Vroue staan hul man tydens plaasaanvalle

Argieffoto

Argieffoto

Twee vroue van Mpumalanga het vandeesweek in twee afsonderlike plaasaanvalle hulself suksesvol teen hul aanvallers verdedig.

In die jongste voorval is Roxy Muller (58) en haar twee dogters, onderskeidelik 27 en 29 jaar oud, Woensdag in die vroeë oggendure op ʼn perdeplaas naby Chrissiesmeer in Mpumalanga aangeval. Die 29-jarige dogter het ʼn baba wat een en ʼn half maand oud is.

“Een van die dogters het omstreeks 00:30 die perde gaan voer omdat hulle elke ses ure moet eet,” het Henry Geldenhuys, die nasionale voorsitter van die TLU, Woensdag aan Maroela Media gesê. “Terwyl sy by die stalle besig was, het sy gille uit die huis gehoor. Sy het gaan ondersoek instel en op twee gewapende mans afgekom wat haar ma en suster aanhou. Hulle het haar ook oorrompel en vasgebind.”

Geldenhuys sê een van die dogters kon daarin slaag om los te kom en weg te hardloop. “Die aanvallers het paniekerig geraak en in daardie stadium kon die ma haarself ook loswikkel en ʼn struweling het gevolg. Sy het een van die aanvallers van sy kapmes ontwapen en hom daarmee aangeval.”

Die verdagte is glo op die arm getref en hy het erg begin bloei. Die mans het met twee selfone en R700 kontant in die vrou se bakkie gevlug. Die ma en haar dogters het intussen hulp ontbied en die gemeenskap het later die bebloede bakkie verlate in die dorp opgespoor. Die slagoffers is rof behandel, maar het nie hospitaalbehandeling nodig gehad nie. Die verdagtes is nog steeds soek.

In ʼn tweede geval het ʼn bejaarde vrou twee gewapende mans in die Platrand-omgewing, tussen Standerton en Volksrust in Mpumalanga, gefnuik.

“Twee mans het Rina Hartung (68) Maandagmiddag in haar plaashuis aangeval terwyl haar man by die dokter was. Sy het hulle in ʼn kamer in gelei en die deur gesluit,” het Geldenhuys gesê. Hartung het haar man se vuurwapen gaan haal en die mans ingewag nadat hulle die kamerdeur afgeskop het. “Sy het een van die aanvallers in die arm geskiet. Die twee het gevlug en die vrou het hulp oor die gemeenskapsradio ontbied. Boere van die omgewing is gemobiliseer en die twee verdagtes is met behulp van radioverbinding aangekeer.”

Volgens Geldenhuys is Hartung deur die voorval getraumatiseer, maar ongedeerd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Trippie ·

WONDERLIK – trots op al die dames !
Dankbaar, baie dankbaar julle het oorleef.

Mensig, my hart swel van trots op julle.

Grassie ·

Hierdie is die beste nuus wat ons in ‘n lang tyd oor plaasaanvalle gehad het. Ek glo julle dames is seker erg geskok en getraumatiseerd weens die aanval, maar magtig, ek is trots op julle! Julle voorsate was seker van die dames wat bereid was om kaalvoet oor die Drakensberg te trek. Jul stel ‘n voorbeeld vir ons manne. Ek glo ons Skepper sal rustigheid in jul gemoedere gee en julle vorentoe met Sy sterk hande beskerm.

Annamarie ·

FANTASTIESE NUUS OM TE LEES !! Is bly die dames hou kop en dis soos die spreekwoord sê…’n boer maak ‘n plan maar ‘n boervrou het ‘n plan !!!

Tjaart snyman ·

Baie mooi baie mooi…bly jul is nog lewend maar dit maak my ook kwaad dat mense so gerus is in di volksmoord tyd…want hoe het moordenaars binne huis gekom juis net toe sy uit is perde toe…syt klaarblyklik huis oopgelos?????? En hoekom het hul haar ook kon vasbindbtoe sy huis binnegan…???? Uuuu…sy was sonner haar wapen!! Enhoekom voer sy perde indi nag?? Verdomp! Ja maar ja maar…dis seker n duur resies perd…en ja maar amper is 3 vroumense dood gemartel….

Johann ·

Kyk, as ons Boerevroue kans gesien het om kaalvoet oor die Drakensberge te trek, as om onder die Engelse te staan, is hierdie vir ons hedendaagse Boerevroue ‘n vulletjie.

Ek is so trots op ons Boerevrouens!

Elkeen is van edelmetaal gelouter en gemaak.

Dries van Tonder ·

Ek vertrou werklik die aanvallers wat in die tweede geval aangekeer is, is ook erg “getraumatiseer” in die proses.

SNEL ·

Ek dink dis baie goed van hulle, as ek skrik is ek lam, kan nie n vinger verroer nie. Dis goed dat hul kop gehou het, maar ek dink dit kon net sowel anders uitgedraai het as die aanvallers gewere gehad het. Hoeveel groot dapper mans is nie al vermoor nie. Hierdie vrouens kan dankbaar wees dinge het so uitgedraai, dit kon heel anders gewees het.

Deirdre ·

Ek is so trots op die dames! Ons moet opstaan en terug veg, dis die enigste manier om hierdie idiote in hulle eie ‘game’ te beat! Ek doen Krav Maga(Israelise Militere selfverdediging) en glo my, ek dink dis n MOET vir enige vrou, man en kind om hulself te verdedig! VEG TERUG en moenie dat hulle weg kom met hulle slegte gedrag nie!!!

Louise ·

Dis baie goed om te hoor. Hoe meer ons terug baklei hoe meer sal die vuilgoed twee keer dink voor hulle net inkom. Mike volgende keer vir die kop en nie die arm nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.