Vroue jok glo oor rooftog by Pta-poskantoor

gauteng-rooftogte

Argieffoto.

Drie vroue wat by ʼn poskantoor in Centurion werk, is in hegtenis geneem nadat hulle glo valslik beweer het dat hulle by hul werkplek aangeval en beroof is.

Kapt. Bonginkosi Amos Msimango, polisiewoordvoerder, het gesê die vroue, onderskeidelik 34, 40 en 61 jaar oud, is Dinsdag in hegtenis geneem.

“Die vroue is al drie werksaam by die Laudium-poskantoor. Hulle het Maandag ʼn saak van sakeroof by die polisie aangemeld en beweer hulle is deur twee gewapende verdagtes aangeval en van R7 000 beroof,” het Msimango Woensdag gesê.

Msimango het gesê ʼn intensiewe intelligensiegedrewe-ondersoek deur lede van die Tshwane-trio-taakspan het vasgestel dat die verdagtes na bewering saamgesweer het om ʼn valse rooftog aan te meld. Die drie vroue is in hegtenis geneem op aanklagte van sakeroof en meineed. Hulle moet binnekort in die Atteridgeville-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Spiekeries ·

Slim het sy baas gevang!! Nog onnodige vermorsing van hulpbronne!

Zollie ·

Al daai moeite vir R7,000!!! Hulle hofonkostes gaan nou meer as dit wees.

A ·

Vir R7000-00 rand? Somehow klink “slim” van sy baas nie nie reg nie. Lol

Poppie ·

Klink amper soos die rowers wat ons Poskantoor n paar jaar terug geroof het. Die dorp het net een ingang/uitgang (kusdorpie). Nog voor hul die volgende dorp kon bereik, het die polisie hul van voor ingewag en die sekuriteit hulle van agter gejaag. Motor gehuur om die roof te pleeg en met R1 000 weggekom. Hul onkostes was baie meer as die R1 000 en nou sit hul met hul basse in die tronk.

Lientjie ·

Net so terloops Ladium is nie in Centurion nie. Dit is in Pta Wes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.