Vroue bemagtig met opleiding teen verkragting

Argieffoto

Argieffoto

AfriForum begin met selfverdedigingsopleiding teen verkragting vir vrouens. Die burgerregte-organisasie het aangekondig dat die eerste opleidingsessie Woensdagaand in Vryburg, Noordwes in samewerking met Fortis Pro-Active Defence aangebied sal word. Die opleiding sal aangebied word vir alle vrouens wat betrokke is by AfriForum-takke regoor die land.

“Die opleiding is daar om vrouens te bemagtig,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid gesê. “Ons is moeg om te hoor van wette en bewusmakingsveldtogte deur die regering, maar niks stop die verkragting van vrouens nie. Verkragting is ʼn krisis in Suid-Afrika, en vrouens en kinders word nie doeltreffend deur die staat beskerm nie. Nou tree ons in en gee aan hulle die nodige opleiding,”

Die volgende opleidingsessies sal binne die volgende maand in die Oos- en Wes-Kaap aangebied word.

Sluit aan by jou naaste AfriForum-tak en word deel van die verskil. SMS jou dorp se naam na 31336. 50c/SMS.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.