Vroue in Kaapstad-hof oor mensehandel

Argieffoto

Argieffoto

Twee vroue van China het Donderdag in ʼn hof in Kaapstad verskyn op aanklag van mensehandel vir seksuele doeleindes.

Weens die aard van die saak mag die persone se name nie bekend gemaak word totdat hul hofsaak begin en hulle op die aanklagte gepleit het nie.

Die vroue het in die hof vir seksuele oortredings in Parow voor landdros Elsa van Zyl verskyn. Staatsaanklaer Portia Chauke het aan die hof gesê dit is die vroue se eerste verskyning in die hof. Sy het gesê die saak is na die Wes-Kaapse direktoraat vir openbare vervolging verwys om die pad vorentoe te bepaal.

Chauke het onderneem om regshulpprokureur Vernon Ebersohn van die besonderhede van die saak te voorsien sodra sy die dossier van die DOV terugontvang het.

Dieselfde twee vroue is in Maart 2012 met R2 000 elk beboet of agt maande tronkstraf op aanklag dat hulle ʼn bordeel bedryf het, ʼn inkomste uit prostitusie verdien het en ʼn onderneming sonder ʼn lisensie bedryf het.

In daardie stadium het hulle tereg gestaan op 13 aanklagte, waaronder mensehandel, ontvoering en onwettige indiensneming van ʼn uitlander. Tien van die 13 aanklagte, insluitend die aanklag op mensehandel, is egter later teruggetrek aangesien ʼn Chinese vrou, wat na die land gelok is onder die voorwendsel van ʼn winsgewende pos by ʼn masseersalon, verdwyn het.

Dit sal eers tydens die twee vroue se volgende hofverskyning op 23 Februarie bekend gemaak word of die huidige aanklag van mensehandel ‘n nuwe klag is, of bloot dieselfde klag wat laas teruggetrek is.

ʼn Egpaar van Goodwood in Kaapstad het Woensdag ook hul eerste verskyning in dieselfde hof gemaak op aanklag van mensehandel. Landdros van Zyl het hulle saak uitgestel tot 2 Maart wanneer hul prokureur, Leon van der Merwe, die klagstaat sal ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Hulle hoort nie hier nie… Pos hulle terug China toe!

SNEL ·

Mensehandel; dis n groot probleem in die wêreld en ek dink ons besef nie aldag hoe groot nie. Ek het al gelees dat na aardbewings of vreeslike natuurrampe sak daardie peste op so plek toe, want hulle weet daar is kinders wat ouers verloor het. Vreeslik om te dink mense dink hulle het die reg op iemand anders se vryheid en lewe. Wat gee hulle die reg om jong kinders en jong mense se lewens van hulle te steel. Dis vreeslik, deporteer hierdie skuim terug na hulle land, dat hulle daar nonsies kan aanjaag, ons het genoeg probleme van ons eie. Hoop dat kinders en jong mense uit die kloue van die mense gered is.

Akram ·

Genugtig. Dis tragies. Ek ry die mense jammer. Maar dat die bedryf nou deur buitelanders oorgeneem word is ook verkeerd. Aangesien dit n baie ou “beroep” is, stel ek voor dat die mense geregistreer word en belasting betaal. Dit sal nooit gestop word nie, maar kan dalk in n mate gereguleer word. Ek stem dat die buitelanders terug gestuur word.

Elmarie Pretorius ·

Dit is verregaande dat hul in land gelos word . Hoekom is ons land so SAG op hulle maar gaan jy nou China toe en trap net verkeerd dat sit jy in hul tronke vir maande sonder verhoor en erger tronke as hier. Dan laat dit my wonder hoekom ek sukkel met onvoering sake wat kids land uit is en SA regering gee geen bystand . Depoteer hulle .

Liewe Heksie ·

Zuma hoekom gee jy nou maar nie ons land vir china en kry klaar nie Hul stem verseker ook vir ANC (kan hul hier stem?)

CHRISTA ·

Dis nie genoeg vir die Chinese om handel te dryf met ons renosterhorings nie, nou doen hulle dit selfs met ons mense! Maar dalk val dit in Zuma se planne met ons – dis seker ‘n ander manier om ons minder te maak!!! (Wonder maar net)!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.