Vroue ure lank tydens KZN-plaasaanval aangehou

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Vyf gewapende mans het Dinsdag helder oordag op ʼn plaas buite Shakaskraal in KwaZulu-Natal toegeslaan en drie vroue drie uur lank aangehou en hardhandig behandel.

Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig die voorval het omstreeks 08:00 plaasgevind.

Die plaaseienaar het ʼn werkswinkel op dieselfde perseel vanwaar hy sy eie bootonderneming bedryf. Die eienaar en sy middeljarige susterskind was in die werkswinkel toe die verdagtes toegeslaan en die vrou en twee huiswerkers in die huis oorweldig het.

“Die verdagtes het die slagoffers met vuurwapens aangehou en aangedring op die kluis se sleutels,” het Zwane gesê.

Die huiseienaar en sy susterskind het omstreeks 10:00 na die huis teruggekeer waarna hulle ook oorval en aangehou is.

Die aanvallers het omstreeks 11:00 in die huiseienaar se voertuig met kontant, juweliersware, vuurwapens en selfone gevlug.

“Geen skote is tydens die voorval afgevuur nie en geen ernstige beserings is aangemeld nie,” het Zwane gesê.

Rex Hunt, streeksbestuurder van Alpha Security Patrols vir die Umhlali-streek, het aan Maroela Media gesê die plaaseienaar se voertuig is Dinsdagaand verlate in Groutville opgespoor.

Die Umhlali-polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

humor ·

Met vuurwapens in jou kluis is jy jou mede volksgenoot se vyand en heel moontlik inditrek medepligtig aan moord. Wanneer gaan die mense dan leer.

Jef ·

Mense sal ook nooit leer nie , hoeveel keer word daar gese dra jou vuurwapen by jou tenminste as jy een het maar ek dink dat mense met die gedagte loop , met my sal dit nie gebeur nie en dan skielik het hulle n konfrontasie met die gespuis en dan is dit te laat.

Nita ·

Jy mag nie jou BMW ry nie.Jy mag nie jou wapens in n kluis he nie. Jy mag nie in jou gegrendelde huis wees nie. Wat staan ons te doene in hierdie geweldadige land. Van ons word verwag om net te dankbaar te wees as ons n rooftog of skaking oorleef.

Lance ·

Die tiepe ding gebeur so gereeld orals dat jy nie kan glo dat daar so baie van die diewe moordenaars en verkragters vrylik rondloop nie …die slagting van 50 moorde n dag maak SA een van die gevaarlikste plekke ….as daar weer n Isis ding op tv is en 10 mense is dood is dit wereld nuus …maar in SA haal dit nie eers die nuus op tv nie ….back to basics se die polisie hehe ja sure dit werk niks nie !

Sam ·

…. En nou moet almal vreeslik opgewonde voel omdat niemand seergekry het nie en geen skote afgevuur is nie. WERKLIK?????? Genugtig, duis ABNORMAAL om so aangeval te word. Net in RSA is dit blykbaar ok, want niemand is beseer nie. DA, kom maak die storie reg, of julle gaan een HENGSE voedsel tekort hê sonder die boere en SONDER bote om op die see te kan visvang.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.