Vroue in hof oor vasgebinde kleuter

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Die eienaar en ʼn werknemer van ʼn dagsorgsentrum in Rosettenville, Johannesburg, waar ʼn kleuter in ʼn badkamer vasgebind is, het Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

Die saak is tot 1 Julie uitgestel. Labeeba Truter en Nomthandazo Majeke is vroeër op borgtog van R3 000 elk vrygelaat. Truter en Majeke het nie met mekaar gepraat of oogkontak gemaak in die beskuldigdebank nie.

Die vroue is aangekla van aanranding en kindermishandeling nadat ʼn video van ʼn 21 maande oue kleuter opslae gemaak het op sosiale media. Die kleuter is by die Petite Bumper-dagsorgsentrum in ʼn badkamer vasgebind en haar mond is toegeplak, sodat Truter glo kon televisie kyk. Die Daily Sun het die video op sosiale media beskikbaar gestel. Klik hier om die video te sien.

Majeke het glo die beeldmateriaal verfilm.

Truter het aan die Daily Sun gesê sy is bewus van die voorval, maar het dit nie by die polisie aangemeld nie. Sy voer aan sy is nie verantwoordelik vir die oortreding nie en het nie geweet dit is kindermishandeling nie. -Sapa

Lees ook:
Vroue weer in hof wat kleuter in badkamer vasbind
Borgtog vir vroue wat glo kleuter in badkamer vasbind
Eienaar van dagsorgsentrum amptelik aangekla
Dagsorgsentrum waar kleuter glo mishandel is, is toegemaak
Polisie soek hulp ná video oor kindermishandeling
Video: Baba vasgebind sodat versorger kan TV kyk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elizabeth ·

En hier is ‘n video as bewys van wat gebeur het – mag daar nou nie weer allerhande simpel verskonings wees (soos onvoldoende bewyse en sulke tipe snert) om hierdie vieslike ding te vervolg en goed te straf nie.

Sandra ·

Hoe kan iemand so iets doen … en die dame wat dit verfilm? Hoe kon sy toelaat dat daardie kleine mensie vir ongeveer 3 ure deur dit moes gaan… Dit maak my boos om te dink mense doen die wreedste goed aan die onskuldige klein kindertjies…wat nie iets vir hulle self kan doen in sulke situasies nie… die wiel draai en as jy onder is is dit glad nie lekker nie Labeeda Truter…

Theresa ·

O siestog – Sy het nie geweet dit kindermishandeling nie..?? Wonder wat snuif jy vroumens. Hoop jy word swaar gestraf en jou plek toegemaak en jy kom op ‘n lys sodat jy nooit ooit in jou hele patetiese lewe met kinders werk nie.

Hester ·

Mag jy vrot in die tronk en die een wat die video gemaak het. Die persoon het glad nie gedink om die dogtertjie te bevry nie . Hou ons asb op hoogte van die vordering op die saak .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.