Vroue by Zuma-toespraak ‘geplant’

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Die vier vroue wat Saterdagaand ʼn stille protesaksie gehou het tydens pres. Jacob Zuma se toespraak by die bekendmaking van die amptelike resultate van die munisipale verkiesing, was daar “geplant”, het Reggie Nkabinde, die tesourier van die ANC Jeugliga, Maandag gesê.

“Ek is ontsteld oor die optrede van die persoon wat daardie vroue daar geplant het. Die verkragtingsaak teen pres. Zuma is lankal afgehandel. Dit is ʼn hoofstuk wat lank terug al afgesluit is. Waar was hierdie vroue al hierdie jare? Hoekom kom hulle nou eers tydens verkiesing na vore?” het Nkabinde gesê.

Hy het gesê die protesaksie was deel van ʼn “agenda” om die president te ondermyn. “Hulle het al dikwels vantevore probeer om die president te ondermyn, maar tot vandag toe is hy steeds staande. Hulle sal nie suksesvol wees nie. Ons gaan saam met hom 2019 tegemoet.”

Terry Tselane, die adjunk-voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), het Maandag gesê die kommissie het aan Zuma om verskoning gevra oor Saterdag se protesaksie.

Vier vroue wat die EFF se tafel by die OVK se uitslagsentrum beman het, het voor Zuma gaan staan met plakkate wat verwys na Zuma se verkragtingsverhoor in 2006. Die betogers is ná Zuma se toespraak deur lyfwagte uit die uitslagsentrum verwyder. Zuma is in 2006 vrygespreek op ʼn aanklag dat hy ʼn 31-jarige familievriend by sy huis in Johannesburg in 2005 verkrag het.

David Mahlobo, minister van staatsveiligheid, het vroeër gesê hy wil ʼn volledige verslag oor die sogenaamde “sekuriteitskending” by die OVK hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Popeye ·

Jammer Reggie, jou repliek is tipiese kommunistiese kommentaar, julle is vrot van die kop af meneer!

FBrits ·

Die beste kans om die ANC te verslaan is terwyl Zuma president bly.

E ·

Stem saam. As hy bly tot met Nasionaal sal almal teen daai tyd goed dik wees vir hom en die anc sal val. As hy nou uittree trek die mense wat met die munisipale verkiessing uit die anc onttrek het net weer terug, so ja bly maar ou Zuzu, dan suffer ons nog net so 3 jaar en nie verder. Al wat erg bekommer tot dan is die ekonomie. Dit sal maar moet sterk rek en strek tot dan!

Liewe heksie ·

Hou hom daar dan staan die DA groter kans in 2019 hou hom daar net jammer hy het nog soveel tyd om ons taxgeld te steel

Cruz ·

Daar slaan jy die spyker loodreg op die kop FBrits.Ons moet vir Zuma nou rose lê voor in sy pad dat hy die ANC en homself kan sterk in hul kwaad,dan sal die ANC in 2019 verslaan word deur die opposisie.

rudi ·

Dis nogal komies dat die EFF wat die meisies geplant het nou oorweeg om Thswane en Johannesburg saam met die ANC te besteel. Voor die uitslae het Malema gese dat dat geen manier was dat hul saam kan werk en dit is waarom hy die plakaat meisies geplant het. Nou dat sy party die finale se het en nou dat die ANC hom seker “gebribe” het nou is hy ewe skielik baie lief vir hulle.

Rapes ·

Hoekom pla die betoging julle so? Se julle president moet net in die stort klim dan is als opgelos.

Ronnie ·

Reggie, as jou president hom uitgee vir ‘n toffie dan moet hy nie kla as hy gelek word nie!

s ·

Reggie, Zuma se sondes haal hom in … dit vra nie vir tyd of hoeveel jare gelede nie. So gaan jul almal saam met sy sonde bootjies sink teen 2019.

Cathy Kotze ·

Dis nogal interessant dat dit juis die protesaksie van die EFF leier, Julius Malema, was wat die hele verkragtingsaak in ‘n politieke nagmerrie verander het. Destyds het hy en sy ANC Jeugliga makkers gedreig met gewapende verset. Wie van ons het vergeet van hulle oorlogskreet: “We will die for Zuma!”

En nou wil Malema se nuwe volgelinge skielik weer vir Jacob Zuma aankla?

Rupert Ashford ·

Wel Cathy se van hom wat jy wil maar dit lyk of Malema darem ‘n paar goed leer soos hy grootword.

John ·

Rupert, met Mogabe as mentor-afrigter… en pres Zuma as slaansak, wie is die eintlike opponent, wat die uiteindelike prys en wie gaan dit betaal?

Lions ·

Daar het ons dit weer. Hulle gaan weer die derdemag hiervoor blameer. Dit gaan binnekort op die tafel wees as die oorsaak hiervan.
Die derdemag is darem bedrywig deesdae!

Sputnik ·

…..en dan is hy nogal die tesourier! Dìt sê al klaar baie van hul organigram! Maak vir wolf skaapwagter!

Josua Keys ·

Dit sal n goeie ding wees as die EFF nou die ANC gaan ondersteun vir die meerderheid stemme vir JHB en Tswane. Swart en bruin mense van SA is nie meer so ongeletterd soos in die velede nie en begin al hoe meer agter kom dat hul sogenaamde “Comrades” hulle in die steek laat en hulle lieg en bedrieg net vir hul stemme, op die manier sien die EFF en die ANC hul agtersterte in die volgende verkiesing dan slaan ons twee vliee met een klap, hulle kan nie eens in die parlement oor iets saamstem nie hoe nog Tswane en JHB onderhou dit gaan gaos wees en die sirkus word net beter. Go DA, GO VF+ die enigste twee partye wat ‘n verskil in SA kan maak een vir Ekonomies en die ander vir Landbou en al twee saam vir werkskepping, ontwikkeling, buiteland se beleggers en n sterk ekonomie wat werkskepping vir almal sal verseker, trotse polisie, weer en lugmag uitstekende gesondheid sorg en ‘n gedissiplineerde demokrasie wat wereldweid gerespekteer sal word en ons weer ‘n wereld leier in alle aspekte sal maak.

sarie van heerden ·

Ons kan nie met Zuma sit tot in 2019 nie. Hy is ‘n skelm skurk en voordat hy meer vir homself inpalm moet ons hom verwyder vandaar waar hy sy dinge doen.

anna ·

so praat n person wat weet die anc gaan val ons God is groter as jy

Piet ·

Wat is die verskil tussen die DA, die ANC en die EFF se beleid? Sal iemand so gaaf wees om dit kortliks vir my te verduidelik?

Jan maak n plan ·

Ons almal weet die saak is net so onder die mat ingevee. Syt n klompie geld gekry en dan is almal mos weer gelukkig ne. En ek sou enige iemand gewed het dat die ANC en die EFF met gemak in n kwalisie sou gaan. Soos die spreekwoord sê; Money talks and BS walks.

Frans ·

Maklik zumpi sleel van almal DA gaan hom volg en EFF gaan die krumels optel almal net da vir geld en beloftes

Eugene ·

Daar is geen manier dat Malema in koalisie met die ANC sal gaan nie. Hy sal met die DA saam werk in al die Metros. Hy het ten minste Guts en nie n draadsitter nie tenspyte van tekortkominge hier en daar.

Willie E ·

Hy is nog net staande omdsat die ANChom regop hou. As hulle hom los val hy sy gat stukkend…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.