Vroue terug in hof oor fetusse in vrieskas

Die landdroshof in Port Elizabeth. Foto: Raahil Sain / ANA

Die twee vroue wat daarvan beskuldig word dat hulle talle onwettige aborsies uitgevoer en van 25 fetusse ontslae geraak het, sal na verwagting Dinsdag weer in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.

Lulama Cabela, ʼn geregistreerde verpleegster, en haar beweerde ontvangsdame, Babalwa Cabela, is in Februarie 2016 in hegtenis geneem en staan tereg op 25 aanklagte van verberging van geboorte. Die vroue is ná hul inhegtenisneming op borgtog van R5 000 elk vrygelaat.

Hul inhegtenisneming het gevolg op ʼn polisie-ondersoek na onwettige aborsies in die Nelson Mandelabaai-gebied. Die staat het nie by ʼn vroeëre hofverskyning die vroue se aansoek om borgtog teengestaan nie en het gesê die aanklagte teen hulle is ʼn skedule 1-oortreding.

ʼn Verklaring van die ondersoekbeampte in die saak het vroeër onthul hoe hy ʼn kliniek in Port Elizabeth se sakesentrum deursoek het en in ʼn vrieskas op rooi sakke met gevriesde fetusse afgekom het. Hy het ook op medisyne, toerusting en dokumentasie wat met aborsies verband hou, beslag gelê.

Die polisie het talle fetusse in die kisvrieskas ontdek, waarvan 25 ten volle ontwikkel was. Die polisie het gesê hulle het ondersoek ingestel nadat hulle klagtes van ʼn hospitaal ontvang het oor pasiënte wat komplikasies ervaar het weens onwettige aborsies.

Volgens die klagstaat het Cabela as ʼn geregistreerde verpleegster gewerk by ʼn sentrum waar voor- en nageboortesorg aan ma’s en kinders verskaf is.

Die staat beweer Cabela het die sentrum en haar huis gebruik om aborsies op vroue uit te voer.

Die saak is vroeër vanjaar uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Al ·

Stem saam – met moord moet geen borgtog toegestaan word nie!!

Maria ·

My hartbreek …en stukkend….hongebore babas nie gevra om te gebore te word nie hulle word vervolg. Mammas ook skuldig aan moord. Vergewe ons Here…..wees ons genade… dit ons sonde deur wreedheid, boosheid, dwaarsheid,selfsugtig en ontantwoordlikheid

kas ·

Was die fetusse lewensvatbaar.Indien wel dan is dit moord anders is dit nie moord nie.Ja ek voel die ma’s moet ook vervolg word maar onthou aborsie is deesdae wettig tot op ‘n sekere ouderdom of as die slagoffer verkrag is en dan swanger raak.Regsgeleerdes kan meer lig op die onderwerp werp.

Hendrik UAE ·

Waar en hoe sou hierdie kinders op geeindig het in hierdie oorbevolkte wereld?Ek praat nie die dade goed nie maar ons leef klaar in n welsynstaat en hierdie is aan die ander kant van die muntstuk dalk n bedekte seen?Minder honger verwaarloosdes op straat?

Karel ·

Hendrik, as jy so redeneer is moord en selfmoord ook oraait, want die wereld is oorbevolk? Klink my baie soos die final solution van ww2.

Danie ·

Fetus beteken letterlik kleintjie van grootte (soogdier). Dus klein voorbeeld van die groter soogdiere met herkenbare kenmerke van die grootte.

Wanneer jy na ‘n fetus kyk lyk dit net soos ‘n baie klein baba. ‘n Fetus pas meestal in jou hand enlyk soos ‘n klein dwergie.

Dit is daarom dat ek sukkel of te verstaan dit dit nie moord is nie.

Hendrik UAE ·

Karel,moord is nie oraait nie en selfmoord is ‘n keuse.Ek se die wereld is oorbevolk en het nie nog kinders nodig wat van die begin af mishandel, ondervoed en afhanklik van welsyn is nie,so die aborsies is DALK n bedekte seen.

Karen ·

Almal so slim oor andere se probleme en omstandighede. Daar is geen manier wat verkragtingslagoffer of straatkind verdink kan word van moord indien so besluit geneem word nie…..die reels geld vir almal. Die dronk student wat ongewenste baba wegtoor of die roekelose individue wat seksueel aktief sonder beskerming tekere gaan. ABORSIE is ABORSIE.

Nika ·

Ek stem saam met Hendrik, maar as jy gaan kyk na die statistiek van hoeveel vrouens verkrag word in ons land, hoekom wil jy dan so kind groot maak? Dis tog net n fetus, dit het nog nie n persoonlikheid nie, mense sit honde uit elke liewe dag en dit word nie as moord verklaar nie? wat maak dit nou einlik so anders? jou morele waardes?

Whoa! ·

Nika – Ek hoop nie jy stel mense en honde gelyk aan mekaar nie? Met die redenasie wat ek lees gaan jy dus die moord van enige verswakte oumens of ouer Boer of selfs net afgetredenes goedpraat? “mense sit mos honde elke dag uit” Hoekom word hulle uitgesit? Siek, te duur om te onderhou, oud, verswak of in die pad. Jy beweeg op gevaarlike gebied met jou stelling. Onthou jy gaan ook eendag oud word of jy kan ook sieklik raak. Wat dan?

Ina ·

Net so terloops, dit was al baie lank wettig in ons land om ‘n aborsie te kry as die swangerskap ontstaan het agv verkragtig of bloedskande, dit is nie iets wat uitgedink is deur die nuwe regering of onlangs deur “menseregte” aktiviste nie. ‘n Ander punt, of mens saamstem daarmee of nie, ek en jy verstaan nie daardie persoon se omstandighede nie so ek dink nie dit is vir ons om te oordeel as iemand besluit om ‘n wettige aborsie te kry nie, veral as die swangerskap agv verkragting gebeur het nie. Maar ek wil myself by die wet skaar en stem beslis nie saam met “late term termination” nie, dit is verby wreed.

marous ·

Moord wat geregverdig word deur perverse opvattings van die samelewing .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.