Vroue uit mensehandel-nagmerrie gered

Argieffoto

Die Johannesburgse Metropolisie (JMPD) het vier mensehandelslagoffers uit ʼn huis in Randburg gered en twee verdagtes in hegtenis geneem.

Michael Sun, burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid, het Saterdag gesê die vroue, tussen 20 en 30 jaar oud, is tydens ʼn gesamentlike operasie uit ʼn huis in Riderstraat gered. “Nadat die JMPD inligting ontvang het, het die honde-eenheid op die huis toegeslaan waar twee Nigeriese burgers en die vier vroue aangetref is. Een van die vroue is van Riverlea en die ander drie kom van die Noord-Kaap af,” het Sun gesê.

Volgens Sun het die vroue aan die polisie bevestig dat hulle verkrag is en gesê hulle is gedwing om foto’s van hulle in onderklere te laat neem. Hierdie halfnaakfoto’s is daarna op ʼn webwerf geplaas om prostitusiebesigheid te werf. Die vroue het gesê hulle is teen hul wil by die huis aangehou.

Sun het sy skok uitgespreek oor wat die vroue moes deurgaan. “Ons sal nie toelaat dat sulke gruwelike misdade teen vroue gepleeg word nie. Ons sal voortgaan om op hierdie misdaadsindikate toe te slaan en seker maak dat die skuldiges die swaarste vonnis moontlik kry.”

Hy het gesê die vroue is intussen na ʼn plek van veiligheid geneem en een van hulle is reeds met haar ouers herenig. Die twee verdagtes word intussen by die Randburg-polisiestasie aangehou totdat hulle in die hof sal verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

zoom zoom ·

SA moet ontslae raak van die nigeriers. Hulle het meer se in ons land as die gewone butger op die straat.

MissDemeanor ·

Ja maar wie is die kliente? Dis dalk Nierians wat dwelms verkoop en meisies ontvoer en laat misbruik. Maar hul kliente is waarskynlik van Suid Afrika.

Michael ·

Die nigeriers nie almal maar die meeste is net hier om droog te maak omrede hulle land uitmekaarval deporteer die wat nie geldige werke het nie terug van waar hulle vandaan kom.

Theresa ·

Bly die vrouens is gered uit die nagmerrie greep van die misbruikers. Sal goed wees om gesigte van die handelaars op voorblaaie en in sentrums te sien. met die nodige opskrifte om mense teen hul te waarsku.

Amelia ·

Ouers is outyds en preek verniet vir hul dogters. Dogters luister nie. Wat kan jy dan doen?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.