

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Recue, het gesê die aanvallers was glo met messe gewapen.

Volgens Zwane het die aanvallers daarna die huis geplunder voordat hulle op die vlug geslaan het. Dit is nog nie duidelik wat alles uit die huis gesteel is nie, maar Herbst sê ʼn haelgeweer is vermoedelik een van die items wat gesteel is.

Omstreeks 05:00 kon die man daarin slaag om regop te kom met sy hande steeds vasgebind en het om hulp geroep. ʼn Nabygeleë werker het hom gehoor en dadelik hulp ontbied. ʼn Oudpolisieman kon die deur oopbreek, die man losmaak en het met hom na ʼn hospitaal gehaas. Die man se vrou was egter reeds dood.

Zwane kon die egpaar in dié stadium slegs as mnr. en mev. Govender identifiseer. Volgens Herbst is Govender glo ʼn suikerrietboer.

Sake van moord en huisroof word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Hanna ·

Nee, nee en n honderd keer NEE! Ons kan nie meer nie. Lindiwe Sisulu, het jy nog meer bewyse nodig??? Cry, my beloved country, cry!

Jean ·

Jis van jul mense in Suid Afrika het ok maar lekker oogklappe aan!!! Of wil dit nie glo nie! Dink jy die geagte lindiwe voel iets vir enige blanke???? Regtig ….ai..

Bewyse ·

Die buiteland moet die grafiese detail sien van wat in SA aangaan. Ons moet die buiteland waarsku dat daar n menseslagting kom teen ons en dat hulle ons help voor dit te laat is.

Johannes ·

En ons stig platforms om steun aan slagoffers te bied? Wat de hel man! Ons moet platforms skep om plaasaanvalle tlTE STOP! BRING TERUG DIE KOMMANDOS!

Meonè ·

Hul sal daardie moordenaars ook nie kry nie want dis mos “Boere” Die boere sorg vir die kos & die huidige regering draai hul koppe weg & maak dit nie prioriteit om landelike gebiede te help beveilig of om die misdadigers aan die pen te laat ry nie..

Anoniem ·

Nog n plaas aanval dit speel op ootlog af regtig ons mense word so uitgemoor en noubid diet nog gewysig vir grondonteiening wat nog

SIES ·

WAAR IS DIE DA ABROAD NOU????? Julle beweer daar is nie ‘n aanslag op WITMENSE SE LEWENS op plase nie tog word daar nou al TWEE MENSE per dag vermoor in 8 aanvalle oor 2 dae???? Julle moet wakkerword of terugkom SA toe dat julle die wreedhede hier kom sien en ervaar … RIV my tannie . so jammer dat die regering in die Grondwet NET hulle eie mense beskerm en NIE diegene wat die land OPGEBOU Het en nou net in vrede wil aftree nie .. SKANDELIK!!

Lizel ·

@noujatoe, sy “ge-tannie” verwys na die tannie in die berig. Lees mooi voor jy n klip in die bos wil gooi.

botterblom ·

“Noujatoe”…. jy baklei oor “sies” die woorde ….RIV my tannie… gebruik… Wat maak dit werklik saak? Mis jy die punt van moord en simpatie deur na onbenullighede te staar… Is jy beter as die moordenaars want jou oë kyk die hartseer en wreedheid mis… Hy toon sy respek, en jy breek dit af… net soos ander groepe als afbreek wat positief en opbouend bedoel was…

Se maar net ·

Dink nie Mnr en Mev Govender is blankes nie. Steeds baie hartseer, Sterkte aan die familie

@ NOUJATOE ·

ou noujatoe .. jy net nou so pas jou naam Kimberley gemaak .. Ek mag tannie sê vir wie ek wil . .. as jy jou empatie en simpatie verloor het . is dit jou saak .. Iemand hoef nie familie van jou te wees om TANNIE te se nie . dit is ‘n mate van eer en respek wat jy aan iemand wat baie ouer as jy is betoon. Maak nie saak watter kleur sy is nie .. Jy is disrespekvol teenoor die dooies!

rollie ·

Hierdie plaaseienaars is Indiers. Die misdadigers is eerstens agter wapens aan en dan geld. Die feit dat blankes by verre die meerderheid van boere in die land uitmaak, maak dit logies dat hulle geteiken sal word want die eienaars het die wapens en die geld. Hierdie aanval is ‘n bewys dat enige eienaar van ‘n plaas (en sy gesin) geteiken sal word, ongeag hul ras of taal.

So jammer ·

EN so begin die minderheidsgroepe een vir een uitgewis word .. die persone uit ander minderheidsgroepe MOENIE dink dit gaan by die wittes bly nie .dit het net by die wittes BEGIN . julle ander MINDERHEDE Moet wakkerskrik . julle is nie deel van die ANC en EFF se plan nie .. RIP tannie. My innige simpatie vir die familie en vriende!

Helena ·

Presies wat ek ook wil weet. Sit lekker oorsee en rek hul monde oor Australiërs wat ons mense wil help. Plaas dat hul iets doen, buiten ‘n pot nonsens kwytraak.

Matt ·

Ja, die boere word uitgemoor en die kos voorsiening lei daaronder. Maar soos ‘n regeringsamptenaar gesê het toe hulle haar vra waar sy dink die groente vandaan gaan kom, het sy ewe ge-antwoord: “We will get it from Fruit & Veg stores”. Arme mens!!!! Wat dink sy waar kry die winkels die groente – wys net hoe slim en ingelig is die klomp.

E ·

Sy is halfpad reg. In die middae so uur voor hul sluit gooi hulle saaitjies in 100L panne. Dit ontkiem oornag en die volgende dag word dit oorgesit in n 2de stel panne met kompos en nat gelei. Na nog 1 dag het hul heerlikke groente en vrugte mix. Hulle bestel die sade by Takelot. Dit word met courrier by hulle afgelewer.

Hester ·

Ons innige simpatie aan die familie lede wat agter gelaat word one ryk uit na die Here hy slaap nie sterkte

Stephen Namibia ·

Afriforum stuur aub hierdie berigte oorsee Dis al wat die Liberale Weste se oe sal oopmaak.!!!!

Marlien ·

Elke dag is daar boere wat dood gemaak word of aangerand word. En wat doen ons regering daaraan net mooi niks.

Andre ·

Mense ons hoor die boere se noodkreet en mense op kleinhoewes,glo my teen einde volgende jaar desember is plaasaanvalle iets van die verlede,daar is nuwe tegnologie wat deur myself ontwikkel is en ge-inkorporeer gaan word wat aanhouding gaan verhoed en die mense wat aanvalle uitvoer fisies ooplaat en op hulle voete laat, ek gaan verdere inligting aan julle bekendstel binnekort. Julle kan die pers binnekort dophou en volle besonderhede van die produk verkry,weet ook dat die produk nie net vir plase bedoel is nie maar ook aan die algemene publiek teen minder as die prys van 3 pakkies sigarette per maand.

Theresa ·

Dankie André. Sal graag wil sien wat jy aan te bied het. Tyd vir 100% paraatheid het reeds ruk terug aangebreek. Mens bly hoop en sal bly vertrou. In tussen gebeur hartverskeurende goed met mense wat net ‘n normale lewe wil lei.

Michael ·

As wat jy se waar is, kan n mens n publieke fonds oor Patreon of deur Afriforum. Dit sal oornag duiesende rande versamel. Ons almal is gatvol vir die vieslike goed wat op plase gebeur.

Stel belang ·

Hallo André. Hoe kan ek in verbinding tree met jou? Ons stel beslis belang in jou produk.

Johann ·

Vraag vir jou is: het jy hierdie berug en jou kommentaar (waarmee ek akkoord gaan) vir haar laat kry?? Anders is dit net woorde in die lug… Dooie woorde… En is ons dan net “keyboard warriors”. Wanneer gaan ons ophou kommentare lewer en begin optree. Terloops ek doen hoor. Jy kan haar kantoor se tel no en epos op haar ministeriële webblad kry. En stuur jou boodskap. As ‘n paar miljoen dit doen gaan dit help. O ja leer Twitter ken en plaas dit op haar profiel… Ek doen dit. Ons moet leer om die platvorms wat beskikbaar is te gebruik.

Ons moet wakker word en optree nie net kekkel nie.

En ja… So jammer ALLE media groepe sal nooit die lesse uit so ‘n aanval geleer ook aan die einde van die berig plaas nie. Dus leer niemand hom om dit te verhoed of om op te tree tydens so ‘n aanval nie.

Seker nie hul werk nie. Grrr

Wonder ·

Ons weet dat die regering, polisie en weermag is mos missing in action. Hulle is te besig om kulkuns toe te pas. Sterkte aan die familie.

leon ·

`n Nabygelee werker het hom hoor om hulp roep, maar eers om en by 05:00.
Kon die nabygelee werker nie hoor toe hulle gil van pyn terwyl hulle aangerand word?.

HPV ·

JC, dit staan ons te doen. Hou op om sagte teikens te wees, bewapen jouself en dra die wapen aan jou. In die geval was die aanvallers met messe bewapen, sou die slagoffers vuurwapens aan hulle gedra het, kon hulle hulself verdedig het of sou niemand hulle aangeval het nie. Die aanvallers het waarskynlik geweet hulle is ongewapen, maw sagte teikens.

Genoeg gehad ·

Sisulu se daar bestaan nie so iets soos plaasmoorde in SA nie. Eks seker siniel want ek lees heeldag van die moorde en gruweldade op blankes.

Oom Kalahari ·

Om ‘n bejaarde vrou en man so wreed aan te rand en wat hulself nie eers kan verdedig nie. Waarom gaan probeer hierdie lafaards in hul totale nie om ‘n polisie stasie, Metro Polisie of Weermag aan te vat nie en kry die kompetisie vir hul adrenalien as om onskuldige weerlose, hardwerkende boere te gaan uitmoor. So jammer dat die oumense dit moes deurmaak en verlies van ‘n Ouma/Moeder/ Vrou en vriendin. Mag die Here met jul en familie wees in hierdie tyd van rou en sterkte.

Harry ·

“Swak leser”, daar staan duidelik geskryf dat hul erg aangerand asook vasgebind was. Daar was nie spesifiek geskryf hoe hulle aangerand en beseer is nie, maar as mens binne ‘n redelike kort tyd na aanranding sterf, dan moes dit nogal wreed gewees het?

Hoop die boer herstel vinning en dat hy mooi jare sal beleef, voordat hy finaal groet.

Hannetjie Harvie ·

Sien, Ds Marius Greef, dis juis oor dinge soos die dat Steve Hofmeyer sy mond oopmaak en vra, waar is geregtigheid, maar nee jy en die ander draadsitters maak liewer vir Steve stil en vee moorde soos die onder die mat in. SKANDELIK

Koos ·

Waar was Steve se stem in die 1990’s? Vreemd dat hy nou teen die einde van ay loopbaan so uitgesproke is…

Elna Kupke ·

Al die boere het honde, dit laat mens wonder waarom al die aanvalle nou so skielik in so ‘n kort tydperk!

Hollywood ·

Hierdie verskriklike moorde en die angs en foltering wat daarmee gepaard gaan, sal Hollywood se gruwelfilms laat lyk soos Rooikappie en Sneeuwitjie.

Vermeendes ·

Ons is bedelaars en soos jy n bedelaar behandel en vir hom se om werk te soek so se ek vir julle, staan op en doen iets aan jou lot, hou vir een maal op om by die buitewereld vir meegevoel en hulp te bedel, hulle sien en hoor hie jou klaaglied nie want dit wat gebeur vandag is wat hulle af vorseer het op die blankes.
Hou op NEE skree en staan op magtig man!

AJ ·

Skep netwerke waar groepe mense saamwerk!

Verdedig jouself, jou familie en jou eiendom!

Daarna beskerm jy die bure. En so aan!

Dis al!

Mario ·

My hart bloei vir die verwoesting en misdaad op my ou land se plase. As dit hier gebeur waar ek nou woon sou dit n internasionale krisis gewees het. Die buiteland sal niks doen om die moorde stop te sit nie. Sal nie wil inmeng in interne sake nie.
Die stryd om dit te stop sal van binne SA moet kom. Jammer vir die slegte nuus maar dit is die waarheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.