Vroue vas oor olifanttande

Argieffoto (Foto: designerpoint, Pixabay)

Twee vroue, onderskeidelik 28 en 35 jaar oud, is Vrydag in Limpopo in hegtenis geneem in verband met die besit van twee olifanttande.

Die inhegtenisnemings volg ná ʼn wenk deur lede van die gemeenskap oor die verdagtes wat na bewering olifanttande in ʼn gebied buite Louis Trichardt verkoop, het kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê.

“ʼn Spesiale taakspan is geaktiveer en ʼn ondersoek het gelei tot die inhegtenisneming van die twee vroue. Die olifanttande is in ʼn swart sportsak versteek.”

Hulle sal binnekort in die landdroshof in Louis Trichardt verskyn.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ellisras ·

Ek het olifant tande wat ek wettig wil verkoop. Dit het geen, niks waarde nie. Solank as wat ‘n eienaar geen inkomste uit ‘n dier kan kry nie is sy voortbestaan in gevaar. Skape sal nooit uit sterf nie. Want skape het ‘n Rand waarde.

Andreas ·

Ek is bly niemand stel in jou olifant se tande belang nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.