Vroue sterf toe vragmotor huis binnebars

Twee vroue is dood toe die vragmotor hul huis binnegebars het. Foto: Verskaf

Twee vroue van KwaZulu-Natal is dood nadat ʼn bestuurder beheer oor ʼn swaarvragmotor verloor en die voertuig in hul huis tot stilstand gekom het.

Shawn Herbst, Netcare 911-woordvoerder, sê die voorval het ná 09:00 Vrydag in die Phayipini-gebied van Pietermaritzburg gebeur.

“Ongelukkig het twee vroue in die huis noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar,” sê Herbst. “Twee mansinsittendes van die vragmotor het geringe beserings opgedoen en is hospitaal toe gebring vir behandeling.”

Herbst sê die polisie ondersoek nog die omstandighede wat tot die ongeluk aanleiding gegee het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.