Vroue vas oor dwelms by Kaapse lughawe

boeie 5Twee vroue, onderskeidelik 21 en 51 jaar oud, is by Kaapstadse Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat daar dwelms in hul besit gevind is.

Die 21-jarige vrou is Sondag in hegtenis geneem nadat sy van Johannesburg na Kaapstad gevlieg het. Kapt. FC van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, sê kokaïen met ʼn geskatte straatwaarde van R300 000 is in haar besit gevind.

Die 51-jarige vrou is in die lughawe se vertreksaal in hegtenis geneem. Sy het glo nagenoeg R605 000 se heroïen in haar besit gehad.

Albei vroue sal binnekort in die Bellville-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hannelie ·

Hulle kan hulle sterre dank dat hulle in SA gearresteer is en nie in een van die lande waarheen dwelms dikwels gesmokkel word nie!

Pooh ·

Mense wil maar net nie luister nie. Daar is soveel voorbeelde. Ai tog. Opgeskorte vonnisie en daar gaan hulle weer.

ESTELLE ·

Maroela hoekom maak julle nie een van julle verbruikersvoorwaardes “sugarcoat asb kommentaar, anders verwyder ons dit”, dan weet almal waar hulle staan asb! Dwelm smokkel en gebruik is ongelukkig nie iets wat “gesugarcoat” kan word nie! My hel man dit veroorsaak “destruction” en DOOD

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.