Vroue vas oor ongeslypte diamante

Ongeslypte diamante (argieffoto) Foto: SAPD

Twee vroue, onderskeidelik 56 en 60 jaar oud, is in die Noord-Kaap in hegtenis geneem in verband met die handeldryf met ongeslypte diamante.

Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê die twee vroue is Woensdag tydens ʼn klandestiene operasie aangekeer waar ʼn reëling gemaak is om diamante te koop. “Die verdagtes het ʼn bedrag van R8 000 as deposito betaal en later die res van die bedrag. Ná die transaksies afgehandel is, het die span dadelik die verdagtes in hegtenis geneem,” het Mnisi verduidelik.

Die beamptes het ook beslag gelê op ʼn onbekende bedrag geld.

Die twee vroue sal na verwagting op 26 Maart 2020 in die Kimberley-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Michael 1 ·

Ek het nog nooit n probleem gehad met mense wat met diamante smokkel nie ,die wat dwelms verkoop moet uitgeroei word maar diamante behoort nie net aan die oppenheimers en Ruperts nie.

Scalla ·

Dit was beslis nie die eerste keer wat hul dit doen nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.