Vroue bevry ná motor in huis vasploeg

(Foto: Reaction Unit South Africa via Facebook)

Twee vroue moes Dinsdag uit die wrak van ʼn motor bevry word nadat die voertuig in ʼn huis vasgeploeg het in Verulam, noord van Durban in KwaZulu-Natal.

Reaction Unit South Africa sê in ʼn verklaring sy beamptes is omstreeks 12:37 na die toneel in Wickstraat ontbied. Daar het hulle ʼn Mercedes-Benz aangetref wat by ʼn muur teen ʼn huis gelê het met twee vroue binne-in vasgekeer.

“Volgens die bestuurder was sy op pad huis toe, toe sy skielik duiselig en swak gevoel het. In plaas daarvan dat sy by haar oprit ingedraai het, het sy skielik versnel in die rigting van haar huis. Die voertuig het deur ʼn houtversperring geploeg en teen die huis, wat ʼn paar meter laer as die padoppervlak is, vasgejaag,” lui die verklaring.

Volgens Reaction Unit South Africa moes die Ethekwini-brand-en-reddingsdienste lugdruktoerusting gebruik om die passasiersdeur oop te maak en die vroue te bevry. Die 68-jarige bestuurder het kop- en rugbeserings opgedoen, terwyl die passasier nie beseer is nie.

Die bestuurder is deur paramedici na ʼn hospitaal in Umhlanga geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

LandVis ·

Eish – amper ‘n groot tragedie en ek wonder hoe die versekering hierna gaan kyk!

Hanna Hoekom ·

N 16 jarige agter die stuur sonder toestemming is nie n ongeluk nie

Johann van Cullinan ·

Ek het simpatie. Ek is nou 44 jaar oud en so. 2 jaar gelede het ek een Sondagmiddag aan tafel gesit en eet wn skielik het dit gevoel of ek narkose kry. Die uit einde was ñ stent. Ek was gesond en naie aktief. Ñ vernoude aar in die hart was die oorsaak.
Sterkte aan die vroue

SjN ·

Die 68 jarige ruiter kon toe nie die vurige perd hanteer nie.

Ouma Scooter ·

Dit gebeur. Onbeheerde Bloeddruk of diabeet kan moontlik oorsaak wees. Ons het al paar sulke gevalle hier gehad. Of n lamppaal getref of deur n muur of ketting botsing veroorsaak. Gebeur in n split sekonde. Sterkte aan pasiente

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.