Twee vroue is ernstig beseer tydens ʼn gasontploffing in hul mobiele kitskosstalletjie in die suide van Johannesburg.
Volgens Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het paramedici en beamptes van nog ʼn nooddiens omstreeks 09:45 Donderdag op die toneel aangekom in Earpstraat in die nywerheidsgebied Ophirton, suidwes van die middestad.
“Paramedici het die vroue aangetref waar hulle buite die stalletjie gelê het. Na verneem word, het omstanders die twee vroue ná die ontploffing uit die vraghouer gehaal.”
Meiring sê hulle het die beseerdes op die toneel ondersoek en vasgestel dat hulle veelvuldige brandwonde opgedoen het. Albei was in ʼn kritieke toestand.
Die vroue (albei in hul 20’s) het lewensondersteuning ontvang en is toe na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal vir verdere behandeling gebring.
So jammer, en dit gebeur terwyl hulle probeer werk. Sterkte.
Ai tog, hulle probeer ten minste ‘n ietsie self verdien en nou so aaklige ding. Glo jul herstel vinnig ?
Die sake eienaar moet aan n klomp wetlike aspekte voldoen wat n groot finansiele impak het. Dink maar aan lisensies, huur, water en ligte, personeel, veiligheid, wet op beroepsveiligheid, toilet geriewe ens, Wat is die vereistes tov kosstalletjie/vraghouer entrepeneurs? Wil nie eers aan higiene dink nie.
Sterkte vir julle,,,,DIT is hoekom daar standaarde is of altans was,,,, Afrika????