Vroue vas; onwettige sjebeens gesluit

Argieffoto

Argieffoto

Drie onwettige sjebeens is in Keibrug in die Oos-Kaap gesluit en hul onderskeie vroulike eienaars is in hegtenis geneem.

“Die verdagtes is Donderdag in hegtenis geneem en word daarvan beskuldig dat hulle handel gedryf het met alkohol sonder dat hulle lisensies daarvoor het,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die Keibrug-polisie het die sjebeens gesluit.”

Die drie vroue, onderskeidelik 25, 45 en 46 jaar oud, is op ʼn waarskuwing vrygelaat en moet weer op 7 Januarie in die Butterworth-landdroshof verskyn.

“Die alkohol wat gekonfiskeer is, ter waarde van ongeveer R12 000, sal vernietig word,” het Manatha bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Drieks ·

Onwettig ja. Maar hul kon kos op die tafel sit. Daar is nie werk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.