Vroue in hof wat glo bordeel bedryf

Argieffoto

Argieffoto

Twee vroue het Dinsdag in die Kimberley-landdroshof verskyn op aanklag dat hulle ʼn bordeel in dié dorp bedryf het.

Die polisie se georganiseerdemisdaadeenheid, die Valke, het Maandag die luukse bordeel in Kimberley gesluit. Die vermeende eienaar, Nonsukiswa Porcia Dlamini (36) van KwaZulu-Natal en Nontumelelo Precious Sonqishe (32) van die Oos-Kaap, is in hegtenis geneem, het kapt. Philani Nkwalase gesê.

Die perseel is glo by een van die plaaslike eiendomsagentskappe gehuur en dit is nog nie in hierdie stadium bekend of die eienaar geweet het dat die huis in ʼn bordeel omskep is nie.

“Die Valke het beslag gelê op pornografiese DVD’s, kondome en verskeie selfone wat vermoedelik gebruik is om met kliënte kontak te maak,” het Nkwalase bygevoeg.

Die twee vroue het tot dusver nog nie beweer dat hulle ontvoer is nie, en hulle is dus in hegtenis geneem op aanklag dat hulle die bordeel bedryf het.

Die vroue bly in aanhouding. Hulle moet op 28 Desember 2016 weer in die hof verskyn om aansoek te doen om borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

John ·

Ons is nou moeg vir die bordeelstorie so asof dit groot nuus is. Waar op deeske aarde is nie bordele nie. As daar mense die pole gewoon het, was die ongure spul ook daar. Vakansietye is joernaliste lui en bel net die polisie vir nuus en arme ons moet daaronder ly…

CHRISTA ·

Ek dog die ANC regering het prostitusie JARRE GELEDE al gewettig!!

Kobus ·

Jip….die nuusmakers(parlement in reses)span nou uit en maak nuwe planne om ons in 2017 te vermaak….Zuma braai n Ngunivleisie langs sy vuurpoel en tel of al sy enorme klomp kinders almal daar is….teen die tyd dat hy met sy moeilike somme maak besef hy het erns een gemis en die kleinkinders wag vir telling…moet almal weer Feb hok toe….hy veg maar n opdraende stryd vir n ouman met std3…apartheid se skuld dat hy moes landuit om te gaan leer struggle.

Wohn ·

Wow die Valke het kondome gekonfiskeer. Nooit geweet dis onwettig nie

Pete ·

Die opskrif….. Is dit nou die vrou of die hof wat die bordeel bedryf het? Hoe ons iets stel, bepaal die betekenis daarvan. Ons almal weet wat bedoel word, maar die opskrif sê iets anders. Dit klink na ‘n Wilde Weste-hof!

Gert ·

Sjo, the people doth protest too much ne…. julle al gehoor van mense handel? Dis wat by meeste stories soos die betrokke is. Wat my kwaad het, is doen doe polisie niks dan klae julle, doen die polisie iets is die joernalis swak. Word wakker man! Goeie werk polisie. Sluit die boggers toe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.