Vroue in Garsfontein aangekeer oor vervalste goedere

Foto verskaf deur SAPD Gauteng

Twee vroue is Woensdag in Garsfontein in Pretoria-Oos in hegtenis geneem toe beamptes toegeslaan het op ʼn aanleg waar vervalste goedere vervaardig word.

Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes het aanvanklik op die perseel toegeslaan as ʼn moontlike dwelmlaboratorium, maar het toe op die aanleg afgekom.

“Die twee vroue, van China, is in hegtenis geneem en beamptes het beslag gelê op die vervalste goedere, waaronder voedselprodukte soos bakpoeier, gis, tandepasta en skoenpolitoer. Beamptes het ook beslag gelê op masjinerie wat vermoedelik gebruik is om die vervalste produkte mee te vervaardig. ʼn Onbekende bedrag kontant is ook gekonfiskeer.”

Die vroue sal binnekort in die hof verskyn.

Lt.genl. Elias Mawela, Gautengse polisiekommissaris, het die samewerking tussen die gemeenskap en wetstoepassers geloof.

Foto verskaf deur SAPD Gauteng

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.