Vroue deur ‘drawwer’ aangeval by Klapperkop

Een van die openinge in die heining.

Een van die openinge in die heining.

Daar was Vrydag nog ʼn aanval by Fort Klapperkop in Pretoria.

Volgens Robrecht Tryhou, ʼn verteenwoordiger van die inwonersvereniging, Vriende van die Groenkloof-natuurreservaat, is twee vroue omstreeks 18:30 Vrydag by uitkykpunt 5 met ʼn mes gedreig en beroof.

“Die verdagte het drafklere aangehad. Hy het ʼn blou hemp, wit pet en ʼn kniestut aan sy regterbeen gehad.” Volgens Tryhou is dit nie tipies hoe die aanvallers in die omgewing lyk nie. “Dit is die agtste aanval by Klapperkop in die afgelope drie weke.”

Die jongste aanval het gevolg nadat lede van die gemeenskap, verteenwoordigers van die Vriende van die Groenkloof-natuurreservaat, die wyk se DA-raadslid en beampte van die Hi-Risk Unit-veiligheidsmaatskappy ʼn “skoonmaakoperasie” in die reservaat gehou het.

Volgens Tryhou is daar twee groot openinge in die heining gevind. “Die gate word op ʼn gereelde grondslag deur misdadigers gemaak om aanvalle in die reservaat en op huise in die omgewing uit te voer asook vir kabeldiefstal.”

Maroela Media het al oor talle gewelddadige aanvalle die afgelope paar maande by Fort Klapperkop berig sowel as in die nabygeleë Groenkloof-natuurreservaat.

Tryhou het gesê die aanvallers is meestal met messe gewapen en beroof slagoffers van hul selfone en beursies.

In Junie verlede jaar is ʼn fietsryer aangeval en beroof. Sy aanvallers het hom met klippe probeer slaan voordat hy daarin kon slaag om weg te kom. In Mei is ʼn vrou wreed deur vier mans aangeval toe sy fietsgery het. Hulle het haar in die bosse ingetrek, herhaaldelik met ʼn klip geslaan en probeer wurg. Die vrou kon daarin slaag om haar valhelm aan te hou en dit het moontlik haar lewe gered.

Mense wat die verdagte gewaar, word versoek om die Hi-Risk Unit-maatskappy (0861 707 777 of SMS/WhatsApp 078 746 7831) in kennis te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Piet ·

Ek stem saam met al die media waarskuwings,die aanvalle gaan draf hulle nog daar.???

Nadine ·

Mense is onkundig en glo my nie almal lees hierdie berigte nie. Hierdie tipe goed kom nie op tv nuus nie.

Kobus 4e ·

jean , Piet en party mense lees dit en bly onkundig :-) . Die rower was n “drawwer,” Die berig se nie die slagoffers was drawwers nie, net dat hulle by ‘n uitkykpunt aangeval was. Ander slagoffers het fiets gery.

Paul ·

Of dalk lees mense dit en besluit om steeds daar te draf want hulle is nie bibberbang en kapituleer vir misdadigers nie?

Lisa ·

Dis so weird!! Is daar nie ander plekke om te gaan draf nie??? Wat soek jy daar as jy weet daar is aanvalle?? En dan het jy ook nie enige vorm van selfverdediging by jou nie??! Word WAKKER!!!

Anoniem ·

Ag nee kyk…mense weet mos nou hul moet wegbly daar. Hoe dom kan mens tog wees. Hulle soek mos nou vir moeilikheid…….

brenda ·

En so word ons ontneem van alles in die land!! mens kan nie eers meer gaan stap in veiligheid nie! Kyk hoe lyk middestad JHB en Hillbrow; tot die stene word verwyder van geboue! anargie en vernielsugtigheid en kriminele orals! wat n gemors.

Jane ·

BLY WEG totdat die “DA” jou kan verseker dat die area veilig is. As dit steeds so gaan na ‘n skoonmaakoperasie is ek bevrees hulle sal beter pogings moet aanwend om mense te beskerm teen aanvallers. Kannie glo die aanvallers is al so SKELM deur drafklere aan te trek om nie aandag te trek nie. Diewe raak net slimmer en diegene wat misdaad moet bekamp dommer.

Christiaan ·

Dit gebeur nie oornag nie. Groenkloof se beveiliging het ‘n goeie 6 maande geneem, maar alles is nou weer reg daar. Dit het die gemors laat oorspoel na Klapperkop, waar hulle ongelukkig die bal laat val het, aangesien die inisiatiewe in die aanloop tot die munisipale verkiesings bespreek was om beveiliging uit te brei na Klapperkop toe.

Esmay ·

Garry ek stem met jou saam. Ek het ook jare terug alleen daar geoefen. Baie goeie roete. Maar vandag moet mens in n groep gaan. Polisie moet elke dag sigbaar wees daar.

Regterbal ·

Ek is teen 18h30 reeds in my huis toegesluit. Hulle draf daardie tyd in die bosse?

Maggies! ·

Dis twak! Hoekom mag hulle nie daar draf nie? As belastingbetalers is dit ons reg! Sit veiligheidskameras op, verskerp sekuriteit! Vat hierdie nonsens vas!Maggies hoekom moet ons al meer en meer ingee/toegee en die kriminele kom weg. Ek stel voor die drawwers kom bymekaar en maak een of ander plan om mekaar te ondersteun – hierdie mense het die REG om die natuur te geniet en vry te kan hardloop. Drawwers, hou asb pepersproei en ander goed byderhand vir noodgevalle. Nee maggies, op strande word emnse aangeval, in die natuur een van die dae moet mens werk toe en terug, werk toe en terug en jouself agter tralies hou res van die tyd!Kom mense die wat aan ander raad kan dink, laat mens hoor!

Maggies! ·

Verbeel ek my of het die owerhede by Tafelberg een of ander tipe alarm wat hul verskaf/uitleen aan stappers wat ‘n baie luide alarm afgee omdat daar ook so baie aanvalle op stappers en klimmers was? Of was dit voorgestel op ‘n stadium? Mense dink daaraan om so-iets te kry en byderhand te hou saam met pepersproei, dra sselfoon om jou nek sodat jou hande vir die twee goed is en laat beursies liewers tuis!

Piet ·

Hulle kan daar draf net wanneer hulle wil maar na al die aanvalle gaan draf met jou haelgeweer of 4 bloeddorstige rottweilers nie jou selfoon en ipid nie

Basson ·

Ag wat ‘Maggies’ – baie dankie maar ons wie hardloop en fietsry steur ons geensins aan sofa kritiseerders nie, wie se BMI bes moontlik ook baie hoog is ook ! :)

Ons leef nie in vrees, en gaan voort om die areas te gebruik anders gaan die kriminele dit regeer en stadig maar seker al hoe meer areas inneem…

Nikolaas ·

Die verpligting om mensself te verdedig rus nie eerstens by die staat nie, maar by die indiwudu.

Ek was ook al n slagoffer by Klapperkop gewees, en sederdien draf ek nie sonder mes of n teleskopiese knuppel nie, en sodra ek my vuurwapen liksens het, sal ek met n pistool gaan draf.

Hoe meer wetsgehoorsame burgers hulself bewapen, hoe minder sal booswigte die risiko neem om self in die moeilikheid te beland.

Christiaan ·

Ek wil nou nie snaaks wees nie, maar daar was van Mei 2016 af nog geen insident in Groenkloof Natuurreservaat nie, nadat die gemeenskap ingegryp het nie.
Hierdie blyk amper net so sensasioneel te wees soos Rekord wat verlede week na aanvalle by Klapperkop verwys het as in Groenkloof!

Karen ·

En as dit so aangaan, gaan ons een van die dae nerens kan loop, stap of draf nie. Wanneer ‘n area gevaarlik raak word ons aangeraai om dit te vermy. Ons verloor, terwyl die misdadigers wen. So word die ‘veilige’ areas net minder en minder. Wanneer almal die onveilige areas vermy, gaan die misdadigers aanbeweeg na ‘n veilige area en dit ook onveilig maak. En ons gaan mekaar net aanraai om daardie area te vermy. Voel of ons in ‘n blik gedruk word. Moet ook nie te veilig voel in die gym of ander plekke waar sport beoefen word nie, enige persoon kan gym of sport klere aantrek en naby jou motor vir jou wag.

Theo ·

Eers het Pangaman (‘n swart polisieman) daar geoppereer in die 60’s voordat hy deur die SAP se A/O Nic Arlow daar dood geskiet is en nou die nuwe aanvalle. Niks verander lyk my ooit nie.

Paul ·

Ja, want tussen die 60s en die 2010s was daar nie die 70s, 80s, 90s en 2000s nie, né?

Gerhard ·

Toe die Panga man daar was,in die jare ‘ 60’s toe was dit al gevaarlik daar,ek sien elke aand 06h30 vroue hardloop langs gevaarlike plekke,sien ook baie vroue met oop motor vensters.Lees mense nie koerante nie,ons woon in nuwe siek SA.Skrik wakker ons moet swem of verdrink,as jy wil verdrink,gaan dan voort.

Koos B ·

Regtig vroue draf om 18H30 op een van die gevaarlikste plekke in die land ? As dit my vrou was en ek het dit toegelaat verdien ek ‘n pak.

Lekker Draf ·

Neewat MM plaas nie my kommentaar as ek sê mense moet na waarskuwings luister nie. So draf maar lekker daar, of gaan ry fiets, doen wat julle lushet om te doen en WYS DIE SKELMS ‘n ding .. dis al kommentaar wat geplaas word. GO FOR IT!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.