Onwettige aborsies: Saak hervat

Argieffoto

Argieffoto

Twee vroue wat daarvan beskuldig word dat hulle 25 onwettige aborsies uitgevoer en van die fetusse in ʼn vrieskas versteek het, sal na verwagting Vrydag in die Port Elizabeth-landdroshof om borgtog aansoek doen.

Lulama Cabela, ʼn geregistreerde verpleegster en Babalwa Cabela, haar ontvangsdame, het Dinsdag in die hof verskyn op 25 aanklagte van die verberging van geboortes. Die vroue is verlede week in hegtenis geneem na ʼn uitgebreide ondersoek oor onwettige aborsies in Nelson Mandelabaai.

Die polisie het tydens ʼn klopjag van die fetusse in ʼn vrieskas gevind waar dit versteek was. Volgens ʼn bron na aan die ondersoek, was baie van die fetusse reeds ten volle ontwikkel.

Die polisie het vroeër gesê die ondersoek het gespruit uit klagtes van ʼn hospitaal wat pasiënte moes behandel nadat hulle komplikasies weens onwettige aborsies ervaar het.

Volgens die klagstaat is Lulama as verpleegster by die plek, wat voor- en na-geboorte behandeling aan ma en kind verskaf, aangestel. Die staat beweer Lulama aborsies op vroue wat reeds meer as 13 weke swanger was, uitgevoer.

Volgens wet mag vroue in die eerste drie maande van swangerskap ʼn aborsie kry sonder om ʼn mediese praktisyn te spreek. Vanaf die 13de week van swangerskap kan ʼn aborsie slegs met die goedkeuring van en deur ʼn mediese praktisyn gedoen word.

Die staat beweer ook die betrokke fasiliteit het nie die nodige goedkeuring gehad om aborsies uit te voer nie. Die saak is tot Vrydag uitgestel en die vroue bly in aanhouding tot dan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Se net... ·

In SA sal hulle oor die vingers getik word. In ander lande in sekere state sal hulle op 25 aanklagtes van moord aangekla word en hoof nuus wees. Die ouers van die kinders moet ook aanspreeklik gehou word. Hulle het geweet hulle mag nie aborteer op wo n laat stadium nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.