Vroue terug in hof oor ‘onwettige aborsies’

hof-hamer

Argieffoto

Die twee vroue wat daarvan beskuldig word dat hulle talle onwettige aborsies uitgevoer en van die fetusse ontslae geraak het, sal Donderdag weer in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.

Lulama Cabela, ʼn geregistreerde verpleegster en haar beweerde ontvangsdame, Babalwa Cabela, is in Februarie in hegtenis geneem en staan tereg op 25 aanklagte van verberging van geboorte. Die vroue is tans op borgtog van R5 000 elk vrygelaat.

Hul inhegtenisneming het gekom ná ʼn polisieondersoek na onwettige aborsies in die Nelson Mandelabaai-gebied. Die staat het nie by ʼn vroeëre hofverskyning die vroue se aansoek om borgtog teengestaan nie en het gesê die aanklagte teen hulle is ʼn skedule 1-oortreding.

ʼn Verklaring van die ondersoekbeampte in die saak het vroeër onthul hoe hy ʼn kliniek in Port Elizabeth se sakesentrum deursoek het en in ʼn vrieskas op rooi sakke met gevriesde fetusse afgekom het. Hy het ook op medisyne, toerusting en dokumentasie wat met aborsies verband hou, beslag gelê.

Die polisie het talle fetusse in die kisvrieskas ontdek waarvan 25 ten volle ontwikkel was. Die polisie het gesê hul ondersoek het gevolg nadat hulle klagtes van ʼn hospitaal ontvang het wat pasiënte behandel het nadat hulle komplikasies ervaar het weens onwettige aborsies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.