Vroue deur ‘polisiemanne’ in Oos-Kaap aangeval

Argieffoto

Twee vroue, onderskeidelik 65 en 67 jaar oud, is Maandagaand in Tsomo in die Oos-Kaap doodgeskiet.

“Twee mans, wat hulself as polisiebeamptes van Pretoria voorgedoen het, het een van die vroue se huis betree en versoek om vergesel te word na die tweede vrou se huis,” het kapt. Namhla Mdleleni, woordvoerder van die polisie, gesê. “By die tweede huis het hulle ʼn vuurwapen te voorskyn gebring en die vroue doodgeskiet. Die verdagtes het kort daarna gevlug.”

Die polisie ondersoek twee sake van moord. Die ondersoek duur voort.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het die moorde veroordeel. “Geen steen sal onaangeraak gelaat word nie om seker te maak die oortreders word aangekeer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

msp ·

Hier word dit weereens bewys. Suid Afrika is n land vol kriminele wat hulle self soos honger hienas gedra. As wetgewing nie spoedig verander word om wetsgehoorsame burgers te beskerm , of dat hulle tenminste hulle self beskerm nie sal die kriminele die land binnekort geheel en al verslind…

msp ·

Wil net by se, my innige simpasie aan al die naasbestaandes en vriende. Ons dink aan julle in die moeilike tyd. Wit, swart, kleurling of indier. Wie dit ookal is, julle is in my gebede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.