Vroue aangerand tydens NW-plaasaanval

boer-windpomp-plaas-reint-dykema-7.jpg

Foto: Reint Dykema

Twee vroue is aangerand nadat nege rowers Maandagaand op ʼn plaas in die Elandskraal-gebied in Mooinooi, Noordwes, toegeslaan het.

Lt.kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee vroue en ʼn 24-jarige man het buite die huis gesit toe hulle glo deur die rowers oorval is. “Die verdagtes het die vroue by die huis in gesleep, hulle aangerand en vasgebind,” het Makau gesê. Sy kon nie onmiddellik die vroue se ouderdomme bevestig nie.

Die verdagtes het twee skootrekenaars, twee selfone, ʼn onbekende bedrag kontant en ander items in die huis bymekaargemaak. Hulle het ook die sleutels van die inwoners se voertuie geëis en met ʼn wit Toyota Hilux-bakkie met die registrasienommer FN72ML GP en ʼn wit Volvo met die registrasienommer B562 AOG op die vlug geslaan.

“Die twee vroue is kort daarna na ʼn hospitaal geneem. Die man was ongedeerd,” het Makau gesê.

Volgens Makau is die twee voertuie nog nie teruggevind nie en niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van huisroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

De Villiers ·

Wanneer gaan ‘n politieke leier nou vir ‘n verandering opstaan en ‘n sterk standpunt inneem dat plaasaanvalle niks anders as rassisme is nie, en nie daarna begin swyg as die opposisie hul teenkanting oor sy standpunt stel nie. Dat plaasaanvalle rassisme is, is die waarheid, en die waarheid moet seëvier. Kom nou leiers, of is ons leierloos?

Gert van Zyl ·

Daar is geen groter rassistiese organisasie as die A.N.C.

Cherokee ·

Wel Gert, daar is wel ‘n rassistiese orginisasie wat eenders is as die ANC en dit is die DA.

A nee a ·

NEGE rowers, julle almal wat se die mense moet paraat wees .hoe staan jy teen NEGE aanvallers hmmmm? Bly niemand is dood nie maar dit is onnodig, en hoekom rand hulle mense aan as hulle net daar was om te steel? Daar is altyd ‘n bymotief waarvoor die regering en polisie hulle blind hou.

Theresa ·

Die tyd is hier vir ‘persoonlike lyfwagte met masjiengewere. 9 staan dan nie ‘n kat se kans nie.

Chris Ws ·

Die dae van buite sit en kuier na sononder in die’ land is lankal verby.Mens wil dit nie glo nie maar dis ‘n feit.Niemand kan dit meer waag nie.Dis moeilikheid soek.Ons sal noodgedwonge moet inpas daarby vir ons eie veiligheid.

Ben Prinsloo ·

Natuurlik is ons nie leierloos nie maar u kan sien wat in die sabc aangaan. Met ons openbare media lyk dit maar amper net so. Ons sal nie van plaasaanvalle hoor nie maar eerder van die Penny Sparrow gevalle. Kortom die media word nie meer deur die witman beheer nie.

PJ ·

Iewers moet n mens hulp vandaan kan kry want ons leiers het ander dinge wat hulle besig hou en dis geld, verder word ons uigemoor en niemand se niks nie, so kan dinge nie meer aangaan nie….

willehond ·

HOEKOM sit hulle buitekant sonder vuurwapens of ander beskerming?? In hierdie land kan jy dit LANKAL nie meer doen nie! Kom mense , word net wakker ASB.!!!

Santie ·

En as jy nie ‘n vuuwapen besit nie? Moet ons nou almal vieruur in ‘n vuurwarm huis gaan sit terwyl dit so heerlik buite is op ‘n somersaand? . Dit is so onregverdig dat ons die mense is wat in tronke moet sit uit vrees vir aanvalle. Waar is die dae waar ons nie eens ons deure snags gesluit het nie, en kinders oral heen kon loop. Daar was vir alle rasse vryheid en veiligheid. Ek tjank sommer!

pieter ·

Al wanneer jy di sogenaamde leiers hoor nie eens sien nie is stem tye , met al di beloftes

Cornelia ·

Nege rowers wat net die twee vrouens aanrand maar die man is ongedeerd.
Hoekom sou hulle hom nou juis nie saam met die twee vrouens die huis ingesleep het nie?
Ek vind dit vreemd.

Lize ·

Dit was my eerste gedagte ook. Hoekom die man ongedeerd laat? Waar was hy terwyl hulle die vroue aangerand en vasgemaak het? Hoekom hom niks doen nie?

Peet J ·

Of jy nou kwik en of jy nou kwak m.a.w. wat jy ookal sê of doen gaan nie die onmens situasie enigsins in die NSA beinvloed nie want die kriminele word nie minder nie.Die enigste tydelike oplossing is om te verhuis na ‘n ander provinsie bv. Noord -Wes kaap omgewing. Die ekonomie in die land is betreurenswaardig en belemmer werkskepping wat ‘n teelaarde vir misdaad is.

wanda ·

Ek bly vrou alleen op n plaas in groot marico. My Moet in die buiteland werk. Ons het als moontlik gedoen vir my veiligheid. Kom sê julle slim mans vir my wat doen jy as jy 9 in jou erf gewaar? Ek skrik my dood. Het kameras reg rondom die huis en een wat my kamerdeur ook wys. Ek het ekstra dik diewering voor my deur en vensters sodat ek nie verras word nie. En my pistool is by my. 2 hondjies wat in die huis slaap. Maar 9….genade tien teen een het hulle nog AK gewere ook. Dankie Here nog niks het gebeur nie.

Chris Ws ·

Wanda ek beskou myself nie as slim maar kan dit se: bel ‘n buurman of ‘n paar buurmanne om te kom help.Jy MOET jul bure se foon nommers he.Dan Indien jy nog nie ‘n marnet radio in die slaapkamer het nie is dit tyd om een te kry.VERTEL in Rustenburg verkoop hulle.Sou jy ‘n noodroep vir hulp op die radio uitstuur hoor baie mense oor ‘n wye gebied jou dadelik en sal jy heel waarskynlik so gouer hulp kry as per foon.Selfoon netwerke is deesdae vrek onbetroubaar – ek weet want ek bly self op ‘n plaas naby Koster.Maar wat ookal,jy moet jouself toegesluit hou ,jou wapen altyd by jou dra en ‘n Interkom met ‘n video kamera by die kombuis en voordeur is ‘n goeie idee en hulle is nie te duur nie.Dan kan jy sien wie klop aan die deur.Kry hulp van buite af as jy iemand het wat buite jou huis beweeg.Moenie wag tot hy begin deure of diefwering afbreek nie.Sterkte!

Cherokee ·

En na alles dit Wanda, ‘n traliedeur in die gang wat na jou slaapkamer lei, met die 2 hondjies aan jou kant van die traliedeur. Maak ‘n gat in jou slaapkamermuur (haal stene uit) net groot genoeg vir die hondjies om te kan uitgaan wanneer nodig. Dan hoef jy nie oop te maak vir hulle.

Nita ·

Hoe verskriklik dat ons in ons O so pragtige land, met sy O so heerlike klimaat, waaragtig nie eers buite mag sit, sonder om tot die tande toe, gewapen te wees nie. Ons sal nou maar vir ons handgranate moet kry en dit tussen sulke bendes rowers ingooi.

Chris Ws ·

Nita,Alle dank vir die situasie waarin ons nou sit gaan aan FW en sy trawante!Dinge kon beslis BAIE anders gewees het.

Huisroof? ·

Saam van huisroof?? Wat van aanranding? Oja, en wat van rassisme??

Namibië ·

Baie snaaks dat die man niks oorgekom het nie. Gewoonlik word ‘n man as die grootste bedreiging gesien en word eerste ge-elimineer.

E.K. (vra net) ·

Chris Ws – ek dog daardie radio sisteem is uitgefaseer? Laat asb weet presies waar mens kan koop of ander info daaroor. Dankie

Chris Ws ·

E.K.(vra net) stuur ‘n sms met jou sel nommer of epos adres na 0646477885 want ek het jou tweekeer geantwoord en albei is geskrap deur MM.Ek het heelwat inligting ivm Marnet radios vir jou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.