Vroue gewaarsku oor nuutste grimering-gier

Argieffoto

Argieffoto

Crayola, die vervaardiger van kinderspeelgoed, het ʼn streng waarskuwing uitgereik in die lig van ʼn nuwe gier wat op sosiale media die ronde doen.

Die nuwe gier behels die gebruik van vetkryte as grimering. Talle gebruikers het video’s op YouTube gelaai waarin daar verduidelik word hoe om die kryte te smelt en as grimering aan te wend.

Crayola het in ʼn verklaring gesê veiligheid is hul topprioriteit aangesien hulle produkte vir kinders vervaardig. “Hoewel ons produkte nie giftig is nie, beveel ons nie aan dat dit gebruik word om oogomlyner, lipstiffie of ander grimering te maak nie, en ons ontmoedig die gebruik daarvan op dié manier.”

Crayola het gesê sy produkte is nie bedoel vir gebruik op ’n persoon se vel of gesig nie. “Grimering word aan spesifieke en streng toetse onderwerp omdat dit bedoel is om op ʼn persoon se vel te gebruik. Aangesien ons inkleurpotlode en vetkryt nie hiervoor bedoel is nie, is dit nie op dieselfde manier getoets nie en moet dit nie as grimering gebruik word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

elmarie swart ·

O aardjie, het ons nou al so arm geword. Wys mens net hoe duur grimering is dat mense nou al alternatiewe begin soek.

Dave ·

Wat van waterverf? Ja…. jy kan selfs tatoërings maak daarmee!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.