Vroue het man glo drie dae lank aangehou, verkrag

Die identikit van die drie vroue soos uitgereik deur die SAPD

Die identikit van die drie vroue soos uitgereik deur die SAPD

Die polisie in die Noord-Kaap het Dinsdag ʼn identikit van drie vroue uitgereik wat na bewering ʼn man bedwelm, ontvoer en herhaaldelik verkrag het.

“Die Kagisho-polisie naby Kimberley doen ʼn beroep op die publiek om hulle te help om die drie vroue te identifiseer,” het lt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die vroue is almal tussen 20 en 30 jaar oud, met ʼn donker gelaat en is tussen 1.6 m en 1.7 m lank.”

Die drie vroue het na bewering op 25 September vanjaar in ʼn silwerkleurige Volkswagen Polo met Limpopo-nommerplate gery toe hulle by ʼn huis in Retswelele in Galeshewe stilgehou het. Hulle het hulself as Barbara, Rolufu en Daphney voorgestel. “Hulle was op soek na aanwysings na Kimberley-middestad,” het Tawana verduidelik. “ʼn 32-jarige man het die aanwysings vir hulle gegee, en hulle het hom versoek om saam met hulle te ry. Hulle het aangebied om vir hom taxigeld te gee om weer terug te keer na sy huis in Retswelele.”

Die vroue het glo in die motor ʼn glas wyn vir die man aangebied, en hy vermoed daar was dalk dwelmmiddels in, want hy het sy bewussyn verloor nadat hy dit gedrink het. “Hy het eers later in ʼn bed in ʼn gastehuis in Lichtenburg, Noordwes, wakker geword,” het Tawana bygevoeg. “Hulle het vir hom pille gegee en herhaaldelik verkrag.”

Die man voer aan die vroue het hom drie dae lank in die gastehuis aangehou.

Enigiemand met inligting oor die vroue word versoek om sers. Daniel Satisfied te skakel by 053 807 6161 of 083 940 0503.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Piet ·

Kan enige leser verduidelik hoe dit werk in die praktyk. Hoe haal die drie vrouens die ‘krag’ uit die man?

Winston ·

Dit is duidelik dat die pille hulle werk gedoen het. Ek wed jou hy lag al die pad na die heerlike ontvoering.

Johann Marx ·

Hierdie is die beste poging om uit ‘n gastehuis rekening te kom wat ek nog ooit gehoor het!

PIXIE ·

Johann ‘n Gastehuis? nee man ‘n sekswerker se huis. Winston dankie vir jou opmerking: hy lag die hele pad na die ontvoering! haha Jy het my dag gemaak.

Yvonne ·

En die ondersoekbeampte se naam is Sers. Daniël Satisfied?

danie ·

As ek na die foto kyk, sal dit seker nie lankvat om die unieke mense op te spoor nie,

Vyf sent ·

So by my kool – aai, ek weet dit is net ‘n identikit, maar my hemel ek dinknie ek het al ooit sulke lelike vroue gesien nie! Geen wonder hulle moet ‘n man bedwelm en vir 3 dae hul fantasieë uitvoer op hom nie – met sulke gesigte kan hulle seker nie ‘n man kry wat uit sy eie by hul wil slaap nie. LUS is darem maar ‘n lelike ding!

Peet Schabort ·

Ek sien meer ‘lis’ as ‘lus’ op die gesigte.

SI ·

Ag nee! Hierdie is seker ‘n grap! Hoe moet enigeen uitgeken word aan só identikit? ?

FC ·

Hierdie storie klink asof dit vroeg in April gepubliseer moes word.

Francie ·

Siek storie! Winston, van wanneer gaan verkragting oor seks? Jy wil daarmee sê dat vroue dit geniet en dankbaar moet wees om verkrag te word? Duidelik het jy nog nooit self met ‘n slagoffer van verkragting gesels nie.

pop ·

Ek kan nie glo dat julle almal dink dis snaaks nie. Verkragting deur vrouens kom baie voor maar mans is te skaam om dit te erken. Nou doen een dit en almal doen presies wat hulle vrees. Siek is al wat ek kan se.

Christo Visagie ·

Wat sê die mense van die gastehuis, hulle sou mos die drie vrouens gesien het,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,hulle sal kan bevestig of die storie waar is of nie,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Susan du Toit ·

Nou ja,1 van die verdagtes “Barbara” bly op Ganspan in die Noord Kaapprovinsie,so 10km van Jan Kempdorp af,sy bly net langs my,die vriendinne is woonagtig in Jan Kempdorp en ek het al verskeie kere al die “motor” wat hulle gebruik het opgemerk langsaan.Na die storie die lug gesien het kom die sogenamde vriende van “Barbara nie meer hier langsaan nie,”Barbara” het al n bordeel huis langsaan aangehou en self polisie bakkies is opgemerk wat oornag bd huis,Sy werk by die plaaslike laerskool op Ganspan waar sy vir minderbehoeftiges kos maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.